Orkney-moord: Begrafnisreëlings bekend

Annatjie Kruger (links), haar kleindogter, Amor Adlem, en dogter, Thea Pringle. Foto: Verskaf.

Annatjie Kruger (links), haar kleindogter, Amor Adlem, en dogter, Thea Pringle. Foto: Verskaf.

Die begrafnisreëlings wat volg op die dood van Annatjie Kruger (89), ʼn jare lange inwoner van Orkney in Noordwes, is bekend gemaak. Sy is vermoedelik op Moedersdag vermoor.

Volgens Amor Adlem, Kruger se kleindogter, vind Kruger se roudiens op 14 Mei om 11:00 by die Ou Apostoliese kerk op die dorp plaas. Die diens sal in die Suid-saal plaasvind waarna verversings in die Noord-saal bedien word.

Maroela Media het Maandag berig Kruger se liggaam is Sondagmiddag in haar kerkklere op die vloer van haar slaapkamer aangetref. Haar dogter, Thea Pringle, en Adlem het onraad vermoed toe hulle haar nie in die hande kon kry om haar ʼn gelukkige Moedersdag toe te wens nie. Hulle het geweet iets is fout toe haar gemeentelede ook navraag gedoen het aangesien Kruger nie oudergewoonte Sondag in die kerk was nie. Kruger se liggaam is omstreeks 17:00 aangetref nadat die polisie ontbied is om haar woonstel se deur oop te breek. Sy het ʼn snywond aan haar keel gehad. Lees meer hier.

Kruger se klein televisiestel met ʼn haasoor-antenne, ʼn selfoon ter waarde van skaars R300, beursie en haar motor, ʼn wit Mercedes met die registrasienommer HSR 643 NW, is gesteel.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Haar motor is ook nog soek.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om die Orkney-polisie by 018 473 2111 of kapt. Wilbers by 082 373 8216 te bel as hulle Kruger se motor opmerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gesiggie ·

Sterkte aan die Familie en vriende van Annatjie wat afskeid moet neem van n wonderlikke vrou…. Mag God jul met krag omvou”’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.