Oscar-appèl: ‘Onregverdig om te sê hy het nie berou’

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Foto: Twitter

Die feit dat Oscar Pistorius angstig en kwesbaar gevoel het sonder sy prostese voor hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het, verminder nie sy skuld in haar moord nie.

Só het die staat Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein aangevoer. Die staat doen aansoek dat Pistorius se vonnis van ses jaar vir die moord op Steenkamp verleng moet word.

“As ons kyk na dié hof se bevinding en die appèl-uitspraak, betwis dit die argument dat gevoelens van angs en kwesbaarheid die respondent se skuld verminder,” het staatsaanklaer Andrea Johnson gesê.

Die appèlhof het in Desember 2015 beslis Pistorius moes aan moord skuldig bevind word en nie strafbare manslag nie.

Johnson het aangevoer dat regter Thokozile Masipa, wat Pistorius aanvanklik aan strafbare manslag skuldig bevind het, nie die brutaliteit van die misdaad in ag geneem het nie. Volgens Johnson is die feit dat Pistorius gewapen was met ’n vuurwapen met ’n hoë kaliber en ammunisie ook nie ag geneem nie.

“Dit was nie net die vier skote nie, dit was nie net die vuurwapen met ’n hoë kaliber en ammunisie nie, dit was dat hy nie geweet het wat die bedreiging was wat hy in die gesig gestaar het nie. Daar is geen redelike verduideliking nie, maar selfs al het hy in sy gedagtes gedink daar was ’n inbreker, was daar nie ’n bedreiging nie. Hy kon nie vir die hof sê nie en hy het nie geweet wat die gevaar was nie.”

Adv. Barry Roux, vir Pistorius, het aangevoer die feit dat sy kliënt na die Steenkamp-familie uitgereik het, bewys is dat hy berou het en spyt is oor wat gebeur het. “Hy het ná die verhoor probeer kontak maak [met die Steenkamp-familie]. Hulle was nie gereed nie en dit is verstaanbaar. Dit is baie onregverdig om te sê daar is nie berou of spyt nie.”

Talle van die regters wou by Roux weet hoekom Pistorius vier skote afgevuur het en nie net een nie, en hoekom hy nooit ’n verduideliking daarvoor gegee het nie. Roux het aangevoer dat Pistorius se gebrek, sy angsversteuring en sy oorbewustheid van misdaad in konteks geneem moet word.

“Ek probeer sy gemoedstoestand verduidelik deur te sê miskien sou hy beter gedink het as hy nie ’n gebrek gehad het of aan ’n angsversteuring gely het nie,” het Roux aan die hof gesê. “Dit was nie dat hy net opgestaan en na die badkamer geloop en die skoot afgevuur het nie.”

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Well done ·

Well done Roux, ek stem 100% saam met jou. Spaar al hierdie onnodige geld mors op die saak vir hierdie wat in alle gebiede elke dag moor, omdat hul wil, sal en kan, afgeveilde vuurwapen nommers, hul mag van Kayelitchia, dorpies, stede, plase, klein hoewes reg voor die voet skiet en dt is ok. Klein borg, geen bewyse, bye. Babatjies word in toilette, vullis sakke gegooi, komaan Regters watter boodskapstuur jul uit. Die ou wat erken hy het sneller getrek skyt harder as die 1 wat ontken en dit daagliks as n hobby doen.

jaco ·

ek kan nie verstaan dat die staat regter masipa se uitspraak kritiseer nie. gerrie nel se kritiek op haar moes reeds as rassisme uitgewys gewees het (tipiese wit man wat dink ‘n swart vrou is dom), maar nou gaan die staat net aan daarmee. iets is nie pluis nie.

Poplap ·

Yawn Jaco!
‘n Argument met net soveel gate as die badkamer deur in hierdie saak

Stem saam ·

Jaco ek stem saam, al waarop dit dui is, ons kan die ander nie vang, die wat maklik is vat ons goed vas. Regter Masipa is beslis ‘n eerbare vrou en het gesien hoe hul dit oordrewe aanpak, sy was saam Gerrie in “Chambers” wens hierdie wat nou so slim is, kon dit ook beleef. Jul fokus en kastige vrese is ongegrond, kry dit op die regte plek om die regte boodskap uit te stuur.

ANONIEM ·

Hy is gebore sonder bene, teen sy ouderdom is hy verseker gewoond daaraan en het geen rede om meer bang te wees net omdat hy korter is nie. Al waar sy gebrek aan hoogte angs kan veroorsaak is in ‘n vloed.

