Organiseerder vas ná ‘aanranding’ by strandbetoging

Een van die organiseerders is oënskynlik in hegtenis geneem. (Skermgreep/Twitter)

ʼn Betoging op ʼn strand by Vishoek in die Wes-Kaap het tot die inhegtenisneming van een van die organiseerders gelei nadat hy glo ʼn gesigmasker van ʼn verslaggewer probeer afruk het.

Craig Peiser, leier van WAM, oftewel We Are More, het glo Monique Mortlock, ʼn verslaggewer van eNCA, se masker probeer afpluk.

Mortlock het in ʼn onderhoud op die nuuskanaal gesê sy het Peiser genader met ʼn versoek om ʼn onderhoud met hom te doen. Volgens haar het hy gesê dat hy haar nie kan hoor nie omdat sy ʼn masker dra. Sy wou egter nie die masker verwyder nie en het gesê dit is nie nodig dat hulle die onderhoud doen nie.

“Hy het my masker van my gesig afgetrek en dit laat terugruk sodat dit my weer in die gesig getref het. Ek het vir hom gesê dit is aanranding. Hy het my daarna gevloek en dit het in ʼn bietjie van ʼn skreeuery ontaard,” het sy gesê.

Volgens Mortlock is sy fisiek ongedeerd. Sy het wel ʼn saak teen Peiser aanhangig gemaak.

Mortlock verduidelik hoe die masker van haar gesig afgepluk is. (Skermgreep: eNCA)

Mortlock het ook gesê talle betogers het aanvanklik maskers gedra, maar al hoe meer mense het dit verwyder namate die verrigtinge gevorder het.

Die organisasie Woke Nation en sy geaffilieerde organisasies het Peiser se gedrag veroordeel en dit benadruk dat sy optrede indruis teen die beginsel wat hulle voorstaan en ʼn stok in die wiel steek van dit wat hulle met die betogings wil bereik.

“Ons was nie bewus van die voorval nie omdat ons net daar was om raad te gee en Craig en die WAM-lede te ondersteun. Hoewel ons sy optrede veroordeel, steun ons sy stryd en dié van die talle goeie mense by WAM – en ons sal voortgaan om dit te doen.”

Die organisasie sê hy wag nog vir duidelikheid oor wat tot die voorval aanleiding gegee het.

“Tot dan wil ons gesamentlik vir Monique van eNCA opreg verskoning vra. Sy was professioneel en vriendelik.”

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn man vanoggend omstreeks 09:45 op aanklagte van aanranding en crimen injuria op die strand by Vishoek in hegtenis geneem is na ʼn voorval tussen hom en ʼn 29-jarige verslaggewer.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.”

Die man sal na verwagting later in die Simonstad-landdroshof verskyn.

Daar was verlede naweek ook verskeie betogings op verskillende strande in ʼn poging om druk op die regering te plaas om openbare ruimtes te heropen. Die meeste strande is tydelik weens die afsonderingsmaatreëls gesluit. Dit is Dinsdag heropen nadat die regulasies verslap is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jaco ·

Hy is wit; sy is nie wit nie. GROOT fout. Ek wens wit mense wil hulle net eenkant hou en by reëls en wette hou, al is dit onaangename reëls en wette. Môre oormôre tree die reeds anti-wit ANC-regering radikaal onderdrukkend teenoor ALLE wit mense OP, maar dan is dit eintlik net oor ‘n klein minderheid wit mense verkeerd en voorbarig opgetree het. Vergeet nou eers van “regte” en “die demokratiese grondwet”. Ons is skaars 8% van die SA bevolking. Radikale onderdrukking teen ons is eintlik baie maklik. Hou eerder by simpel reëls en tel julle seëninge. Dinge kon BAIE erger gewees het.

Neelsie ·

Ongeag enige kleurkwessie/rassisme, was hy in hierdie geval verkeerd en het soos ‘n buffel opgetree.

Cherokee ·

Een van die duimoppe by jou kommentaar Neelsie, dra my vingerafdruk.

Oros Soros ·

Verkeerd, ja, maar kan nie gearresteer word sonder ‘n lasbrief nie, aangesien die oortreding nie ‘n bylae 1 oortreding in terme van die Strafproseswet is nie.

Anti-Verkramp ·

Oros, waar kom jy aan die twak? Hy word in elk geval ook aangekla van aanranding.

Anti-Verkramp ·

Hoe se hullle – Hy’t die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie……

christo ·

Daai spul moes almal gearresteer gewees word of met ‘n waterkanon uit mekaar verdryf om met rubberkoeëls geskiet gewees het, want dit wat hulle gedoen het is onwettig. Net omdat hulle geld het vir duur prokureurs dink daailot hulle is soos mens in hulle taal sê: ‘ Untouchable!’

