Oscar-appèlsaak in hof

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die staat se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak en vonnis van Oscar Pistorius sal Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.

Dinsdag is die 49ste dag wat Pistorius sedert sy vonnisoplegging in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria-Sentraal aangehou word.

Die staat het verlede maand die aansoek ingedien en versoek ʼn groter skuldigbevinding en swaarder vonnis vir die Paralimpiese atleet. Die staat het in sy hofdokumente aangevoer die vyf jaar tronkstraf is “skokkend lig en onbehoorlik”.

Pistorius het tydens sy moordverhoor getuig dat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 per ongeluk deur ʼn geslote toiletdeur doodgeskiet het toe hy haar vir ʼn inbreker aangesien het.

Regter Thokozile Masipa het hom op 21 Oktober vanjaar skuldig bevind aan strafbare manslag en het hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in Januarie 2013 ʼn vuurwapen in ʼn Tasha’s-restaurant in Sandton laat afgaan het. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort.

Advokaat Mannie Witz, regskenner van The Bridge-regsfirma, het Maandag gesê Pistorius kan moontlik Dinsdag in die tronk op borgtog vrygelaat word indien die staat se aansoek om verlof tot appèl slaag. Lees meer hier.

Pistorius se regspan betwis die staat se aansoek.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

grotman ·

Aag kom aan, laat die saak nou asb gaan le. Daar is ander sake soos Malema, Zuma, Etoll en Eskom wat nou aandag nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.