Jy sal mos weet ·

Jy loop in sy spore, jy sal mos weet. Hoekom lê daar soveel lyke op plase rond, van manne wat vuurwapens het en ervare is, jy staan geen kans teen 6/7, ongelukkig weet jy ook nie hoeveel inkom nie, as almal dit kon sien sou daar beslis minder moorde tydens inbrake en plaasmoorde gewees het. Ek het gesien hoe vrees ‘n sterk volwasse man beiinvloed as jy deur die slaap 1uur die nag wakker word van ‘n voetstappe in jou erf, soos hul inspring.

Cacophony ·

En daar kon natuurlik 6 of 7 mans in daardie klein badkamertjie ingesluip het ne? Ja mense is bang. Ek is bang. My partner is bang maar wat is die 1ste ding wat ons doen as ons iets hoor? Kyk waar is die ander party. Nee wat julle weet Oscar was trigger happy en op ‘n power trip. Ek glo nie die baklei stories nie maar hy het defnitief geen denke toegepas nie en net geskiet want hy was ‘n cowboy met ‘n helse chip (nie simba) op sy skouer. Die probleem met hierdie saak is dat dit nou elke ander saak van selfverdediging onder ‘n pikgietswart wolk laat staan.

Benjamin ·

Dink regtig dis tyd vir die staat en die Steenkamps om vrede te vind.. regtig.. veral Mev Steenkamp. My persoonlike opinie: ek dink dit raak nou n geval van “ons hou van die aandag”.

Ek stem saam ·

Ek stem ook saam, werklik genoeg is genoeg en irriterend nou. Mens wil nie lelik gaan nie, maar dalk is die ou geldjies nou weer op en kan die weer ‘n welkome paar rand bring. Onthou net belastingbetaler betaal weer vir al die uitgawes.

LCom ·

Benjami
Ek bid dat so eits nooit met een van jou gelieftes gebeur nie, en met die selfde omstandig as in die geval.
Dit is gewis n donker tonnel vir ennige ouer om n kind te virloor, wat nog so gewelddadig.

Irene Pool ·

Net hy weet wat werklik gebeur het. Niemand kan bewys dat hy haar wou veermoor nie!! Die stomme man!!

Daan ·

Ons hou van die aandag som dit perfek op. Regtig dit lyk of Mev Steenkamp aan ‘n vervolgings waan ly. Die man het sy straf gekry. Ons mors kosbare hof tyd

mia ·

Ek verstaan dat hy moet boet-maar ek glo hyt n lelike straf gekry met al die media dekking en skande wereld wyd….vir my is dit gelyk aan lewenslange tronkstraf…of is dit net ek?

John ·

Te veel mense met gebreke gebruik dit soos wapens wat hulle teen almal se koppe hou om aandag en hul sin te kry… En wie kan so wreed wees, soos bv ek, om te waag om soiets te durf se… Oscar se gebrek het 9/10 van die saak teen hom oorheers en sy sg skuld help swaai en vandag gebeur dit toe weer… die ag ‘shame’-pleit van die verdediging, want dit is al wat hom weer kan red…

Lukie Carelsen ·

Die vonnis vir moord is 15 jaar. Dan word veswarende en versagtende getuienis in berekening geneem om op’n toepaslike vonnis te besluit. Hoe die regter op 6 jaar besluit het is absurd! Die doodskis skuldiges kry 14 en 11 jaar vir “poging tot moord” (wat nooit bewys is nie) en Oscar kry 6 jaar vie moord!?!

Iets is nie pluis nie!

karen ·

ne!!!! al die wat so oordeel. se nou dit was anders om. se nou net SY het vir Oscar geskiet. sou julle wat so lekker klippe gooi nogsteeds dieselfde kommentaar gelewer het soos julle nou doen? vra maar net

CAROL ·

Ek glo hy het nie geweet dis sy nie. Ek glo as hy haar wou doodmaak sou hy dit op n ander plek gedoen het, en meer as net 4 koeels laat afgaan het. Hy se hy was lief vir haar – nou moet hy vir die res van sy lewe saam met dit loop. Ek dink dis erg straf genoeg.

