Oscar-appèl: ‘Geen rede om van voorgeskrewe vonnis af te wyk’

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Uitspraak is Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein voorbehou in die staat se aansoek om te appelleer teen Oscar Pistorius se vonnis vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.

Die staat het aangevoer dat daar geen wesenlike en dwingende faktore was wat regverdig dat regter Thokozile Masipa van die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar vir moord moes afwyk nie.

Staatsaanklaer Andrea Johnson het volgehou die appèlhof moet ingryp aangesien Pistorius volgens haar nooit berou vir sy dade getoon of erken het sy optrede was verkeerd nie.

Volgens Johnson het Masipa te veel klem gelê op Pistorius se kwesbaarheid toe hy sonder sy prostese vier skote deur die badkamerdeur geskiet het.

Adv. Barry Roux, vir Pistorius, het egter aangevoer Masipa het ʼn balans gevind tussen die belange van die samelewing en die Steenkamp-familie en Pistorius se belange. “Met sy gebrek en kwesbaarheid het dit nie vir haar sin gemaak nie.”

Sy gemoedstoestand en gebrek is ook aangevoer as verduideliking oor hoekom hy nie weer getuig het om te verduidelik hoekom hy vier skote deur die badkamerdeur geskiet het toe hy weer deur Masipa gevonnis is nie.

“Daar is hierdie persoon met ernstige posttraumatiese stres. Hy staan daar en hy dink: ‘Ek het my vriendin wat ek liefhet, doodgemaak en ek wou haar nie doodmaak nie. Wat moet ek doen? Ek het die vier skote afgevuur.’ Hy is getraumatiseer, hy word gemartel,” het Roux gesê.

Die appèlhof het in Desember 2015 beslis Pistorius moes aan moord, nie strafbare manslag nie, skuldig bevind gewees het. Regter Masipa het hom daarna in Julie verlede jaar tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Die staat voel egter Pistorius moet swaarder gestraf word.

Steenkamp is op Valentynsdag 2013 in Pistorius se huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

LMF ·

Ag nee regtig genoeg is genoeg ons blankes (boere )word uitgemoor en al waaraan die staat kan dink is omdat hul verloor het met Oscar kom nou oor julself en vat plaas moordenaar aan of is jul bang dit is mos baie makliker om n witte agter trallies te hou ek weet ek gaan nouweer geslag word met my kommetaar maar wragtag genoeg is genoeg

WitBlits ·

Wraggies – genoeg is genoeg!
Die NVG het reeds te min mense en geld, en dit kan nou eerder aan dringender sake bestee word!!!

LBS ·

LMF, alles gaan nie net oor plaasmoorde nie. Hierdie is ‘n ernstige saak op sy eie.
Gaan lees ook asb Danien se kommentaar as jy nie mooi verstaan nie.

Mike ·

Bestee eerder geld aan vervolging v plaasmoordenaars wat weke vooruit aan d moorde beplan…..ons is nou keelvol v Oscar en d hele storie

Cherokee ·

Botsende kommentare hierbo en my eie gevolgtrekking is bloot dat hierdie forum(s) die bewys is dat (sommige) Suid Afrikaners aandring op gelyke bestraffing afgesien van velkleur.
Ek is redelik seker daarvan dat van die mense wat aandring op die doodstraf vir moordenaars ook gevind sal word tussen Pistorius se aanhangers maar oor die algemeen bewys die forums oor Pistorius dat aangedring word op regverdige veroordeling.

Janine ·

Nou KOTS en kry klaar. Niemand FORSEER JOU om in sy gesig vas te kyk nie.

Columbiana ·

Pat hierdie argument is al so afgesaag! Alle moordenaars is iemand se kind tensy hulle natuurlik the immaculate conception is! Alle slagoffers is ook iemand se kind! Moet geregtigheid nou net eenkant toe gestoot word omdat die misdadiger iemand se kind is. Ag en asb moet tog net nie weer kom met daardie gesanik van oordeel kom ons nie toe nie. JA DIT DOEN. Dit is hoekom om howe op aarde het om mense te verOORDEEL! Kry asb ‘n ander argument wat water hou

Anoniem ·

Ek glo met my hele hart Oscar moet n swaarder straf kry. Hy het n lewe geneem met of sonder gebrek daar is niks fout met sy brein. Twee ouens maak n ou skrik met n kis en key 11 en 14 jaar n ander vermoor n persoon wat nog n weerlose vrou was en kry 6 jaar hoe verklaar jy dit.

san ·

Ek dink al hoekom die gewysig moet word is sodat daar nie n persepsie geskep word vir ander vonnise nie. soos bv. hy kry 6jaar vier moored en die twee doodskis manne kry 14 jaar. dit maak nie sin!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.