Organisasies span kragte saam vir alternatiewe elektrisiteitverskaffing

Die amptelike bekendstelling van Son Suid-Afrika by Sakeliga se KragDag in Pretoria (12 Augustus 2022) (Foto: Agri X/Facebook)

ʼn Groep organisasies in die landbou-, werkgewers-, kleinsake- en burgerlike spasies, het saamgespan om die spesiale ruimte wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het om alternatiewe elektrisiteitverskaffing te stimuleer en die belastingintensiewe wat vir die doel geskep is, gekoördineerd te benut.

TLU SA, SAAI, Neasa en Agri X gaan die massa-projek fasiliteer. “Dit bevorder nie ’n spesifieke diens, finansiering of hardeware verskaffer nie, maar stel ’n spyskaart van opsies voor wat elk sy unieke geleentheid bied,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai en Koos Nel, uitvoerende hoof van Agri X, in ʼn gesamentlike verklaring. “Die opsies is aanlyn beskikbaar en word verbreed namate meer geakkrediteerde leweransies beskikbaar word.”

Die organisasies sê onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening van Eskom is een van die grootste struikelblokke in die mededingendheid, volhoubaarheid en winsgewendheid van boere, ondernemings en bedrywe in Suid-Afrika. Suid-Afrika se ekonomie kreun onder die ondoeltreffendheid van Eskom.

“Dit is egter moontlik om teen minimum, of selfs geen eie kapitaal nie, binne die raamwerk van die staat se intensiewe sonkrag op groot skaal uit te rol en aan huishoudings, besighede, nywerhede en plase te verskaf.”

Meer inligting is hier beskikbaar: www.sonsa.co.za/tuisblad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.