Oscar “aanvaar” vonnis; NVG het “aptyt” om te appelleer

Arnold en Lois Pistorius buite die hof. Foto: Sapa

Arnold en Lois Pistorius buite die hof. Foto: Sapa

Oscar Pistorius aanvaar die vonnis van vyf jaar tronkstraf wat regter Thokozile Masipa hom Dinsdag opgelê het, het sy oom Arnold gesê.

“Ons aanvaar die uitspraak. Oscar sal die vonnis aangryp. As sy oom, hoop ek dat Oscar met die genesingsproses sal begin terwyl hy die paadjie stap en die vonnis uitdien,” het Arnold Pistorius gesê. Oscar se tannie Lois, was aan haar man se sy.

“Ons is almal emosioneel gedreineer en uitgeput. Die saak sou aanvanklik drie weke lank geduur het, maar is oor sewe maande uitgerek,” het hy gesê. Hy het die staat se saak aangevat en gesê hulle het alles in hul vermoë gedoen om te verseker dat Pistorius vervolg moet word op die aanklag van moord met voorbedagte rade. “Die staat wou soveel as moontlike skade aanrig.”

Arnold het ʼn beroep op die media gedoen om die uitspraak te aanvaar en die families, insluitend die Steenkamps, die geleentheid gee om vorentoe te beweeg.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het intussen Dinsdag buite die hooggeregshof gesê daar bestaan definitief ʼn “aptyt” om teen Pistorius se vonnis van vyf jaar tronkstraf te appelleer.

“Die NVG het ʼn aptyt om te appelleer en ons het 14 dae om die wet te oorweeg, en te verseker dat die feite en die wet ons toelaat om te appelleer,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, buite die hof gesê.

Die NVG het reeds vroeër te kenne gegee dat hy ongelukkig was oor die feit dat Pistorius aan strafbare manslag skuldig bevind is en nie moord nie, maar dit “vertroostend” is dat hy wel tronkstraf gaan uitdien.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eben ·

Nathi Mncube nou vertel ons, is dit omdat Oscar nie n anc lid is en sy oom nie geld vir die anc gee dat julle nie kan voorentoe beweeg? Vertel ons as jy mans genoeg is, wat van al zuma se vriende wat op kamstige mediese parool vrygelaat is om op hul golf voorgee aan te werk. Hoekom kyk julle nie ook daarna …. Maggies man almal het genoeg gehad van Oscar laat die man met rus dat hy sy straf uitdien en aangaan met sy lewe. Of hy 5jr of lewenslank gaan sit dit bring nie Reeva terug PUNT Hy het mos nou vir die Steenkamps jammer gesê en maandeliks bygedra tot hul finansiele verknorsing. Wat de hel moet hy nog doen??

Leeutjie ·

Ek is bly jy het Oscar. Jy het tyd nodig om tot verhaal te kom na 18 maande se seerkry, alleenheid, pyn en vernedering. Jou gedrag tydens hierdie 18 maande was onberispelik en ek het ‘n intense deernis vir jou. Ek glo dat jy jou weg sal baan as jy uitkom dat jy op ‘n sterker manier jou staal sal wys met net God wat jou lewe beplan en jou kan gebruik in baie aspekte. Reeva het haar lewe nie verniet verloor nie. As die mensdom uit hierdie verskriklike tyd iets daaruit kon leer dan het haar dood betekenis. Soos ek haar opgesom het was sy ‘n pragtige mens. Vir baie van ons kan hierdie dien as ‘n lewensles.

HEVW ·

Of Oscar nou vyf jaar of lewewenslank of wat ookal die vonnisoplegging sou wees,ook wat in die verlede gebeur het die mooie van hul verhouding en die afgryslike, mens se lewe is in die hand van ons hemelse Vader. Hy het dit toegelaat, niks anders sou gebeur het nie. Niks anders sal ook in die toekoms buite die beheer van God geskied nie,Niemand wil in die gevangenis wees nie.Oscar, die feit dat jy die straf aanvaar het, maak dat jy die grootste oorwinning nog ooit in jou lewe behaal het. Groter as op enige atlitiekbaan. Besef dat God nog voor jou geboorte n doel met jou en jou gestremdheid bepaal het. Ek is seker dit le op die geestelike gebied. Dit le glashelder vir vyf jaar en die res van die lewe voor jou uitgestrek. Gryp dit aan en maak jou gereed vir die grootste oorwinning ooit. Onthou ook net dit sal nie elke dag n maklike pad wees nie. Jy kan!!! Jy het dit al in die verlede bewys. Die trane tot hede was nie verniet nie. Ek stap saam met jou hierdie pad. Mag ek jou nooit in my gebede vergeet nie.

Leeutjie ·

Ek stem Anne. HEVW dit was pragtig en ja, dit is ook my voorneme om hom geensins uit my gebede te laat nie. Ek kan nie die deernis in my vir Oscar “let go” nie. Ek het ook groen koring op die land!

tom ·

En geregtigheid sal geskied… as die staat nie appeleer nie dan sal geregtigheid in die hiernamaals maar moet geskied.

tom ·

Vertroostend dat hy tronkstraf gaan uitdien???? Ag ASSEBLIEF!!!!

Leon ·

Ek glo dis nodig vir Oscar om hierdie pad te loop om sielkundig te kan genees, alhoewel dit skrikwekkend vir hom moet wees. Ek wonder of sy aanklaers nou effens berusting kan kry. Ek skaam my vir julle wat in hierdie ongelyke land julle verlekker daarin om iemand te nail wat deur die verskriklikste omstandighede geleef het. Dit word reeds `n politieke kwessie met wit/swart ondertone……….hou julle ogies op die nuus. Kyk bietjie watse monster julle nou besig is om te skep. Baie geluk…..ek hoop julle slaap lekker terwyl 2 mense se lewens verwoes is.Ek bid vir jou Oscar en vir die Steenkamp`s.
Mag julle wat veroordeel het veroordeel word.

Henriette Wessels ·

Nathi Mncube ek hoop jy het net so “APTYT” vir die werklike kriminele in SA… dis pateties.

Ann ·

Nou word hier sommer namens God besluit dat Oscar in die hiernamals gaan boet. Asseblief! As Oscar berou het en God hom vergewe dink God nooit weer aan hierdie oortreding nie!

Pateties ·

Ek vind dit uiters vreemd dat almal eweskielik so besorgd is oor arme Oscar. Hy’t ‘n lewe geneem, of dit nou ‘n ongeluk was of nie…hyt ‘n lewe geneem. Dit wat gedoen was, is moord, en sy vonnis is eenvoudig net te lig. Net omdat hy beroemd is, en ‘n gestremdheid het, maak hom nie meer spesiaal as die res van die mense daar buite nie. Ek hoor nie regtig van ander sake soos die nie, hoekom nie? Natuurlik, want hulle is nie beroemd nie. Hys ‘n gewone mens, nes ek en jy. Wat vir die een tel, tel vir die ander. As almal die siening het van “Nou word hier sommer namens God besluit dat Oscar in die hiernamals gaan boet”, wat van die ander moordenaars daar buite? dan moet hulle maar almal vrylaat? Iemand moet God se mense beskerm op aarde, dis hoekom God mense die vermoe gee om prokureurs, dokters, polisiemannde ens te wees. KOm ons wees ook baie eerlik hier, indien Oscar nie tronkstraf gegee was nie, en wel op vryvoet was, wat sou die publiek met hom maak? Hoor ons nie elke dag meer en meer oor die publiek wat geregtigheid in hul eie hande neem nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.