Oscar gaan staat se appèl teenstaan

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius se regspan sal Vrydag appèl aanteken teen die hof se besluit dat die staat mag appelleer teen sy skuldigbevinding.

Regter Thokozile Masipa het die staat se aansoek, om appèl aan te teken teen sy skuldigbevinding op strafbare manslag goedgekeur, maar die aansoek om teen sy vonnis van vyf jaar te appelleer, van die hand gewys. Die staat wil hê Pistorius moet skuldig bevind word op die ernstiger aanklag van moord.

Pistorius is in September skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ʼn geslote toiletdeur by sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Hy was glo onder die indruk dat sy ʼn inbreker kon wees. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.