Orkney-bejaarde in huis vermoor

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Taakspan is aangewys om die wrede moord en beweerde verkragting van ʼn plaaslike bejaarde van Orkney in Noordwes te ondersoek.

AO Elize Kruger, woordvoerder van die Orkney-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die 76-jarige vrou het alleen in haar huisie op die dorp gebly en was baie veiligheidsbewus.

Die vrou is Saterdag omstreeks 09:00 die laaste keer lewend deur vriende en familie by ʼn kettingwinkel gesien.

“Sy moes Sondagoggend die kerk gaan oopsluit, maar het nooit opgedaag nie. Die kerkgangers en haar bure het maar aangeneem dat sy siek gevoel en Sondag tuis gebly het,” het Kruger gesê.

Kruger het gesê die vrou se kinders en kleinkinders, wat wyd verspreid oor Suid-Afrika woon, het Maandag begin bekommerd raak toe hulle nie die vrou in die hande kon kry nie.

“Hulle kon haar nie per selfoon in die hande kry nie en sy het nie oproepe oor haar huisfoon beantwoord nie. Die kinders en kleinkinders het die slagoffer se bure gebel en gevra om te gaan ondersoek instel.”

Volgens Kruger het bure na die vrou se huis gegaan en gesien die staalhek en voordeur was oop. “Hulle het verder gaan ondersoek instel en gesien die huis is deurmekaar. Hulle het op haar liggaam in die stort by haar slaapkamer afgekom.” Die bure het die polisie Maandag omstreeks 13:00 ontbied.

Die vrou se hande was met skoenveters vasgebind. Sy is na bewering verwurg. ʼn Geregtelike doodsondersoek sal egter gedoen word om die oorsaak van haar dood te bevestig.

Die polisie ondersoek nog wanneer presies die vrou vermoor is en hoeveel verdagtes betrokke was.

Sover vasgestel kan word, word twee klein televisiestelle vermis en ʼn onbekende bedrag geld is uit die vrou se beursie gesteel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, huisroof en verkragting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die taakspan het ʼn volskaalse soektog na die verdagte of verdagtes van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Paraat ·

JAnee JB ek stem ongelukkig saam .. Hulle soek dag en nag na die moordenaars van polisiemanne maar hierdie saak gaan net doodgaan ….dis mos ons VERBEELDING dat daar ‘n aanslag op witmense in SA is. As jy ‘n 78 jarige tannie met veters vasbind het sy absoluut GEEN weerstand om te bied nie, waarom haar wreed verkrag en vermoor??? AANSLAG op BLANKES in SA Neem toe, of julle dit nou wil hoor of nie ~!! WEES PARAAT!~!

ad wiid ·

Jammer daar gaan niks daarvan kom nie soos elke vorige blanke moord ook maar van die tafel gevee is. Kry ander SAPS lede op die gevrek te dorp – dalk spoor hul haar moordenaars op. ‘n Ander groot probleem is dat 95% blankes is pensionarisse wat bitter min vir hulle eie veiligheid wil omgee.

piper ·

lafaard. ou dame aangevat. hoekom probeer jy nie n rugbyspeler aanvat nie. te bang.

Michael ·

ek stem saam my vraag wat se lafaard doen so iets?. dit wys jou net. geen normale mens gaan so aan nie.ek kan net bid vir haar famielie dit is vreeslik.

Lizelda ·

Soveel haat teenoor ons bejaardes, Die oom van Garsfontein is ook Saterdag vermoor. Sterkte aan die familie

Carol van Zyl ·

Ek voel so jammer vir haar familie. Tannie al ken ek jou nie, weet ek nou van jou. Mag jy veilig by Jesus vertoef.

ORKNEY ·

As inwoner van Orkney kan ons spog met die beste Speurders. Dit is hartseer dat so iets nie eers ver van ons gebeur het nie. Ons innige meegevoel gaan uit na die Tannie se familie en vriende. Mag die skuldiges vining aangekeer word.

thinus ·

Nee baie mooi vir kerkgangers en bure wat sommer aanneem sy is siek en nie eers die moeite doen om haar te gaan besoek nie! En dan staan haar voor hek en deur nog oop ook!
En dan kom jy Ad Widd en beskuldig 95% bejaardes dat hul nie vir hul eie veiligheid wil omgee nie. SIES MAN.! Gaan lees weer die berig en ontferm jou oor hulle – toe venster en gesluite deur behoort genoeg sekuriteit in beskaafde gemeenskap te wees. Hulle kan dalk nie meer bekostig nie.

@ THINUS ·

Stem saam Thinus as ek die dominee of ouderling of diaken was of ENIGE titel beklee het in die kerk sou ek tog gaan kyk het hoekom die suster wat elke Sondag die kerk oopsluit NIE opgedaag het nie, kan nie glo dat ‘n hele gemeente en ‘n hele kerk se amptenare nie genoeg omgegee het om te gaan kyk hoekom sy nie daar was nie .. sy kon selfs ‘n hartaanval gehad het .. maar nee . kom ons sing hard en ons preek vir die sondaars en los die dooies om hulle eie dooies te begrawe of WAT IS DIE NOU? SKANDELIK!

Mientjie Booysen ·

Hoop daar is iemand wat al die berugte van moord op ons blanke daeliks aan die buiteland kan uit basein. ANC ontken dat ons blankes uitgemoor word.

Andrea ·

Ja die minister se woorde is nog nie koud nie, en hoeveel is al intussen vermoor?!!

Robin ·

Ek sit by die werk en my oe is gevul met trane, hierdie kon my ouma / groot ouma gewees het … Tannie Rus Sag by Onse Vader. Die Tannie se familie mag julle vrede kry …

Johann ·

Wat my baie bekommer is dat dit altyd Christelike mense is wat wreed gemartel en vermoor word. Dit is herhaaldelik die geval.
Ek wonder wat is die doel hiervan ?

Anita Francis ·

Buiteland sal nie einde bring aan moorde nie. Stuur elke een van hierdie berigte persoonlik vir President Rhamaposa… catch a wakeup … elke persoon wat vermoor word se bloed is aan sy, Zuma en Malema se hande. Hulle sal boet!

Toetie Pretorius ·

Dit is ń skande wat van die oumense word van ons dorp. Die mense van die kerk moes maar gaan kyk het waar is die dame wat die kerk oopsluit. Moenie julle eie gevolgtrekkings maak nie. Gaan stel dadelik ondersoek in.

vissie ·

Skande vir die kerk en sy gemeente, wonder wat se kerk? Sies julle skaamtelose rug draai op iemand in nood!

Edward Shawe ·

Waarom klink hierdie storie vir my soos laasjaar se moordsaak?

Orkney ·

Edward jy is reg daar was nog so n saak. Maar daar het niks van gekom nie.. Die blanke seun/man wat daardie tannie vermoor het sou in die hof voor kom.. Nooit niks gebeur.. Alle simpatie en gebede aan die families van die tannies.

Chantall ·

Nee Edward ek bly in Orkney is nie laas jaar se storie nie

SjN ·

Mm, wanneer het die tragiese geval gebeur, was dit nie n tyd gelede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.