Orkney-paar gesoek vir ‘skelmstreke’

Wilhelm Petrus Miller (52) en sy lewensmaat, John Clare Miller (25). Foto: SAPD

Wilhelm Petrus Miller (52) en sy lewensmaat, John Clare Miller (25). Foto: SAPD

Die Noordwes-polisie is dringend op soek na twee mans in verband met verskeie klagtes van bedrog en diefstal wat in Orkney gepleeg is.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê daar word beweer dat Wilhelm Petrus Miller (52) en sy lewensmaat, John Clare Miller (25), in April vanjaar ʼn huis in Orkney verhuur het. Dit het hulle gedoen terwyl hulle self die huurders van die huis was.

“Hulle albei het vermoedelik dieselfde huis in Miltonlaan in die plaaslike gemeenskapskoerant geadverteer as te huur. Mense het deposito’s in kontant of deur internetbetalings gedoen, maar kon nooit intrek nie omdat die twee steeds die huis beset het,” het Mokgwabone gesê.

Mokgwabone het gesê die paar word gesoek in verband met 70 klagtes van bedrog en diefstal. “Die mans het ook hul dienste as boukontrakteurs geadverteer en ʼn 70%-deposito van die geld versoek om die werk te doen, maar nooit met die bouwerk begin nie.”

Die twee moes vroeër vanjaar in die Klerksdorp-landdroshof verskyn in verband met ʼn ander bedrogsaak, maar het versuim. Hulle woon nie meer by die adres in Orkney nie en dit is nie bekend waar hulle tans is nie. ʼn Lasbrief vir hul inhegtenisneming is op 18 Mei deur die Orkney-landdroshof uitgereik.

Mense wat weet waar dié twee hulle mag bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Connie Nepgen van die Klerksdorp-speurdiens, by 018 464 5038 of 073 133 3264 te bel.

Lees ook: Orkney-‘swendelaars’ só vasgetrek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hugo Claassen ·

Ek het geweet dit gaan kom. Die man het n skrikwekkende lys misdade op sy naam. Ek was maar een van sy vele slagoffers. Skuld my so om en by R25000.00 maar hy word op borg van R650 vrygelaat? O ja en dis John Care Millier, nie Clare nie.

Johan ·

Ek het verneem dat die twee by ‘n gastehuis in Christiana in hegtenis geneem is . Weet iemand of die berig korrek is?

Gesiggie ·

Orkney Snork nie….wat sal die mense nie nog als uitdink om geld te maak… ? hul sit dalk iewers oorsee… jul sal maar moet opdok… gevang sal jul word… lewensmaat…? sjoe ok… Partner in Crime…. You can Run, but you will not get far….

Irene ·

Ek hoop hulle soek die mense wat skole afbrand ook darrvan hoor jy nie

Speedguard ·

Sluit hulle toe , mense wat onskuldige mense se geld steel moet tronk toe en klaar !

riaan ·

Hulle het soveel skuil name….. Willem Scheepers, Wilhem Miller…..Lys gaan aan. Hy het mense se geld gesteel in Rustenburg, Potchefstroom, Wesselsbron, Viljoenskroon, Mafikeng en die lys gaan aan.

Kelly ·

Hoeveel keer wil julle geld net n vreemde mense se rekening inbetaal. Daar word elke dag mense gevang daarmee…

Cobus ·

Bêre hulle sommer baie lank en hou hulle verantwoordelik om die skade wat hulle berokken het te vereffen. Hulle weet dat hulle verkeerdelik optreë

johan ·

hy doen besigheid op Martin Botha se naam ook ,hy het my ook gevang met dep.

deon ·

gaan die die nuwe bonny & clive wee? Nuwe era nou is dit John en Petrus

Anoniem ·

Eintlik mense se eie skuld as hulle net so geld oorbetaal aan ander sonder om 100% seker te maak van alles……..ai ai ai ai……Leer tog hieruit…Ons land is vol van mense wat of bedrog pleeg of moor of verkrag of steel of pedofiel……….

Sommerso ·

Baie vreemd die John Care Miller.
Hy was vermis aangemeld in 2014 deur familie.
Hy is oorspronklik van Klerksdorp maar was laaste gesien in Port Shepstone.
Baie vreemde kalant

Joann ·

O my word. Kan mens so skelm wees. Maar as n blanke persoon sleg en skelm is dan is ditsdleg. Sies

cobusp ·

Sjoe dit klink soos kleingeld wat hierdie nuwerwetse paartjie gesteel het in vergelyking met nr 1 ons president en meeste ministers en staats werkers…………..kan ons ook hulle fotos plaas sodat hulle opgespoor kan word en oorhandig kan word aan die owerhede vir vervolging?????

Oom Kalahari ·

Amper gedink die een met die bril is ‘n vrou. Ek weet baie mense sê maklik dat as jy dom is moet jy maar ly, maar glo my jul was nog nie in sulke situasies nie en hierdie tipes van mense is so oortuigend en kom professioneel voor. Ek en wederhelfie was ook maar paar jaar terug gevang deur ‘n Bloemfonteinse piramide skema en ‘n goodbye handskud vir R150,000.00 gegee. Die mense is baie slinks en uitbuiters, maar hul dae raak ingeperk en moet hul maar onderhandel met hul kospanne agter tralies.

anoniem ·

die ergste van alles hul het hul eie pa ook ingedoen. hul skuld oor die R9000 aan hul pa. die pa is n gebroke man.

Gesiggie ·

Oom Kalahari.. hoe lekke lag ek vir Oom se antwoord.. ek wou ook die selfde comment aangaande die man met sy bril en lang hare? kan net sowel n vrou gewees het… Anoniem..jou woorde asb… is dit nou sy Ma en sussie se skuld dat hy ander mense geld skuld? dit klink my jy ken dalk hierdie Sussie te goed, weens jou uitlating” Anoniem… ja dat jy jou eie Pa so kan te nakom..? hierdie Bonny en Clide moet vinnig gevang word…en terug betaal wat hul gevat het… kan nie wag vir die goeie nuus..

Susan ·

Irene, ek stem nogal saam en wonder ook saam met jou. Dit het niks met hierdie spesifieke saaik uit te waai nie. maar so by the way …., wat het van die skole se afbrand gword.? By wyse van spreke – by the way…. wyl ons nou oor hierdie diefstal praat….. wonder sy by the way – wat van die skole gewordhet…. so in een asem. Niks fout daarmee nie.

A/O Connie Nepgen ·

Wil almal net in kennis stel dat die verdagtes gearesteer is. Gaan hulle nou optel in Christiana. Diegene wat wil verklarings afle kan my kontak. Baie dankie.

franx ·

hulle is net na 22h 00 vanaand gearesteer by n gastehuis in christiana. hulle het in n gaste huis in geboek die eienaars het stuk op maroela media gesien en polisie in kennis gestel.verskyn more in hof in klerksdorp. mooi sap klerksdorp en christiana en a o nepgen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.