Oscar beseer tydens rusie in tronk

Oscar Pistorius. Argieffoto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius het geringe beserings opgedoen nadat hy glo in ʼn rusie betrokke geraak het met ʼn ander gevangene in die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum in Pretoria waar hy tans tronkstraf uitdien.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het aan Maroela Media gesê Pistorius het glo in ʼn rusie betrokke geraak met ʼn ander gevangene oor die gebruik van ʼn openbare telefoon in die spesialesorg-eenheid van die gevangenis.

Die voorval het glo op 6 Desember gebeur. Nxumalo het gesê Pistorius het “ʼn kneusplek opgedoen” en geen ernstige beserings is aangemeld nie.

“As standaardbedryfsprosedures rondom sake van beweerde aanranding, het die DKD ʼn interne ondersoek na die saak van stapel gestuur om die feite vas te stel en te verseker dat die nodige stappe gedoen word aangesien voorvalle van aanranding nie toegelaat word nie,” het Nxumalo gesê.

“Die DKD is toegewyd daaraan om te alle tye die veiligheid van oortreders, beamptes en diensverskaffers te verseker en daarom word enige vorm van geweld in korrektiewe sentrums ontmoedig.”

Pistorius dien tans ʼn vonnis van 13 jaar en vyf maande tronkstraf uit. Dit kom nadat die appèlhof verlede maand Pistorius se aanvanklik vonnis van ses jaar tronkstraf, wat deur regter Thokozile Masipa opgelê is, aangepas het in reaksie op ʼn appèl van die staat.

Die staat het aangevoer dat daar geen wesenlike en dwingende faktore was wat regverdig het dat Masipa van die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar vir moord moes afwyk nie. Die appèlhof het in ag geneem dat Pistorius reeds tronkstraf uitgedien het.

Pistorius dien tronkstraf uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, wat op Valentynsdag 2013 in Pistorius se huis in Silver Lakes doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

PJC ·

In die plek waar hy nou is kan dit ń mens duur te staan kom as jy nie jou humeur in toom kan hou nie. Vra maar enige lid van korrektiewe dienste.

chris ·

Wie is dit nou weer ?, daar is baie gevangenis in die tronk en as almal se ou storie geplaas word is die koerant te klein ,

REGTIG???? ·

Hkm is dit nog nuus. Ek is seker daar word elke dag in tronke onder mense baklei en gestry. Oscar het sy straf gekry en dien dit uit. Los die man in vrede…….

Annie ·

Aaag shame moet ons hom nou jammer kry. Daai ou kneusplekkie is niks in vergelyking met wat Reeva deur gegaan het nie. Hy soek net aandag !!!!

Tas ·

Ja ek kry hom jammer hy is net so mens soos jy.Hy ook iemand se seun en broer ens.Wie jy om te oordeel.

Hester ·

Annie ek stem saam met jou, En die mense wat se ” LOs die arme man uit ” Weet julle hy gaan altyd in die nuus wees vanwee sy bekendheid en sy HUMEUR.

Lizel ·

Dis snaaks dat 99% van julle oordeel en tog is dit n groot sonde

Cherokee ·

Balk, verwys asseblief na enige plek in die Skrif waar jy lees dat dit ‘n moordenaar was wat langs Jesus was.

Frans C ·

In die Boodskap word geskryf dat twee terroriste saam met Jesus gekruisig is.

bollie ·

Watter Skrif, die ou , die nuwe of die wat sommer net vertaal word om lekker te lees?

Poplap ·

Rerig niemand wil hiervan weet nie. Die media en die Oscar clan kan maar net nie aanbeweeg nie. En vir die wat weer met hulle jy mag nie “oordeel” bog kom. Word wakker! Die oordeel is gevel deur die howe move along en get a life asb tog.

Valerie ·

Ja, die “oordeel nie” stuk verstaan maar min mense, Poplap. Ek staam saam met jou, 100%.

Lientjie ·

As n persoon langer as 6 jaar moet sit, is hy veronderstel om in MAKSIMUM te wees. Hoekom is Oscar nog in Atteridge as sy vonnis verlang is!!!!

Tas ·

lol lees jou regte daar baie mense wat lewens lank is wat in daai afdeling sit .

Bets ·

Ek stem met jou saam, vergifnis is alles, hkm kan niemand hom vergewe nie terwyl GOD hom lankal vergewe het. Wat moet hy meer doen, hy het alreeds gewys hy het swaar gely met haar dood, hulle was lief vir mekaar

jaco ·

as hy lief was vir haar, hoekom skiet hy haar? en NEE…dit was nie n perongeluk nie.