CAROL ·

Ek glo dat hy nie geweet het dat dit sy agter die deur was nie. Anyways ek dink as hy haar regtig wou dood gemaak het sou hy dit op n ander plek gaan doen het – en baie meer as net 4 koeels gebruik het. Hy was lief vir haar en dis nou iets waarmee hy die res van sy lewe sal moet saam dra. Erg genoeg gevonnis sou ek se

Dina ·

Stem saam. Nou die aanhoudende gehamer: waarom het hy vier maal geskiet? Om homself, maar veral ook vir haar te beskerm. Het sy maar in haar huis en haar eie bed geslaap. Deurdat sy gekies het om in sy huis te oornag, het sy ‘n groot verantwoordelikheid op hom geplaas wat hy nou lewenslank sal dra. Feit is, daar is ‘n ernstige klimaat van misdaaad in SA, daarom sál mense makliker skiet om hulleself en ander te beskerm, veral as jy ‘n gebrek het wat jou minder weerbaar maak. Dit lyk nie of regters daardie aspek ernstig in aanmerking neem nie, tog is dit vandag ‘n wesenlike feit in SA. Mense kan en sal begin oorreageer vanweë aanhoudende daaglikse berigte van doodslag in die land. Miskien sal die veroordeelaars hulleself ook eenmaal in só ‘n situasie bevind en begryp. Wonder ook hoe hy nog meer berou moes toon… Dis soos honde wat ‘n voosgevegte prooi nou finaal wil verskeur. Vat dit soos ‘n man, Oscar. Dit sal ook eendag verbygaan. Salueer Barry Roux.

Ander Annie ·

Daar is soveel ander sake wat aandag moet kry, maar die saak word nou holrug gery. Of Oscar Pistorius 6 of 15 jaar kry, is eintlik irrelevant. Hy moet vir die res van sy lewe saam met sy gewete leef.

Marisa ·

Pistorius was mal van jaloesie en woede. Reeva het ‘n sms ontvang van iemand wat genoem is, en waaroor NIEMAND weer gepraat het nie. Dit was Valentynsnag 14 Februarie. Sy’t probeer vlug, hy’t haar in ‘n hoek gehad. LAAT HOM SIT!!

Xiphoid ·

Jy mag imand agter n gesloote deur paar keer dood skiet dan kry jy 5 jaar maar druk imand in n kis en se jy gaan die kis aandie brand steek joh pappie dan kry jy 11 en 14 jaar tronk straf…. #15jaarviroscar

Ekke ·

Ek kan nie glo hier is so baie wat hom probeer verdedig nie. As hy wit is, moet ons net aanskuif en nie verder tydmors nie. As hy swart is, moet hy brand of die doodstraf moet terugkom. Besluit wat jy verwag en skeer elkeen oor die dieselfde kam.

PJC ·

Al wat ek nie kan verstaan nie is dat die jong meisies hulle met hierdie tipe ouens bemoei. Sy geskiedenis wys dat hy ń on beheerbare humeur het en geen respek vir die vroulike geslag het nie.

anton ·

Almal wat so graag die klippe na hom gooi……….
Wees versigtig dat dit nie dalk eendag na julle terugkom nie.
Ons mensdom oordeel darm baie maklik maar loop nie in n ander persoon se skoene nie!!!

Tammy ·

Regter Masipa is n gerespekteerde vrou wat haar werk ken en dit goed kan doen. Sy het beslis haar huiswerk gedoen en tot gevolgtrekking gekom. Sal al die mense wat wil regter speel asseblief verder gaan studeer en kwalifikasies kry om by haar oor te vat as jy dink jy is so goed?? Los dit nou hier, en die staat wat reeds finansieel sukkel hoe belaglik is dit nie om nog meer geld te mors op die saak. Ja, ek voel gewalg as ek die Steenkamps se gesigte op n voorblad van n koerant of tydskrif sien….. “just drop it”

Ursula ·

Als gedoen, ek kan net nie verstaan hoekom June Steenkamp nie met Oscar wil ontmoet nie, is haatdraendheid deel van smart?
Wonder maar net,……..

Lcom ·

Tammy
Ek hoop jy voel goet oor jou uitlaating s, onthou die wiel draai.

LCom ·

Benjami
Ek bid dat so eits nooit met een van jou gelieftes gebeur nie, en met die selfde omstandig as in die geval.
Dit is gewis n donker tonnel vir ennige ouer om n kind te virloor, wat nog so gewelddadig.

Oumie ·

Dit is gewis so. Ongelukkig moet ouers dikwels deur baie lang en donker tonnels beweeg vanweë die keuses wat hul kinders en ander gemaak het, en ook andersom. In hierdie geval tel seer sekerlik nie slegs die besluit wat Oscar Pistorius gemaak het om te skiet nie, maar gewis ook die keuse wat Reeva Steenkamp uit eie vrye wil uitgevoer het om op daardie aand te wees waar sy was. Keuses het gevolge. As sy nie daar was nie, kon sy nie geskiet word nie. Nie net een nie, maar elke betrokke party is verantwoordelik vir sy of haar besluite en keuses. As albei anders gekies was, het sake waarskynlik anders gestaan vandag. Sterkte aan haar ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.