Anti-Verkramp ·

Absoluut, baie terleurstellend dat die klomp wat nie maskers gedra het nie vasgetrek is nie.

Ali ·

Jaloesie is ‘n lelike ding, miskien moet jy daaraan gaan werk…

Vrijburger ·

Ai Jaco, “Vergeet nou eers van regte en die demokratiese grondwet”. Rerig?! Dit is van toegee en toegee en toegee wat SA in die gemors is wat ons is.
Stilbly, toegee, “eenkant hou en by die reels en wette hou” gaan nie ‘n verskil maak nie. Die radikale onderdrukking waarvoor jy vrees is reeds met ons, en gaan vererger ongeag of jy onder die bed wegkruip of nie.

Jaco ·

Ek verwys dié wat nie van my kommentaar hou nie, graag na:
1. Rwanda 1994: binne 1 maand het die Hutu meerderheid 1 miljoen van die Tutsi minderheid uitgemoor.
2. Europa 1940 – 1945: binne 5 jaar het die sogenaamde hoogs beskaafde Duitsland 6 miljoen Jode in konsentrasiekampe vermoor. Die Jode se oortreding: net omdat hulle Jode was

Anti-Verkramp ·

So wat nou? Sleep dan maar landuit en gaan soek skuiling daar as jy so bang en paranoies is wat hier kan gebeur (of in enige ander land kan gebeur waar daar minderheidsgroepe is). Dan red jy darem ten minste jouself. Gaan nie help om ander te probeer bangpraat nie.

Vrijburger ·

As jy so verkies, leef jou lewe in vrees. Dit is jou keuse. Moet egter nie vir my preek of probeer voorskryf nie. My keuse: Ek weier om in vrees en bewing te leef.

Jaco ·

Regtig?

Sy het by motiewe seker omdat hy wit is, dit is verby belaglik

Cherokee ·

by motiewe? Soos in heuningby? Die duimaf is deur my daar geplaas.

Cherokee ·

Klink nie of jy redes vir jou stelling kan verskaf nie. Alhoewel ek die optog ondersteun, ondersteun ek haar ook om ‘n klag te lê teen boelie-gedrag. Een-sin kommentare maak uiters selde sin.

Johann ·

Shame…seker nie genoeg op die TV vir feitelike verslag gewing nie. Soek aandag…kry aandag…nou moan sy.

Anti-Verkramp ·

Dis nie al wat hy gedoen het nie. Later het dieselfde belhamel sy maskerlose gesig met opset in die gesig van ‘n ander persoon gedruk (wat ‘n masker gedra het),

christo ·

Ek was in Desember vakansie in die Kaap. Ek het vroeg teruggekeer omdat ek onveilig gevoel het oor nie-nakoming van Covid-regulasies nie. Gedink dis dll net die vakansiegangers wat die sondebokke was. Ek is verkeerd: Dis die wit liberale elite. Hoekom het daar nie arrestasies plaasgevind vir die wat nie maskers dra nie? Volgens die berig en ander foto’s kan vele mense gesien word sonder maskers? Ek sien ook wetstoepassingsbeamptes van Stad Kaapstad op die toneel. Dit is onwettig om sonder ‘n masker in die openbaar te wees. ONWETTIG!. Het JP Smith se manne toe regtig twee stelle reëls vir wetstoepassing volgen gebied en kleur?
Indien die spul elite so swaarkry omdat die toerismebedryf swaar getref word deur die maatreëls, dan is dit nou maar so.
Ek verstaan ook nou beter hoekom die Wes-Kaap bo aan die lys is met positiewe Covid-19 getalle.
Ek skaam my vir julle!

Kremetart ·

Moet asb nie veralgemeen nie. Hier is duisendes van ons weskapenaars wat wel getrou al die reëls volg.

Kobus ·

Ek stem saam met almal wat van mening is dat die ou hom swak gedra het. Sê net nee vir n onderhoud en stap weg. Altyd een vrot appel wat ons wittes in n swak lug stel. Die verslaggewer het niks verkeerd gedoen nie. Sy soek ook nie publisiteit nie,doen net haar werk.

Louis ·

Hy het geen rede gehad om haar masker te probeer afruk nie.ek se baie keer ook vir persone dat ek hul nie kan hoor nie dan trek hul die masker self bietjie weg.maar ek probeer nie dit vir hulle doen nie.nee wat hy het hom swak gedra en maak ons wittes se naam g.t.hy verdien wat hy kry en dan is hy nogal die organiseerder.

Oros Soros ·

Hy verdien wat wetlik is, nie onwettige arrestasie nie. Hy kan nie gearresteer word sonder ‘n lasbrief nie, aangesien die oortreding nie ‘n bylae 1 oortreding in terme van die Strafproseswet is nie.

