Orkney-moord: ‘Dit was nie haar tyd om te gaan’

Anne Mary Erasmus. Foto: Verskaf

Die dogter van Anne Mary Erasmus, die 76-jarige vrou van Orkney in Noordwes wat minder as ʼn week gelede wreed in haar huis vermoor is, sê sy glo dit was nog nie haar ma se tyd om te sterf nie.

“Ja, ek is kwaad. Sy was drie weke gelede by die dokter en daar is vir haar gesê sy het die polsslag van ʼn jong meisie. Sy was aktief en blakend gesond. Dit was nog nie haar tyd nie. Ek dink my ma sou gelewe het tot sy 100 jaar oud was. Haar lewe is by haar gesteel,” sê Linda Sanders, Erasmus se dogter.

Maroela Media het vroeër berig Erasmus is Saterdag omstreeks 09:00 die laaste keer lewend deur vriende en familie by ʼn kettingwinkel gesien. Sy het Sondagoggend nie oudergewoonte by die kerk opgedaag nie en teen Maandag het haar familie bekommerd geraak toe hulle haar nie in die hande kon kry nie.

Ao. Elize Kruger, woordvoerder van die polisie, het gesê Erasmus se bure het gaan ondersoek instel en haar liggaam is in die stort by haar slaapkamer gevind. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word. Die polisieondersoek sal ook vasstel presies wanneer Erasmus vermoor is.

Volgens Sanders het haar ma maar eers die afgelope ses maande alleen gebly. “My pa is byna twee jaar gelede oorlede, maar my dogter, Cheriese, het nog al die tyd by haar ouma gebly. Sy het eers so ses maande terug in haar eie plekkie ingetrek,” het Sanders gesê.

Sy sê die familie was egter nooit bekommerd oor Erasmus wat alleen gebly het nie. “Sy was vreeslik veiligheidsbewus. Oral in haar huisie is daar net veiligheidshekke en slotte. Sy was ook so op en wakker en aan die gang, en ten nouste betrokke by die Metodistekerk. Almal in die omgewing het al die tannie met die 40 jaar oue blou Datsun-karretjie geken,” vertel sy.

Volgens Sanders het haar ma baie na aan die Here geleef en was haar kleinkinders en agterkleinkinders haar trots. “Ek sê altyd my kinders is ouma-kinders, want hulle was so erg oor hul ouma en sy oor hulle. Sy was my heldin, my idol. Die ruggie was maar skeef van die artritis en sy het al twee heupvervangings gehad, maar daar was nog so baie lewe in daardie lyfie. Sy was nie reg om te gaan nie.”

Erasmus se familie sal haar altyd onthou as ʼn kind van die Here wat altyd gereed gestaan het om ander te help. “Haar hart was van goud.”

Erasmus word oorleef deur Sanders, haar ander dogter, Rika Odendaal, agt kleinkinders en ses agterkleinkinders.

Ao. Kruger het Donderdag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie, maar die ondersoekspan is besig om alle moontlike leidrade op te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Selfbeskikking ·

In die land word moord op ons aangemoedig en daarom het ons volle reg tot ons eie land, en enigste uitweg is selfbeskikkingsonderhandelinge met ons regering en die buiteland. Ons moet nou oe oopmaak en besef dis tyd.

Johann ·

Mag daar n dag kom wat die barbaarsheid wat die bose so iets laat doen, aan hulle ook uitgedeel word. Hier op aarde… nevermind die HEL self!!!!

M'Lady ·

Hierdie land se grond is deurweek met ons bloed. Hoe lank nog?

Sunette ·

Mens weet nie wat om te se nie. Dis so ongelooflik hartseer. Die wereld waarin ons leef is wreed en dis so onnodig. Sy lyk lieflik en ons harte en gebede is met julle

ferdi ·

Ons het te doen met mislukte regering wat wetteloosheid ondersteun

Magda ·

Wat vir my baie opmerklik is uit die afgelope paar weke se berigte….. plaasaanvalle en moorde in dorpe kom in die Wes-Kaap ook voor maar die aanvallers word binne enkele dae aangekeer.. wat gaan met die res van die land se polisie aan? Ons lees gereeld. ” fie verdagtes is nog op vrye voet.”

Charmaine ·

Dis so jammer ons land het wreed geword elke dag word daar mense vermoor ons regering worry niks nie. Dis net snaaks daar word nooit iemand gevang ni wonder hoekom nie?

Loffie ·

DAAR IS GENOEG FONDSE EN LEDE OM TERUG TE KAP.
DIT HELP NIE OM AAN TE HOU KLAAG NIE

Polonie ·

Bla bla bla bla bla…ja Loffie ek stem saam en jy is heeltemaal reg! En hier is ons weer met dieselfde ou storie en niemand doen NIKS!!! Maak jy n voorstel het almal n probleem en niemand kom ondersteun die idee en kyk hoe oplossings gevind kan word nie. Moet dalk my naam verander na Gatvol, Moedeloos of so iets. Nee wat kom ons sit eerder en wag tot dit ons beurt ook is en dan vind ons steeds geen oplossing nie……miskien is dit ons verdiende loon. Kan nou maar eenmaal nie saamstaan nie…..natuurlik hopeloos te veel om te verloor.

Karen van Zyl ·

Ek stem 100% saam Polonie. Ophou praat en iets begin DOEN.

