Oscar hoor dán oor parool

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige sportheld Oscar Pistorius, wat tronkstraf uitdien vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp, sal einde Maart hoor of hy op parool vrygelaat sal word.

Pistorius (36) se regsverteenwoordiger, Julian Knight, het bevestig dat die paroolverhoor op 31 Maart sal plaasvind.

“ʼn Besluit is gewoonlik dieselfde dag van die paroolverhoor of ʼn dag later bekend, en as die besluit negatief is, het die oortreder die reg om die howe vir hersiening te nader,” het Knight gesê.

Die verhoor volg ná ʼn aansoek, wat vroeër by die Pretoriase hooggeregshof deur Pistorius se regspan ingedien is om verwarring oor sy parool op te klaar, onlangs ingevolge ʼn ooreenkoms met die departement van korrektiewe dienste van die rol verwyder is.

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Foto: Twitter

Daar is aanvanklik gesê dat Pistorius eers in 2023 vir parool in aanmerking sou kom. Daar was egter oënskynlik ʼn berekeningsfout aan die kant van die departement nadat die aanvanklike 500 dae wat hy agter tralies deurgebring het egter nie in berekening gebring is nie.

Die jaar 2023 is presies tien jaar sedert Pistorius vir Steenkamp op 14 Februarie 2013 in die vroeë oggendure in sy huis in Pretoria doodgeskiet het.

Pistorius dien tans 13 jaar tronkstraf vir Steenkamp se moord uit. Hy is aanvanklik tot ses jaar tronkstraf gevonnis, maar dié vonnis is deur die appèlhof in Bloemfontein verleng nadat die staat teen Pistorius se vonnis geappelleer het.

Pistorius kom nou volgens die wet vanselfsprekend in aanmerking vir parooloorweging nadat hy al meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het.

Barry en June Steenkamp (Foto: Verskaf)

Barry Steenkamp het sowat twee weke gelede die heel eerste keer met die Britse koerant, Daily Mail, oor sy ontmoeting met die voormalige sportheld Oscar Pistorius, wat tronkstraf uitdien vir die moord op sy dogter, Reeva, gepraat.

Hy het Pistorius in Julie verlede jaar in die St. Albans-gevangenis vierkant in die oë gekyk en gevra wat presies die aand van Reeva se dood gebeur het.

Volgens Barry het Pistorius tydens die ontmoeting soos ʼn baba gehuil en steeds ontken dat hy haar met opset doodgeskiet het. Hy hou vol met die storie dat dit ʼn inbreker was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Katinka ·

Barry en June Steenkamp is wonderlike mense, wens hulle net die beste toe!
So ‘n pragtige dogter gehad, sterkte and julle almal.

Mnr De Beer ·

Stem saam. Vat n pak soos n man as jy verkeerd is. Nes duisende anders wat deur dit gaan. Wat maar Oscar anders?

Stofdonkie ·

Die duisende ander kom ook uit op parool, hoekom kan Oscar nie ook parool kry soos die duisende ander nie? Wat maak Oscar anders dat hy die volle termyn moet sit?

Mnr De Beer ·

My wiskunde is dalk nie goed maar die bewyse is daar. Hy moet sy pak vat soos n man. Wat maak hom beter as die res?

Harley Davidson ·

Ek dink nie Oscar word nog regverdig behandel nie,hy het sy straf 2 keer gehad hy moet nou vrygelaat word.

Cherokee ·

Hy het straf uitgedeel nog laaank voor sy eerste termyn begin is. Dink aan sy slagoffer en probeer jou pleidooi herhaal.

pestilensie ·

Ek glo sy weergawe , ten spyte van Gerrie se beste poging , was daar geen , maar geen bewyse van opset teenoor Reeva

TruthDealer ·

Nee. Net TE veel suspisieuse en onsinnige ongerymdhede. Ek het hulle uitgewys maar Maroela het nie my antwoord geplaas nie en ek is nie lus om weer te probeer nie.

Cherokee ·

Watter verskil het dit gehad met die uitkoms van wat gebeur het? Bôggerol.

John ·

Alhoewel ek een van die min mense is wat saamstem oor sy onskuldigheid hoop ek werklik dat Oscar se borgtog toegestaan word.

Di ·

Probleem is net dat ANDER moordenaars en verkragters binne paar maande terug is op straat!!

honeybee ·

Laat hy nou maar uit kom, dink hy is genoeg gestraf. Maar nou ja sou seker anders gevoel het as dit my dogter was. Voel jammer vir haar ouers.

Phillip ·

Reeva Steenkamp. het ook die reg gehaat om te lewe en daai reg om te lewe is haar ontneem deer Oscar Pistorius so hy moet ook ontneem word om vry rond te loop en agter tralies te bly

Marcello ·

Ek is jammer vir haar ouers, maar dit het gebeur, hy is gestraf. Nou moet die lewe aangaan vir albei partye, Oscar het nou sy straf meer as genoeg uitgedien. En hy sal vir altyd skuldig voel oor wat gebeur het, wie is ons om te oordeel.

Louise ·

Moord is lewenslank as jy skuldig is, 25jaar. wat ook inelkgeval te min is.
Wat maak enige een beter om dit vry te spring.
Daar is n rede hoekom daar tronke is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.