‘Oscar het voorkeurbehandeling ontvang’

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak op 11 September 2014 gelees het. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak op 11 September 2014 gelees het. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Die Progressive Women’s Movement of South Africa (PWMSA) het die besluit om Oscar Pistorius se vrylating onder korrektiewe toesig op te skort, verwelkom.

Jacque Mofokeng, PWMSA se mede-sameroeper in Gauteng, het gesê dit was ʼn bedekte seën dat Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, die uitdagings wat vroue in die gesig staar kon raaksien. Mofokeng het gesê wat Masutha Woensdag gesê het, was ʼn bewys dat Pistorius voorkeurbehandeling ontvang het.

“Ons wil net hê almal moet regverdig behandel word,” het sy gesê. “Ons is nie teen die gereg nie. Ons hoop dat Oscar tien tot 15 jaar [tronkstraf] kry met geen parool nie.”

Masutha het Woensdag die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, na die paroolhersieningsraad terugverwys aangesien hy voel dat daar geen wetlike basis is waarop die besluit geneem is nie. Volgens Masutha is die besluit oorhaastig geneem aangesien Pistorius eers op 21 Augustus in aanmerking kan kom vir die oorweging van parool of korrektiewe toesig.

Reeva Steenkamp sou Woensdag haar 32ste verjaardag gevier het. Volgens Mofokeng het Reeva se ouers, June en Barry, die dag op die strand deurgebring. Toe sy die nuus aan hulle oorgedra het, het hulle gemoed volgens Mofokeng gelig en het hulle gesê: “Dit is die beste dag vir Reeva.”

Die PWMSA het Maandag ’n amptelike petisie by Masutha se kantoor ingehandig waarin hulle hul teenkanting teen Pistorius se vrylating uiteensit. Die staat het ook Maandag hul betooghoofde ingedien om teen Pistorius se skuldigbevinding en vyf jaar vonnis te appelleer.

Die staat vra die appèlhof om Oscar se skuldigbevinding van strafbare manslag na moord om te keer. Dit sal beteken, indien die appèl suksesvol is, dat Pistorius se vonnis met ʼn baie swaarder vonnis van ten minste 15 jaar tronkstraf vervang word.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Michiel ·

Kan net hoop dat die appel suksevol gaan wees. Oscar moet 15 jaar sit.

Johan 2 ·

As mens maar net kon weet wat werklik gebeur het daai aand. Het hy hom vererg en haar vermoor of werklik gedink dis n inbreuker….hoekom kon Masipa (vreeslikke naam ne) nie net vir ons gesê het nie.

Vic ·

Ek hoop net ander vroueverenigings ( vroue landbou unie ens), gaan ook so paraat en voortreflik wees en n ogie hou op alle parole en ontslagte van verkragters, moordenaars en rowers, en groot protes aanteken sou hulle vroegtydig op parool geplaas word

Loeis ·

“Ons wil net he almal moet regverdig behandel word”. Dis opmerklik hoe sy dit van Oscar gese het maar doodstil oor Clive Derby-Lewis was. Almal moet dan regverdig behandel word.

Loeis ·

Daar was nie ooggetuies nie,so ons weet nie verseker wat presies gebeur het nie. Dit maak egter nie saak nie. Volgens Oscar se eie verklaring het hy op ‘n toe deur geskiet terwyl hy geweet het dat daar iemand daar binne was. Die aanklaer was reg toe hy gese het dat, as daar wel ‘n inbreker in die toilet was, Oscar steeds aan moord skuldig bevind moes gewees het. Jy mag slegs dodelike geweld gebruik as jy aangevaval word, of as ‘n aanval op die punt is om te begin, en enigiemand met ‘n greintjie verstand kan insien dat dit nie die geval was nie. Daar is versagtende omstandighede maar die skuldigbevinding moes moord gewees het. Die vervolgingsgesag het ‘n baie goeie kans om op appel te slaag.

MK ·

Gaan jy beter voel as die man nog ‘n week langer in die tronk sit?
Hetsy Oscar in ‘n tronksel of die luukse van sy oom se woning sit gaan hy homself nooit vergewe vir dit wat gebeur het nie. Laat die man toe om die stukke van sy lewe op te tel en te probeer aangaan met sy lewe.

Maggie ·

dis werklik tyd dat Oscar gesien word vir die moordenaar wat hy is

Gerda ·

Hoekom word daar nie so opgetree teenoor KINDER VERKRAGTERS NIE!!! En ook die wat mense so martel en dood maak!!!!!

wendals ·

Gerda presies almal kla oor oscar oscar wat van Winnie Mandela se kleinseun wat n meisie verkrag het maar die vroue liga se bekke is stil

christine ·

Ai vertrou die howe mense. Regter Masipa kon nie n ander bevel gee nie. Gerrie Nel moet leer om verloorte hanteer. Hulle kon net sowel gese het,ons vertrou nie ons regstellende Regter nie, nou neem ons onsself Appelhof toe.

Winston ·

Howe vertrou? Glad nie. Hierdie saak moet getoets word en op appél geneem word. Ek skaar my aan Gerrie Nel se kant en dink hy is reg. Die regstelsel het nie gevoelens nie. Mense het gevoelens aan beide kante. Dit hoort nie tuis in n hof nie.

Petro ·

Gerda Ek stem saam jou my punt is nou hkm so groot bohaai maak van dit omdat hul status het wat van die mense wat ons plaas boere vermoor en ons kinders verniel en vernietig baklei die vrou vereniging so laat hul nie moet vrygelaat word nie……NEE nes ek gedink het.En baie jammer oor REEVA se dood maar June steenkamp is al voorheen uitgewys as n gold digger so ek dink dis al waaroor dit vir haar gaan.

