Orrelpype by kerk uitgebreek en gesteel

Die orrelpype is uitgebreek, platgetrap en gesteel. (Foto: Facebook)

Die polisie is steeds op soek na ʼn tweede boosdoener wat vroeër vandeesweek orrelpype by die NG Kerk op Klipplaat in die Oos-Kaap uitgebreek, platgetrap en gesteel het.

Nico Matthews, ouderling en koster, het aan Maroela Media vertel twee tienerseuns is Maandagaand op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om die kerk te plunder. Een tienerseun is later die aand in hegtenis geneem maar sy vermeende makker is steeds op vrye voet.

Kapt. Bradley Rawlison, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 15-jarige verdagte met musiekinstrumente van aliminium ter waarde van R2 100 in sy besit is in die dorp vasgetrek.

Die skade aangerig. (Foto: Facebook)

Matthews vertel ʼn vrou wat in die konsistorie langsaan die kerk woon, het net na 19:00 die aand ʼn gekappery in die kerk gehoor. “Sy bel altyd as sy iets verdag by die kerk opmerk,” sê hy.

Matthews vertel die vrou het oudergewoonte gaan ondersoek instel waarna sy op twee tienerseuns in die kerk afgekom het. Sy het hulle gevra wat hulle maak en toe hulle haar nie kon antwoord nie, is sy dadelik terug huis toe om geld te kry om ʼn oproep by ʼn winkel in die dorp te maak. Sy het op pad winkel toe ʼn polisiebeampte raakgeloop en hom van die gebeure in die kerk ingelig.

Dit is toé dat Matthews van die voorval te hore gekom het.

Matthews verduidelik die twee het erge skade in die kerk aangerig. “Hulle het die deure van die kerk oopgebreek. Hulle het die orrelpype uitgebreek en platgetrap en gesteel. Hulle het op die orrel se note getrap om die pype uit te breek. Hulle het die koperhandvatsels van die deure afgebreek en die ligte uitgebreek,” verduidelik hy.

Ook die preekstoel het in die voorval deurgeloop.

Die skade aangerig. (Foto: Facebook)

Volgens Matthews het die seuns die orrelpype vermoedelik platgetrap om meer daarvan makliker te vervoer en later te verkoop.

Volgens Matthews is die dorp se NG Kerk reeds in 1908 in die hoofstraat opgerig en het die kerk nog nooit skade van dié aard beleef nie. “Daar was al ʼn paar vensters gebreek maar die meeste van die kerk se kosbare besittings is in die kluis toegesluit,” verduidelik hy.

Hy sê dat die orrel egter baie kosbaar was aangesien gemeenskaplede juis gebruik maak van dié kerk omdat hulle nog ʼn orrel het. “Ons skriba speel so mooi en ons het lekker kerk gehou te danke aan daardie orrel,” sê hy.

ʼn Skaderaming is nog nie gedoen nie en die presiese omvang van die skade sal eers later bevestig kan word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van inbraak en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Ander Annie ·

Vandale. Laat hulle werk sodat hulle daardie pype regmaak. Gee hulle sommer ‘n hengse pak slae.

Helena. ·

My hart breek toe ek hoor van die kerk op Klipplaat..as kind het ek in daardie kerk elke Sondag saam met my ouers gesit..daar sondagskool bygewoon. My tweeling susters is in daardie kerk gedoop. Dit vat my trug na baie mooi en gelukkige jare. Dis baie jammer die skade is groot.. finansieel sowel as emosioneel.

Willem Grobler ·

Sou dit nou nie wonderlik gewees het as die hof hulle tot lyfstraf kon vonnis nie? Die lokale sersant kon dan hulle agterente met ‘n rottang vuurwarm slaan. Maar ons lewe mos in die tyd van “human rights”. Dit is hoekom almal doen net mooi wat hulle wil.