Elmarie ·

Almal het hom vergewe, dit sê nie hy moet nou nie sy straf uitdien nie… God sê self ons MOET ONS LANDWETTE GEHOORSAAM. Hy MAG NIE IEMAND VERMOOR het nie en as hy het sê ons WETTE moet jy straf uitdien….

Andre Traut ·

Ai ou Oscar, ek is steeds team Oscar. Sterkte ou maat

Sussie ·

Ek stem saam met jou Andre, ons het hom lankal vergewe en en aan beweeg, hy moet die res van sy lewe daarmee saam leef en wie is ons om te oordeel?

Carpe Diem ·

Waarvoor het jy hom vergewe??!! – dis Reeva se ouers se plek om te vergewe al dan nie. Wonder of hy weer sonder sy prostese was dat hy toe nou weer beangs en vreesbevange was toe hy en die ander gevangene mekaar aangevat het – sy verweer in die hof was dat hy “vulnerable” was en daarom het hy geskied….

HPV ·

Oscar is in die tronk deur sy eie toedoen, hy is in ‘n hof verhoor en veroordeel. Deur in kommentaar na sy skuld te verwys beteken nie noodwendig dat iemand hom veroordeel nie, dit is ‘n feit wat niemand kan verander nie.

Hansie ·

Snaaks, hoekom kry ek die gevoel dat hierdie die eerste van n sagmaak proses is sodat daar na alternatiewe strawwe gekyk kan word, want dis te “gevaarlik” vir Oscar in die tronk

Raponsie ·

‘n Kneus plekkie… En dis nou nuus? Baie mense kom in bar fights met ‘n bloed neus en dis nie nuus nie. Gaan ons nou nuus kry oor elke krap merkie wat Oscar in die tronk kry… ?

Linda ·

Ja, right! Kom ons vergewe al die misdadigers. En laat hul uit die tronke kom.
Hul sit daar vir ‘n rede.

Connie ·

Ek kry Oscar baie jammer en wens hy kan vry kom. Hy hoort nie in die tronk nie. Gee liewer vir hom gemeenskapswerk.

Alle moordenaars.... ·

Ja, kom ons kry alle moordenaars jammer.
Laat almal gemeenskap diens doen!
Ons maak die tronke toe en ons belasting geld kan vir ander goed aangewend word….slim plan Connie!
…elke moordenaar, elke krimineel het tog IEMAND wat hom/haar jammer kry.

Andre ·

Mooi man, ek hoop nie dit is die laaste keer wat dit gebeur nie.

gekke en dwase.................. ·

slim leser: jy tik jou kommentaar, baie keer baie oorhaastiggggggggggg om jou se te se!!! NOU WORD DIT GEPLAAS, KYK JY WEER DAARNA? JOU OPINIE, JOU GEDAGTES, JOU HANDE WERK? JOU VINGERS HET DIT GETIK, JOU BREIN HET DAAI GEDAGTE GEFORMULEER, KYK JY WEER DAARNA? EK wonder maar net, is jy trots op jou idee wat geplaas word

Anoniem ·

Daar is soveel ander moordenaars in die tronk maar daar word nie n ophef van hulle gemaak nie en moordenaars is nie helde nie dus asb media moenie van Oscar n held maak nie in die ou dae soy hy lankal gehang gewees het en dit is wat hom sowel as ander moordenaars toekom die doodstraf

Christo ·

Gaan ons nou alle moordenaars vergewe want hulle is iemand se seun, broer, pa ? Moet hulle die arme plaas moordenaars, kapers en transito rowers, wat gemoor het ook jammer kry en gemenskap diens gee, siende dat hulle ook swaar kry en dalk jammer is ? Jammer ja – jammer omdat hulle uitgevang is.

Mense met hulle dubbele standaarde maak my siek.

Lucas ·

Laat ek maar wéér probeer, hopelik hou MM die keer my kommentaar. Ek stem 100% saam jou Christo, Oscar is n moordenaar en moet soos een behandel word. Hoekom moet hy uitkom maar nie die plaasmoordenaars nie.

NET SO ·

BLA BLA BLA,
Ons moet hom vergewe, as julle die bybel wil voor gooi as verdediging vir die VENT.
Doen dit reg, in die Bybel staan dat jy vergewe word mits jy jouself vergewe en dit kan jy slegs doen deur te erken van jou daad vir vergifnis wat die mannetjie NIE GEDOEN het nie.
Hy lewe in ontkenning, en hoe kan mens n onderskeid TREF tussen reg en verkeerd SONDER om n oordeel te skep.