Zoey ·

En intussen word boere reg oor die land wreedaardig vermoor, en geen haan kraai daarna. wens daar wil so drasties opgetree word en ook so vinnig opgetree word in sulke gevalle ook. Genade tog, Oscar moet saamleef met wat ookal gebeur het, weet enige een van ons???? Nee ons weet nie. Wat het met Mnr Roodt noudiedag in hul veiligheidskompleks gebeur????? Is dit normaal om bang te wees al bly jy in ‘n veiligheidskompleks????? Tree jy altyd normaal op wanneer jy bang is of skrik???? Wat van die pa wat sy eie kind per ongeluk deur die toe slaapkamer deur geskiet het, ook gedink dit is ‘n inbreker?????? en so kan mens aangaan. Genade all of a sudden is die vroueaksies op hul beste, meanwhile gaan daar die vreeslikste goed in skole aan en elke dag in honderde mense se lewens.

lezette taljaard ·

Die wat in glashuise woon moet nie klippe gooi nie. Ek herinner myself elke dag daaraan.

Rina Pretorius ·

DANKIE VIR DIE MENSE WAT BARMHARTIG IS TEENOOR OSCAR, DIE MAN KRY SWAAR. EK IS NET SO JAMMER DAT REEVA DOOD IS, MY HART GAAN UIT NA ELKE MENS IN SUID-AFRIKA WAT GEBUK GAAN ONDER MOORD EN DOODSLAF, VERKRAGTINGS, AANRANDINGS, DIEFSTAL ENS ENS ENS. ONS LEEF IN ‘N BAIE LELIKE TYD, EK GLO DAT DIE KOMS VAN DIE VADER OM DIE DRAAI IS.

Fred ·

Goeiste mense waarom die groot boehaai oor Oscar,, wat van al die ander moorde, verkragtings ens ens wat daagliks gebeur nee niemand dink daaran ni maar omdat dit nou Oscar is nou is dit Highlight age nee man dis mos baja on nodag dan moet almal wat moord pleeg top story wees ni net oscar ni muni oordeul ni wys ni vingers ni,,

Johannes ·

Moord is moord,omgeluk of nie.Wat maak oscar n uitsondering.As jy my vra moet sulke tipe mense eerder die dood straf kry soos in die goeie ou dae.

wilma ·

Ek is al so gatvol om te hoor van vroueregte. Wat van mans kinders nie blankes bejaardes. Magtig almal het dieselfde regte hoekom MOET vrouens nou so opgehef word.

HEVW ·

Baie duidelik, die emosionele wat blyk baie donker te wees, oortref die gesonde rede.

Johannes ·

Uhm, eks di trotse pa van twee pragtige dogters en as so iets met enige een van hul moet gebeur sal ek verwag dat “JUSTICE wil prevail”. En as dit nie doen nie sal ek als in my vermoe doen om die gereg in eie hande te neem,n lewe vir n lewe en moeni altyd BYBEL toe hardloop nie tensy GOD moordenaars uitsonder.

chantel ·

Oscar voel daagliks die seer van Reeva maar oordeul en wraak is nie ons sin ni maar GOD sin, en wies die 2de stem wat saam in die badkamer was en waarvan daan kom die bloed op die leer en dis nie dat hy haar met op set vermoor het nie, wie se nie sy was alreeds dood toe oscar geskiet het na die badkamer toe nie en waaroor gan almal an oor oscar wat word van eugene terblanch se moordenaars dit wil ons almal graag weet so niemand se wat hy gedoen het was reg nie maar niemand was daar om te weet wat regtag gebeur het nie!!!

Jax ·

As hy liewer maar met n klip gegooi het, dan was daar nie n moord en n debat nie. En n jong, baie mooi vrou het n jans gehad om haar lewe uit te leef. Ed Gain, die reeksmoordenaar, het nogal n soortgelyke storie gehad. Dan weer, ander mense ken mislike kinderlewes en hulle maak nie een dood uit vrees nie. As jy na die gevaar toe loop, dan gaan soek jy jou aartappelplantjie en se ekskuus agterna. Regter Masipa se moederlike instink was bietjie groter as haar regsverstand, en Gerrie is nie n slegte verloorder nie, sy Engels het hom net bietjie geniehalter

candice ·

Ja jong… die Oscar storie raak bietji uitgerek… elkeen kan sy opinie lig…. ek het nou al alles gelees en alles gehoor…. punt is… it was murder. Mens skiet nie tensy jy weet wie of wat jy skiet nie… punt! Ooo ja.. en di 2de stem in di badkamer… iemand hierbo het iets genoem… glo jy dat daar ‘n 2de stem in di badkamer was… seker omdat Oscar dit sê? Oh please…
Die koeksisters op die website lyk darem vrek lekker…. met ‘n ou koffietjie…

ludolph ·

ek se nie dit wat hy gedoen het is reg ni . maar hoekom dit so erg maak as daar daagliks mense vemoor en vekrag word en die mense kan op borgtog uit km en dan maar net weer aan gaan .

Des ·

Johannes ek stem saam.almal wil altyd bybel toe hardloop as hulle aanjaag en moord pleeg.hy moet vir altyd daar bly.

Hanna du Plessis ·

Maak nie saak wat mense se nie, moord is moord en moet gepas gestraf word! Om na 10 maande vrygelaat te word vir koelbloedige moord, is verregaande. Sy gestremdheid het hom nie gekeer om moord te pleeg nie, hoekom moet dit hom keer om in die tronk te sit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.