Wessel ·

Ongelukkig vir die boosdoeners het hulle die daad Maandagaand gepleeg. As dit nou gister was?

jaco ·

Seker maar reg so. Weet nie waaroor daar skok oor hoef te wees nie. Dis dan juis die NG Kerk wat in 1986 al apartheid tot sonde verklaar het en lustig meegewerk het om dit af te takel. Na 1994 goed soos saamwoon van ongetroudes en lotto speel en klomp ander goed goedgepraat. So dié diefstal van ‘n paar orrelpype is eintlik maar net die logiese gevolg van die nuwe SA te seën en goed te praat.

rose ·

Ag Jaco maar jy is hoogheilig aan watter kerk behoort jy. As jy n stok soek om die kerk me te slaan sal jy altyd een kry.

HPV ·

Met die vogende “Mad Max” film hoef hulle nie ‘n draaiboek of akteurs te gebruik nie, gebruik sommer die realiteite in Suid Afrika, al die elemente van ‘n totale anargie is teenwoordig. Die ware jakob van bloed, derms, verkragting en plunder. Dit behoort maklik ‘n Oscar by die filmfees los te slaan.

George in Bloem ·

Nie eers die Huis van Die Almagtige Vader word gespaar nie. Skandalig.Net mooi niks word ontsien nie.

Andrea van Vuren ·

Daar moet meer intensief na die skrootwerfhandelaars en hul korrupte konneksies gekyk word. Hulle behoort verdagte items te rapporteer. Maar nee, almal onder een kombers!

Helena. ·

Ek het in Klipplaat groot geword en saam met my ouers in daardie kerk aanbid. Baie jammer oor die skade..dis vreeslik hartseer.

Frederik ·

30 jaar.
Geen verskoning.
Hoe breek jy die Huis van jou VADER af.

Asmain ·

Die 2 misdadigers sien dit duidelik nie as hulle Vader nie, respek vir niks & niemand nie

Johanna Botha ·

So word alles afgebreek en opgemors ..liggam siel en gees ook

bolla ·

Vergifnis soos die bybel leer.. Laat hulle gaan en seën hulle op hulle weg.

bolla ·

Daar staan ook oog vir ‘n oog. Bybel is vol teenstrydighede.

Past ·

Bolla die Bybel het geen teensyrydighede nie, jy verstaan net nie die Ou verbond en nuwe verbond nie.

Ramkat ·

Boosdoeners??? Se gat. Hulle is skelms en plunderaars. Kan nie glo dat die skuim van die aarde so laag kan daal nie.

Foxi ·

Nee hek, nou raak dit darem te erg. Wat gaan aan met die mense? Wat is verkeerd met hulle? Waar kom hierdie soort mense vandaan? Ek vra vrae……..want ek kan die dinge nie meer verstaan nie!

Hennie ·

Dit is die boom god wat hulle aanbid wat hulle tevrede moet stel . L

Gery ·

Hul leiers in die parlement en die ateïste put seker perverse genot uit hierdié voorval.

MS ·

Ateïste verlekker hulle nie aan vandalisme van enige aard nie. Dis hartseer dat ‘n geskiedkundige gebou geplunder is. Ek vermoed dis dwelmverslaafdes en hulle sal enige iets vir hulle volgende fix doen.

bolla ·

Julle mag nie oordeel nie en die wraak kom julle ook nie toe nie. Boonop is aardse dinge niks werd nie. Bid vir julle broers en vra virgifnis vir hulle sondes..

HPV ·

Maw hulle vernietig ‘n R1miljoen orrel,of brand my huis of besigheid af en ek mag niks sê nie want sekere mense beskou dit as oordeel oor ander. Wanneer mens die waarheid praat, hard of sag, bly dit dit is die waarheid. Dit het absoluut niks met oordeel te doen nie. Aardse besittings is vir my baie werd terwyl ek lewe want ek moet ‘n dak oor my kop hê, vervoer en klere om aan te trek, ‘n besigheid waaruit my werknemers ook voordeel trek. Hierdie oordeel en draai die ander wang stelling word in belaglike terme in gedryf. Wees realisties, ‘n skelm is ‘n skelm, mens is wat jy is en verdien wat ander van jou sê, goed of sleg. Om altyd goed van almal, selfs kriminele te praat, lieg jy vir net jouself.

bolla ·

Sien die goeie in die daad. Die ouens is dalk arm en het geld nodig om te oorleef. Die kerk was in ‘n posisie om hulle te help soos die barmhartige Samaritaan waarvan die bybel leer.