Voorbery ·

Begin voorbery vir burgeroorlog, die regering beplan grootskaalse genocide teen ons, dis een van die hoofredes waarom hulle aan die internasionale strafhof wil onttrek. Wees sterk, vlug of wees voorbereid om jouself te beskerm.

Helene ·

Dis so bitter jammer van mev Erasmus se ontydige dood, soo bitter onnodig. Vir my baie hartseer dat ons ouer mense wat niemand sal skade aandoen so wreed en onnodig doodgemaak word! Ai hul verdien dit soo nie!

RM ·

Arme, arme tannie. Sy lyk soos ‘n wonderlike Ouma en ‘n mens kan net nie van al hierdie geliefde mense vergeet nie. Elke dag word nog iemand afgemaai. Vir wat?? Omdat hulle wit is, omdat hulle Afrikaans praat!?

rollie ·

Dis nie ‘n rasse-kwessie nie. Daar word persentasiegewys baie meer swartmense as witmense vermoor in die land. ALMAL gaan gebuk onder die geweld.

pollie ·

rollie, onthou dat ons hier van bejaardes as demografiese groep praat, en moord op bejaardes is ongekend in enige beskaafde gemeenskap, nie eers swart bejaardes word naastenby teen dieselfde trant in hierdie land vermoor nie.

thinus ·

Maroela Media, ek daag julle om ten minste reguit vir my te se my kommentaar is onwelkom op julle blad. Julle antwoord vele ander leser maar vir my nooit. Miskien het julle al my e-pos addres geblok.
My mening is miskien baie eerlik, reguit, dalk taamlik radikaal, maar nie ‘?n oortreding van julle reels nie!

Verstom ·

Niemand wat hierdie dade doen sal hulle straf vryspring nie, miskien hier in SA in die tyd wat ons nou leef, maar wees gerus, God slaap nie, elke daad of woord word opgeskryf in die Boek van die Lewe vir die oordeelsdag. Maar so slaap die res van die wêreld ook nie, UK, EU, USA en Australië se oë is op SA.

BOERE HOU VAS AAN JULLE GROND EN BAKLEI. MOENIE MOED VERLOOR NIE!!!! ONS IS GEMAAK OM TE OORLEEF IN DIE KRAG VAN SY (JESUS CHRISTUS) SE STERKTE.

The Prime Minister of the United Kingdom Theresa May said she is giving Cyril Ramaphosa a warning and a picture of what will happen if the country proceed with expropriating private land without compensation.
May called the act of expropriating land without compensation undemocratic and a crime against humanity.

“THAT’S A CRIME AND WE WILL DEFINITELY REACT A VERY BAD WAY IF RAMAPHOSA GOES AHEAD WITH HIS PLANS”

“The UK, EU, USA and Australia had already agree to impose embargoes and sanctions on South Africa should the go ahead with their evil plan”. She said. May said she is aware that South Africa is a big exporter to the UK and the EU and if they care about the relationship they will stop the madness.

toy ·

Hier binne my skree iets hartseer vir die mens wat so wreed vermoor word. Iets in hierdie tannie laat my so aan my ma dink, my ma is nie vandag meer hier nie maar my hart is stukkend vir daardie familie. Hier is regtig wrede monsters tussen ons.

tamboti ·

Die verdagte van ‘n soortgelyke moord in 2016 is uit op borg, wat wed ek julle hy is ook by hierdie voorval betrokke. Dit is dieselfde omstandighede; ou tannie wat alleen bly en moontllik regmaak of oppad kerk toe is.
Die verdagte was/is ‘n dwelm gebruiker en het geld nodig – ek hoop julle SAP ondersoek die moontlikheid. Lees die geskiedenis van Orkney en sien wat ek bedoel.

Cornelia ·

Rollie’ wat swartmense aan hulle eie rasgenote doen is so bekend, so skokkend en werklik soos die mensdom self. Die boodskapdraers uit hulle boesem het nie ‘n probleem daarmee nie. Hulle dra hulle leiers wat om bloed skree, hemelhoog. En die Ramaphosas swyg dawerend. As dit die kern van hulle lewens doel in ons Land Suid Afrika is wil ons ‘n sigbare STREEP trek tussen hulle handewerk en ons handewerk. Tussen hulle ontstuimige skuim en oproer wat roep om bloed, dag en nag! Betoon jou medelye met die onbesonne gruwelmoorde op jou mense. En ja, betreur gerus ook die bloed van die onsinniges wat hulle eie bloed net so goedkoop verspil en hulle eie lewe verkwansel in die naam van hulle sg. “rewolusie paradys.” Dooie siele wat oor die lewende wil heers roep om doodslag en eis hulle eie volgelinge se bloedige offers. Ontwaak, jy wat slaap!

Carol van Zyl ·

Tannie Toekie. Ons treur oor die manier wat jy moes sterf. Dit het jy nie verdien nie.! Maar Jesus sê ons moet bly wees want jy is dan in jou Hemelse huis. Daar is geen slotte en veiligheidsdeure meer nie.
Net Jesus se warm omhelsing.
Sterkte aan die familie met haar begrafnus more. Ek dink aan julle.

Gatvol!!! ·

Mense word wakker!! Dis nie net mense wat dood gemaak word nie,dis NET die ou mense wat hulle self nie kan help nie wat dood gemaak word. Sal hulle dit waag om n jong boer van kom ons se tussen 30-40 aan te val??? Nee hy sal nie want hulle weet daai mense sal terug baklei. Dit is my opinie oor als!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.