Oscar hoor dalk eers dan

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die paroolhersieningsraad se besluit of die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius op korrektiewe toesig vrygelaat gaan word, is glo vir twee weke uitgestel.

Volgens mediaberigte het die departement van korrektiewe dienste die uitstel bevestig. Die paroolhersieningsraad kon glo nie Vrydag tydens ʼn vergadering hieroor al sy sake afhandel nie.

Die departement van korrektiewe dienste het op 19 Augustus aangekondig dat Pistorius nie soos wat verwag is op 21 Augustus onder korrektiewe toesig vrygelaat sou word nie. Dit het gevolg nadat Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, die besluit gekeer en terugverwys het na die paroolhersieningsraad.

Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit, wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien het.

Masutha het gesê volgens die Strafproseswet kan ʼn oortreder vir korrektiewe toesig in aanmerking kom nadat hy of sy ʼn sesde van die vonnis uitgedien het. Die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, is reeds op 5 Junie geneem en was volgens die minister dus voortydig.

Hy is verlede jaar aan strafbare manslag skuldig bevind vir die dood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, in 2013.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.