Oros Soros ·

Die onrusbarendste van die hele voorval, is dat die polisie ‘n persoon arresteer sonder ‘n lasbrief vir ‘n oortreding wat NIE ‘n bylae 1 misdryf is nie. Het die voorval in die polisie se teenwoordigheid plaasgevind? Daar is geweldige magsvergryp en onwettige optrede van die polisie in die Wes-Kaap. Persone sonder maskers word met sambokke geslaan, persone in rolstoele word met waterkanonne gespuit, drawwers sonder maskers word gearresteer en so kan ‘n lang lys vergrype gegee word. Die media moet begin kyk na die toksiese optrede van die polisie in die Wes-Kaap wat hul grondwetlike mandaat ignoreer.

Anti-Verkramp ·

Jy praat nonsens man. die polisie kan jou arresteer selfs net op ‘n vermoede dat jy ‘n misdaad gepleeg het. Hierdie ou word in elk geval ook van aanranding aangekla.

Oros Soros ·

Daar is ‘n groot verskil tussen aankla en arresteer. Polisie kan nie net arresteer nie, daar is streng voorbehoude. In hierdie geval kon die persoon skriftelik gedagvaar gewees het om in die hof the verskyn. Bestudeer gerus Artikels 20 tot 50 van die Strafproseswet. Dit is Wet 51 van 1977. Ek lek my lippe af vir nog siviele eise wat gaan kom teenoor die Minsiter, die Kommissaris en ja, ons gaan dit instel teen die individuele polisie lede ook.

Anti-Verkramp ·

Jy’t die kat aan die stert beet. Hoekom toets jy nie jou eie teorie nie? Gaan loop buite rond op ‘n plek sonder ‘n masker waar die polisie jou kan sien en arresteer. Gaan dan hof toe en vertel vir die landdros jy’s onregmatiglik gearresteer. Pos dan weer hier en vertel vir ons hoe jou episode afgeloop het en hoe groot jou boete was.

Die Wolf ·

Hulle weet self nie hoe om die wet toe te pas nie. Die offisiere doen nie hulle werk nie of weet self nie.

Anti-Verkramp ·

Die versuim om ‘n masker te dra in die openbaar is ‘n kriminele oortreding tans tydens vlak 3 inperkings. Die polisie kan jou arresteer (en het al duisende gearresteer) en jou aankla. Jy kry ‘n kriminele rekord as jy die afkoopboete betaal of andersins in die hof verskyn en skuldig bevind word.

Johan ·

Jipee,Vishoek het uiteindelik die hoofberig gemaak. Dan bly ek liewer uit die nuus,want hierdie rally het niks bereik nie,want die strand was oop. Herinner my asb om nooit my voete op daardie strand te sit nie

Bolander ·

Hoekom is daar so baie Suid-Afrikaners wat wettelose gedrag wil regverdig wanneer dit hulle pas, maar wanneer die wat anders as hul dink of lyk wette oortree, moet hulle gekruisig word. Kan ons nie konsekwent deur die lewe gaan nie, want sekerlik sal ons lewens dan beter vir almal kan wees.

Anti-Verkramp ·

Ek het die perd op televisie gesien. Lekker hardekwas, lyk sommer soos ‘n moeilikheidmaker. Dalk kry hy nog ‘n jaar of 2 vir aanranding en ‘n lekker boete vir versuim om ‘n masker te dra, Ek is net ontevrede dat die polisie nie meer van die maskerlose ongehoorsames in hegtenis geneem het nie.

Die Wolf ·

Sal maar nie kommentaar lewer nie. Wonder wie is die opstoker?

Anti-Verkramp ·

Hoekom lewer jy kommentaar as jy se jy gaan nie kommentaar lewer nie?

Anti-Verkramp ·

Dit was verblydend om op die beeldmateriaal te sien hoeveel mense daar was om hierdie ongehoorsames aan te spreek om maskers te dra.

Werner ·

As hierdie virus so maklik aansteek soos hulle se is dit net n naiewe persoon wat dink dat hierdie maskers dit sal keer.Daar word net vrees gesaai sodat ons maklik gemanipuleer kan word .Maar ek weet jy sal dit nie kan verstaan nie

Anti-Verkramp ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat iemand so uiters dom kan redeneer.

Nie Verbaas ·

Sy se in onderhoud op strand dat masker heeltemal van haar gesig afgeruk is. Later se sy in n onderhoud dat hy dit vorentoe getrek het en toe laat los het. Se baie vir n mens wat breinselle het.

Winnie ·

Vergeet die rasstorie. Onbeskof bly Onbeskof. Niemand het nodig om n ander persoon se masker aan te raak nie.

Genis ·

ENCA is baie parmantig deesdae, en ek het al gesien hoe lok hulle mense uit…Aanranding is wyd, dis soos jy wys vir iemand vinger, dan kan dit ook in n mate van aanranding wees? Ek gaan liewers niks se nie… n munt het twee kante…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.