Orkney-moord: Uitgebrande wrak gevind, man vas

Annatjie Kruger (links), haar kleindogter, Amor Adlem, en dogter, Thea Pringle. Foto: Verskaf.

Annatjie Kruger (links), haar kleindogter, Amor Adlem, en dogter, Thea Pringle. Foto: Verskaf.

ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Annatjie Kruger (89), ʼn jarelange inwoner van Orkney in Noordwes, wat vermoedelik op Moedersdag vermoor is.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man is Donderdag in Orkney in hegtenis geneem en het die slagoffer geken.

“Die polisie het ook die oorledene se uitgebrande motor, wat tydens haar moord gesteel is opgespoor. Haar Mercedes is Sondag in die veld naby die dorp gevind,” het Mokgwabone gesê.

Maroela Media het vroeër berig Kruger se liggaam is op 8 Mei in haar kerkklere op die vloer van haar slaapkamer aangetref. Haar dogter, Thea Pringle en kleindogter, Amor Adlem, het onraad vermoed toe hulle haar nie in die hande kon kry om haar ʼn gelukkige Moedersdag toe te wens nie. Hulle het vermoed iets is fout toe haar gemeentelede ook navraag gedoen het, aangesien Kruger nie oudergewoonte Sondag in die kerk was nie. Kruger se liggaam is omstreeks 17:00 gevind nadat die polisie ontbied is om haar woonstel se deur oop te breek. Sy het ʼn snywond aan haar keel gehad. Lees meer hier.

Kruger se klein televisiestel met ʼn haasoor-antenne, ʼn selfoon ter waarde van skaars R300, beursie en motor is gesteel.

Die man sal na verwagting Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Ai tog hierdie arm Tannie is vermoor, hoekom nog die kar ook uitbrand, dit kon n erfstuk aan een van haar familie of kinders gewees het.. Ek is so bly dat hul teminste die man gevang het… oh hy het die slagoffer geken? was hy dalk een van haar tuin werkers”’ sy was ook een van die mees geliefde mense en het n sagmoedigge hart gehad… maar dit het nie vir hom saak gemaak.. die bietjie wat sy gehad het, wou hy ook vat…

Francis ·

mag reg en geregtigheid geskiet. die arme tan was net goed vir mense. RIV Tan Annietjie

Ek ·

Help niks moordenaar is gevang nie. Hy gaan net geluk gewens word met sy goeie werk, 1 blanke minder. Dan gaan hy ook nog ‘n voortreflikheids medalje kry omdat hy dit wat sy gehad het gesteel het. Dis mos hoe dit hoort in Suid Afrika kyk hoe lyk Zimbabwe

Ek ·

Help niks moordenaar is gevang nie. Hy gaan net geluk gewens word met sy goeie werk, 1 blanke minder. Dan gaan hy ook nog ‘n voortreflikheids medalje kry omdat hy dit wat sy gehad het gesteel het. Dis mos hoe dit hoort in Suid Afrika kyk hoe lyk Zimbabwe

KarooKlong ·

(Uitgebrande motor Mercedes). Snaaks dat ‘n motor uitbrand in ‘n veld naby die dorp en niemand sien of weet daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.