Zombie ·

As ek kan waag om @bolla se kommentaar te vertolk, sal ek sê hy/sy wys maar net op die praktiese uitleef van Godsbeginsels. Niks daarmee verkeerd nie, maar, ai, tog so moeilik. ???

André ·

Goeiedag Maroela Media

Die woord aluminium is verkeerd gespel in die berig. Die derde letter moet ‘n ‘u’ wees en nie ‘n ‘i’ nie.

Groete
André

Anne ·

Bolla ek dink jy maak seker n grap met jou sêgoed of jy voel nie wel nie!

Humi ·

Dis hartseer. Ek wonder net of die bewoording in die berig korrek is. Woon die dame in die konsistories, of dalk eerder die pastorie? En bespeel die skriba ook die orrel, of bedoel Maroela Media hulle geniet die orrelis se mooi spel?

Dafer ·

Bolla jou ander wang is seker ook al seer geklap. Word wakker kind!

bolla ·

Wel, die bybel sê jy moet 70 x 7 keer vergewe. Dis ‘n hele paar klappe wat jy sal moet verduur

bolla ·

Die orrel moet plek maak vir ‘n paar kitare en stel tromme. Genade, die atmosfeer moet bietjie opgekikker word.

Bollie ·

Bolla, ek weet sommer jy steek die draak … en ek verkreukel my daarin.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

..

Kan ek apart wees van boosdoeners en moordenaars.

..

Bella ·

Bolla, nou praat jy groot bolla. Ek dink jy is of stadig of probeer ons uitlok met jou belaglike stelling. Daar is baie arm mense maar nie almal is so laag om ‘n kerk te beroof en te beskadig nie.

Pop ·

Bolla aangesien jy so goeie mens is ,sit net gou jou adres op sodat die armes hulself daar kan kom help

Foxi ·

Almal praat net bollie…blah blah blah. Ons sit met bose wie weet wat, wat uit n gat uit gekruip het. Hulle groei aan by die dag???

Paaries ·

Deus meus Deus meus ut quid et nos relinquere tu? -My God My God waarom het ons verlaat? Oor jouself het jy dit gebring O afrikaner! Ween wyl die sport speel en die drank op Sondae vloei, jy wie nog steeds nie wil hoor nie! Verhongerd die kind wat bedel, onversadigbaar daardie kind wie jy grootmaak. Jammerte en die modegier van liberalisme is wat ons by die bogenoemde vraag gebring het. Halala Halala ewig is ons Afrika!

Ag shame ·

Jaco (5de kommentaar van bo), jy is so in die kol met jou kommentaar. Hoekom is hulle so geskok daaroor, dis mos waarvoor die kerk dan so hard geveg het. Baie geluk, julle pluk nou die vrugte van jul “harde werk”. Kry vir julle.

Ekke ·

Die duiwel is los in hierdie land. Tannie ek stuur vir jou n selfoon na die kerk se adres toe. Dankie tog sy is veilig. ?

Vrede ·

Hoop nie NG kerk gaan die seuns vervolg nie maar liewer ‘n voorbeeld stel soos bv bedrading met liefde en omgee vir hul medemens.

barend v d westhuizen ·

vrede dit is die verkeerde benadering hulle moet tronk toe gaan elke naweek dat hulle geen vry tyd het nie maar soos die dom land sal doen is om hulle vry te laat kom weens hulle kinders is maar volgende keer pleeg hulle moord

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.