Oscar glo kort ná skietery by partytjie

Oscar Pistorius in die hof Foto: Daniel Born/Pool, SAPA

Oscar Pistorius in die hof Foto: Daniel Born/Pool, SAPA

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het glo minder as twee maande nadat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, partytjie gehou, het die Sunday Times berig.

ʼn Sakeman wat anoniem wou bly, het aan die koerant gesê Pistorius het op 6 April verlede jaar ongenooid by sy partytjie in Illovo, Johannesburg opgedaag.

Pistorius staan tereg op aanklag van moord nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ʼn geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Die koerant het Sondag anonieme bronne aangehaal wat glo gaste was by die partytjie. Hulle het gesê Pistorius was aanvanklik stil, maar nadat hy baie gedrink het, was hy op die dansbaan en het met ʼn vrou flankeer wat hom verwerp het.

Berigte het onlangs aan die lig gekom dat Pistorius verlede Saterdagaand by die VIP Room in Sandton, Johannesburg, in ʼn onderonsie betrokke geraak het met sakeman Jared Mortimer. Mortimer het aan die Star gesê Pistorius was onder die invloed van alkohol toe hy pres. Jacob Zuma beledig het.

Pistorius se oom, Leo Pistorius, het later namens die familie ʼn verklaring uitgereik en gesê dit was nie ʼn wyse besluit van die atleet om in die openbaar te verskyn terwyl die hofsaak aan die gang is nie. Hy het gesê die familie het egter gesien Pistorius vereensaam. Hy het Mortimer se weergawe van die aand se gebeure verwerp en gesê die sakeman was die aggressor in die voorval.

Pistorius se moordsaak hervat op 7 Augustus wanneer slotbetoë aangehoor sal word.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

rika ·

Ek glo gladnie die berigewing nie. Almal lewer nou anoniem kommentaar. Ek dink as die Oscar saak verby is gaan baie koerante platval, want die “anonieme ” mense kan dan nie meer kommentaar lewer nie. Oscar is in elkgeval te ordentlik om ongenooit by n geleentheid op te daag. Ek is nogal terleurgesteld dat Maroela Media so berig plaas.

Hennie ·

Rika, jou emosies oor ou Oscartjie hardloop met jou weg! Hy is aangekla van moord op sy vriendin na ‘n rusie. Wag vir die saak om sy gang te gaan. Die reg sal seëvier. “Te ordentlik” Watwou?

Babs ·

As die koerante nie ‘n Oscar berig plaas nie het hulle niks anders om oor te skinder. Is die Sunday Times die Engelse Sondag koerant. Ons wil nie elke keer weet as Oscar melk gedrink of sokkies geruil het nie. Daart gebeur so baie goed in SA maar dit lyk my een nuusblad haal maar net die berigte uit ‘n ander sodat daar iets is om oor te skryf.

pop ·

Rika jy kan nou opkom vir die mannetjie soveel jy wil, wag dat jy in stuasie sit waar n oscartjie een van joune doodskiet oor hy aan n woede steurnis ly, dan glo jy ook nie al die stories nie. Ons ander glo alles want ons sien mos watse akteur hy is. Hy moet maar movies loop maak na die hofsaak, want daai regter glo ook al sy nonsens.

Anon ·

Wat maak dit saak wat die ou doen? Wil julle nie dalk vir ons se wat se kleur onderbroek hy ook aan het nie of wanneer hy toilet toe gaan nie? Net omdat hy bekend is en aangekla word vir moord moet ons nou als van hom weet. Wat maak dit saak as hy na die skietery by n partytjie was? Dit het niks met ons uit te waai nie. Daar is ander nuus ook. Asb, ons wil nie als van hom weet nie.

Oom Japie ·

Jitte mense. Oscar is nuuswaardig want hy is wêreldbekend. Die koerante sal stupid wees as hulle nie elke beweging wat hy uitvoer oor berig nie. Niemand verplig iemand om ‘n berig te lees nie. Ek vat byvoorbeeld sport. Ek stel glad nie belang wat op die sportvelde gebeur nie, so ek slaan net eenvoudig daai eentonige, vervelige berigte oor.

Justi ·

Ek wil net vir Maroela se dankie vir elke berig wat geplaas word.

Oom Japie, ek staan 100% agter jou.

Die wat nie in die berigte belang stel nie hoef dit mos nie te lees nie?

Belinda ·

Ek stem Oom Japie en as dit nie nou op Maroela is nie en hy word dalk onskuldig verklaar dan gaan almal weer maon hoekom was die voorval van die “ordentlike oscar” dan is julle weer in die moelikheid maar ja as hy verkeerd doen wil ek ook alles weet………………….

Marieta ·

Ag siestog. Hoe wil dit nou al klink of anonieme sakeman en Mortimer dalk voels van eenderse vere kan wees? Of is hulle dalk kennise of vriende wat nou probeer om “geloofwaardigheid” aan Mortimer se storie te gee? Waar is die bewyse vir die nuwe aantygings, en hoekom nou eers vorendag kom daarmee? Kan dit met fotos gestaaf word?

MT Tosen ·

Koste gewys sou n tou , n hoe boom en n piekniek wat die ouers van die meisie gereel het baie minder kos , Die koste van die piekniek word deur die moordenaar se familie gedra . Moord bly moord .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.