Orkney-‘swendelaars’ só vasgetrek

Wilhelm Petrus Miller (52) en sy lewensmaat, John Clare Miller (25). Foto: SAPD

Wilhelm Petrus Miller (52) en sy lewensmaat, John Clare Miller (25). Foto: SAPD

Wilhelm Petrus Miller (52) en sy lewensmaat, John Clare Miller (25), wat vir ʼn geruime tyd die polisie ontduik nadat hulle glo verskeie mense ingeloop het, is Donderdagaand in hegtenis geneem danksy ʼn Maroela Media-leser.

Maroela Media het verneem die paar is omstreeks 22:00 in Christiana in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle by ʼn gastehuis in die dorp ingeboek het. “Die leser is die eienaar van die gastehuis en het die mans herken nadat sy die berig en hul foto’s op Maroela Media gesien het,” het ʼn polisiebeampte wat by die ondersoek betrokke is Vrydag aan Maroela Media gesê.

“Hulle het hul hare pikswart gekleur, maar dit het die op en wakker leser nie verhoed om hulle te herken nie.” Die eienaar het die Christiana-polisie ontbied waarna hulle in hegtenis geneem is.

Die ondersoekbeampte, ao. Connie Nepgen, het Vrydag omstreeks 01:00 die verdagtes in Christiana gaan oplaai en na Klerksdorp geneem waar hulle Vrydag in die landdroshof verskyn het.

Maroela Media het Woensdag berig daar word beweer dat die mans vanjaar ʼn huis in Orkney verhuur het. Dit het hulle gedoen terwyl hulle self die huurders van die huis was.

Hulle albei het vermoedelik dieselfde huis in Miltonlaan in die plaaslike gemeenskapskoerant geadverteer as te huur. Mense het deposito’s in kontant of deur internetbetalings gedoen, maar kon nooit intrek nie omdat die twee steeds die huis beset het. Die paar word gesoek in verband met nagenoeg 70 klagtes van bedrog en diefstal. Hulle het glo ook hul dienste as boukontrakteurs geadverteer en ʼn 70%-deposito van die geld versoek om die werk te doen, maar nooit met die bouwerk begin nie.

Die twee moes vroeër vanjaar in die Klerksdorp-landdroshof verskyn in verband met ʼn ander bedrogsaak, maar het versuim. Hulle woon nie meer by die adres in Orkney nie en dit is nie bekend waar hulle tans is nie. ʼn Lasbrief vir hul inhegtenisneming is op 18 Mei deur die Orkney-landdroshof uitgereik.

Verskeie lesers het sedert die berig geplaas is na vore gekom en gesê hulle is ook deur die paar ingeloop. Nepgen het ʼn beroep op mense gedoen wat moontlik deur die paar gekul is, om haar by 018 464 5038 of 073 133 3264 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gesiggie ·

Mooi so… goeie werk aan die een Maroela Media leser… so ja, nou kan jul twee terug betaal wat jul ontneem het van ander… wees gewaarsku… dat soveel mense jul graag in die hande sal wil kry? gekleurde hare of nie…you can run, but you cannot hide…..dankie tog, ons het darem een goeie einde van n storie…. een van die dae ? word Maroela Lesers beter speuders ”’

Lions ·

Welgedaan aan die polisie en die publiek wat gehelp het om hierdie manne vas te trek. Wegkruipplek raak maar min as almal help.

DAAN ·

GOED VIR HULLE. ONS IS OOK INGELOOP MET N HELE PAAR DUISEND RAND, VIR BOUWERK WAT NOOIT GEDOEN IS NIE. DIT WAS VERLEDE JAAR JUNIEMAAND. HULLE HET BELOWE OM DIE GELD TERUG TE BETAAL MAAR HET DIT NOOIT GEDOEN NIE. HET ELKE KEER ANDER STORIES GEHAD. DAN LOOP HUL EN VERKONDIG HULLE IS KINDERS VAN DIE HERE. EK SKAAM MY DOOD. HOOP HUL WORD SOMMER BAIE VER WEG GEBERE. DIE HOOGSTE STRAF KOM HUL TOE.

charlene ·

Shoe dis mos nou goeie werk
Ek sal hulle nie in my gaste huis toe laat nie, hulle gee my nog steeds die hibby-gibbies.
Die jong een is die tipe wat jy vermy of hy lyk net scary vir my…

Seugnett ·

Mag nie net die gereg hul straf nie maar die HERE ook. Ek en my man is werkloos en probeer nutsman werk en sovoorts doen om ons ouers en kinders te onderhou. Ons is nie finansieel sterk genoeg om self die materiaal aan te koop nie. Soms wil die klient nie die moeite doen nie en dan is ons genoodsaak om ook ‘n deposito te vra wat maak dat ons dan die werk verloor. Dit deur mense soos die wat oneerlik is. Dis so verkeerd. Hoekom is ons wereld so lelik?

Liewe heksie ·

Nice werk dit is mos wat daarby bedoel word “name and shame” hulle foto’s nog n bonus ok

Jacques ·

Ek hanteer self die vervolging. Adjudant Offisier Connie Nepgen is ‘n vrou

Alex ·

DAAN, ek het my eie besigheid gehad; Die oomblik wat iemand vir my se hy / sy is n christen, is die oomblik wat ek weet hier moet ek vooraf betaling vat en nie net n deposito nie. Dis so hartseer om te sien hoe mense die Here gebruik om skelm te wees.

CHRISTA ·

Ek hoop die hof staan nie borg toe nie en hou hulle agter slot en grendel todat hulle saak voorkom anders verdamp hulle weer soos varkmasels!!

Zaan ·

Ek het self deur daai mans ook deur geloop … 6jaar van my lewe betaal . Was deur hulle in n kinderhuis geplaas omdat hule skielik moes trek en ons nie meer as pleeg kinders wou aan vaar nie ,, ons was ” te veel moeilikheid ” volgens die ou man …. Mag julle vir die res van julle lewens gestraf word …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.