Oscar dalk al uit tronk wanneer appèlsaak aangehoor word

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius kan moontlik in Augustus al uit die tronk wees hoewel die staat se appèlaansoek teen sy skuldigbevinding eers sowat drie maande later aangehoor gaan word.

Pistorius is in September skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ʼn geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Hy was glo onder die indruk dat sy ʼn inbreker was. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Pistorius is gevonnis ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet waarvolgens hy ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis moet uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kan oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien het.

Intussen sal die staat se appèlaansoek teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag in November in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.

Paul Myburgh, registrateur van die Appèlhof, het in ʼn e-pos aan African News Agency bevestig ʼn presiese datum in November moet nog vasgestel word. Meer besonderhede was nie dadelik beskikbaar nie.

Regter Thokozile Masipa het in Maart Pistorius se aansoek om te appelleer teen die hof se besluit dat die staat mag appelleer, van die rol geskrap. “Ek is nie tevrede dat hierdie die korrekte hof is om hierdie aansoek aan te hoor nie,” het Masipa in haar uitspraak gesê. “Daar is regtig niks nuut in die voorleggings van die aansoeker se regspan nie. Na my mening sal dit ’n hersiening van my eie besluit wees indien ek die aansoek oorweeg. Ek dink ook dit sal prosedureel verkeerd wees om die aansoek toe te staan of te weier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Gee die man ‘n regverdige kans, op rehabilitasie en om ‘n waardige lewe te kan lei eerstens as ‘n Christen en ‘n vry man wat sy skuld aan die gemeenskap betaal het.

zahn ·

Mooi man. Kan ons sommer vir Reeva ook ‘n tweede kans gee asb? Waardige lewe. Jip. Net so groot sprokie soos nkandla.

Dave ·

Regverdige kans? Waardige lewe? Nadat hy Reeva haar lewe gekos het?

Rina Pretorius ·

ek wil net graag se, Reeva is op die beste plek op die stadium, sy sal nie wil terugkom nie, God se huis is die beste plek ooit. Ja ons mense hier mis haar en haar plek is leeg maar sy is nou deel van die ewige lewe waar geen pyn mot of roes is nie. Laat sy sag rus, Oscar lewe en laat ons mense asb vergewe en vergeet want ons moet baie versigtig wees om nie ons oe in die hel oop te maak agv ons oordele nie. Laat ons eerder vir Oscar vergewe en laat hy ‘n kans kry om ‘n beter mens te word, kom ons bid vir hom want glo my hy kry swaar hoor, hy wou nie moord pleeg nie

Susan ·

As Oscar skuldig was glo ek sou die uwe GERRIE NEL hom skuldig aan moord kon kry in die hof maar kon nie en hy is die beste laat n mens wonder.

Dave ·

Maroela, verwyder asseblief simpel briefies soos die van ene Francois met sy groot bek.

lalla ·

Ek stem saam met Rina. Laat ons liewer vir hom bid as was ons hom beoordeel. Nie een van ons is sonder foute nie!

Rietjie ·

Ai jai mense kan oordeel. Hoeveel moorde hang nog in di lug wat reel om hul lewensmaat te vermoor. Ja Oscar ek is jou held en elkeen het foute niemand is sonder foute gebore e daar om te oordeel. Sy saak verskil in elk geval vd ander sake wat nog in die lug hang. Ek het tonne van sy berigte van dat dit gebeur het. En ek sal sy held bly en dink baie baie aan hom. Ag Gerrie het ek nie tyd voor al is hy hoe goed. hehe en toe eendag loop hy op kerkplein verby en groet my di smile ai tog. Ag elkeen het seker maar sy trots om te wys kan dit doen. Ossie my held ek dink aan jou

petro ·

Rina, Ek wil net graag weet waar lees jy dit dat Reeva nou in God se huis is? my Bybel sê stof is jy en tot stof keer jy terug en sal rus in die graf tot en met die wederkoms,wanneer Jesus met die geroep van ‘n aartsengel die grafte sal oopmaak en die wat gesterf het in Christus eerste sal opstaan Hom tegemoet in die lug saam met die lewende regverdiges 1Thes 5 Het iemand al gewonder hoe Reeva se familie voel /die gemis die verlange. Met sy familie het ek ook empatie.Natuurlik wil hulle hom graag uit hê,maar ongelukkig moet ‘n mens die gevolge dra van jou dade. ‘n Slegte humeur is geen verskoning en al het sy wat gedoen dit gee hom nie die reg om haar lewe te neem nie. Maar dis te maklik moor,steel ,roof-die beloning is groot!!!!Jy kry of free boarding & lodging of jy word president.Dit hang af wie jy is en wat jy het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.