Oscar hoor vandag oor vrylating

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die paroolhersieningsraad sal Vrydag vergader om te besluit of die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig sal uitdien.

Die departement van korrektiewe dienste het op 19 Augustus aangekondig dat Pistorius nie soos wat verwag is op 21 Augustus onder korrektiewe toesig vrygelaat sou word nie. Dit het gevolg nadat Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, die besluit gekeer en terugverwys het na die paroolhersieningsraad.

Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit, wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien het.

Masutha het gesê volgens die Strafproseswet kan ʼn oortreder vir korrektiewe toesig in aanmerking kom nadat hy of sy ʼn sesde van die vonnis uitgedien het. Die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, is reeds op 5 Junie geneem en was volgens die minister dus voortydig.

Hy is verlede jaar aan strafbare manslag skuldig bevind vir die dood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, in 2013.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

ronel ·

Hoop regtig nie hy word vrygelaat nie..Dan kan hulle netsowel al die ander moordenaars vrylaat..Niks maak hom beter as enige iemand anders nie..Hyt iemand se lewe gevat en verdien om sy volle tyd te sit

Jacques ·

As n president wat verinderstel is om n voorbeeld te stel kan wegkom met verkragting , korrupsie en verontagsaming van die internasionale wette en alles net aflag asof dit n moerse grap is, dan kan oscar mos vrygelaat word , hy het mos n gederlte van sy vonnis uitgedien , die staat kon nie hulle saak reg hanteer het vani begin nie

Winston ·

Klaarblyklik was n “verkeerde besluit” geneem om hom voortydig op parool vry te laat? Waarom? Hoeveel gevangenes is so voortydig vrygelaat? Wonder maar net. Daar is reēls in plek. Word dit toegepas of word dit ook soos polisie wapens verkoop?

oscar aanhanger ·

Oscar byt net vas!!! Jy is binnekort by jou dierbare sussie en oom hulle!!! Moenie laat die mense “wat almal in jou kamer die aand was” jou laat stres nie, net jy en Liewe Jesus weet wat die waarheid is.

Champ ·

Laat hom sit en gooi die sleutel weg hy het ouers en dierbares se lewens verwoes,saam met die grumoord wat hy gepleeg het

marlize van aswegen ·

Wie is ons om te oordeel, maar onthou van die blinde sambok, moord bly moord !!!

pop ·

Ek gaan histeries raak as ek nog een keer Oscar se gesig sien.

Bleek Sannie ·

Hy het daai traantjie in sy oog by ‘n krokodil gesteel.

Belinda ·

Ag alweer hy in die nuus……………….same old same old al so afgesaagde ou storie die in my oe bly hy n moordenaar want iemand wat iemand vermoor is mos n moordernaar……………………en o ja my huis het geen meer vensters van al die gooi nie maar ek erken ten minste as ek iets verkeerd doen of gedoen het!!!!!!!!!!!!!!!

Skim ·

Die seer wat Oscar veroorsaak het kan nie in woorde beskryf word nie. Hy is reeds geseën met n ligte vonnis so laat hy dit ten minste ten volle uitdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.