Helene ·

Ons SA-nasie is maar ‘n onvergenoegde nasie! Vergifnis is maar dun gesaai in die korrupte land van ons!

Cassie ·

Ek is seker daar is mense wat Oscar al vergewe het en daar sal mense wees wat hom nie kan vergewe vir wat hy aan Reeva se familie gedoen het nieDie Bybel se die dooies sorg vir die dooies en die lewendes sorg vir die lewendes daarom kan niemand se Reeva het Oscar vergewe nieAs jy die hele hofsaak gevolg het dan stel ek voor jy kyk na die regsterme dolus eventualus en dolus directus.Dit kan moontlik help om mense beter te laat verstaan.

Theresa B ·

Ag regtig – gaan ons nou elke keer hoor as hy sy vinger stamp? Sulke dinge gebeur in tronke elke liewe dag. Jy hoor net nooit in die media daarvan nie. Nou omdat dit Oscar is – sal ons nou elke keer verveel word met elke hoofpyn wat hy kry. Regtig – daar is ander belangriker/ dringender nuus van belang.

Arme Oscar ·

Hy gaan nou seker gehospitaliseer word, aangesien die besering nuus is. Foeitog. Ek hoef hom nie te vergewe nie. Sy daad was nie teen my nie. Hy het Reeva se ouers beroof van ‘n inkomste, sy het maandeliks vir hul geld gegee, hy het hul beroof van ouers wees van ‘n pragtige bruid, van moontlike kleinkinders, en moontlike versorging as hul oud is. En dit is wat my walg elke keer as ek iets oor hom lees.

Elmarie ·

God vergewe die mens, maar veroordeel self die daad. Ons het Oscar ook vergewe maar sy straf vir die DAAD moet hy uitdien. God sê ons moet ons landswette gehoorsaam. Ons landswette sê jy mag nie moor nie en as jy doen moet jy gestraf word. Dit is AL WAT HIER GEBEUR, HY DIEN DIE STRAF VIR SY DAAD UIT… Hou op om hom jammer te kry NET OOR HY NOU PARAPLEEG IS. As hy enige ander normale man was het hy nie AL DIE AANDAG EN JAMERTE GEKRY NIE. As jy die wet oortree Moet jy gestraf word, hy is nie VERHEWE BO DIE WET NIE…

Arme Oscar ·

Hy gaan seker nou gehospitaliseer word! Foeitog. Ons is regtig keelvol vir die mannetjie. Ons hoef hom nie te vergewe nie, want hy het niks aan ons gedoen nie. Ek is jammer vir Reeva se ouers wat nou sonder ‘n inkomste sit, [sy het vir hul gesorg] beroof is van ouers wees van die bruid, kleinkinders en tien teen een versorging as hul oud is. Rerig ons stel nie meer belang nie. Ja ek sal nie weer ‘n berig oor die vent lees nie.

Hondmak ·

Arme Oscar – sou jy dieselfde gevoel het as die slagoffer ‘n nikswerd, geslepe dief was? Hy’t nie beplan om Reeva te vermoor nie, hy het gedink hy skiet na ‘n inbreker.

Poplap ·

Hier is ‘n paar onweerlegbare feite:
1. Ozzie is skuldig bevind aan moord.
2. Hy is veroordeel dus is die oordeel gevel
3. Ozzie se vergifnis lê nie in die hande of denke van
enige mens op hierdie blad nie daarvoor is daar
‘n parool raad.
Got it? Mooi so nou ja hou op teem oor oordeel en vergifnis. Dit sit rerig in niemand se broek behalwe die sisteem om dit toe te pas nie. Asb move along kry iets anders om oor te fantaseer, halusineer en redeneer. Die feite spreek vanself en sit gaan Ozzie sit. Fluit fluit die storie is uit!!

Hondmak ·

Daar is ‘n moewiese graadverskil tussen om te beplan om ‘n sekere persoon te vermoor en dan te vermoor en in hierdie geval waar hy na ‘n “inbreker” in sy oe geskiet het. Die hof aanvaar dat hy gedink het hy skiet na ‘n inbreker. Hy’s bloot op grond van ‘n tegniese regspunt aan moord skuldig bevind ie, die uitleg en toepassing van ‘n mensgemaakte reels/vereistes ten opsigte van opset.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.