Oscar huil homself glo aan die slaap in tronk

Oscar Pistorius word Dinsdag na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Oscar Pistorius word Dinsdag na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

The Times koerant het Donderdag berig dat Oscar Pistorius homself glo aan die slaap gehuil het toe hy die eerste aand in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria moes deurbring.

“ʼn Mens kon hom hoor,” het ʼn bron in die gevangenis aan die koerant gesê. “Kort nadat die deur toegemaak is kon jy hoor hoe hy huil, hy was gebroke. Hy het aanhoudend gehuil. Ons dink hy het ophou huil toe hy aan die slaap geraak het.”

Nog ʼn bron het aan die koerant gesê Pistorius word voortdurend waargeneem.

Volgens sy nuwe daaglikse roetine staan hy elke oggend om 05:30 op, eet ontbyt om 07:00, middagete om 12:00 en aandete om 16:00 – alles in sy sel.

ʼn Oriëntasieprogram wat 21 dae lank duur om Pistorius se risiko’s en behoeftes te bepaal, het ook reeds begin. Die oriëntasie behels onder meer waarskuwings oor die gevare van bende-aktiwiteite en smokkelary, en om te bepaal of hy ʼn selfmoordrisiko is.

Die departement van korrektiewe dienste het geweier om kommentaar oor die berig te lewer. “Ons het nog nooit ʼn stap-vir-stap-verslag gegee oor hoe ʼn oortreder op ‘n daaglikse grondslag vorder nie, en ons gaan dit nou doen oor Pistorius nie,” Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, gesê.

Intussen het Fikile Mbalula, die minster van sport, aan die Cape Argus gesê Pistorius se skuldigbevinding en vonnis vir die dood van sy meisie Reeva Steenkamp merk die einde van sy internasionale atletiekloopbaan. “Vir my is sy vonnisoplegging die einde van sy reis,” het hy gesê. “Dit is jammer dat dit op só ʼn manier tot ʼn einde moes kom, maar die hof het gepraat en ons respekteer die besluit.”

Volgens Mbalula het Pistorius gehelp om deure vir Suid-Afrika op die internasionale sportfront oop te maak. “Die vonnisoplegging is ʼn baie hartseer oomblik in ons sport,” het hy gesê. “Oscar was die toonbeeld van wysheid, vaardighede en om bo diversiteit uit te troon.”

Pistorius is Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag vir die skietdood van Steenkamp. Hy is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag wat met die Vuurwapenbeheerwet verband hou. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Sy vonnisse word gelyktydig uitgedien.

Volg alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hannelie ·

Ai ek kan my net indink wat als deur sy gedagtes gaan. Arme Orcar. Baie sterkte. En onthou ons is nie hier om klippe te gooi nie. Ons kan vir hom bid.

Theresa ·

Oscar is nie die eerste persoon wat in ‘n tronk opgeneem word nie. Wens die koerante wil ophou om “bronne” te soek uit die tronk uit. Mense kry nou net ‘n lewe asseblief…………………..

SNEL ·

Ek stem saam Hannelie, ek kry hom net so jammer, hy het alles gehad en in een oomblik, alles verloor. Ons almal het al verkeerde besluite of keuses gemaak of ook te vinnig opgetree voor ons gedink het, maar omdat ons gewone mense is hoor of weet omtrent niemand dit nie; die arme man het die kollig oral op hom en selfs in die tronk los hulle hom nou nie eers in vrede uit nie. So what as hy homself aan die slaap gehuil het, los hom nou in vrede uit.

Chanel ·

Ek kan nogal dink dat hy na al die maandelange uitmergelende hofsake, nou eers kans kry om te focus op homself en die implikasie en werklikheid van alles. Ook nou kry hy dalk die eerste keer kans om te rou sonder dat hy dopgehou word. Sonder dat almal wonder hoekom, sonder dat daar dalk ‘n kamera erens is wat hom kan afneem.

Trane was nog nooit sleg vir die siel nie. Dit was skoon wat vuil en aangepak is.

Naomi ·

Ek het van die dag wat dit gebeer het alles gevolg, nie om tesien hoe n man val of om tehoor hoe n vrou dood is nie maar ek moes weet dat erens nog n bietjie menslikheid is in ons land. Ek glo dat hy nie Reeva aspris wou skiet nie. Dink vir jouself hoe voel mens die eerste 3 maande in jou verhouding, jy is so verlief dat jy skaars stry wat nog van praat van so kwaad word dat jy iemand dood skiet. Ek kan net dink hoe ha familie moet voel maar die dood is maklik, pyn stop en jou ewige lewe begin wat kan beter wees as dit? Lewe, die lewe is moeilik. Ek kry hom bitter jammer want hy moet met homself saam leef elke dag, n omgeluk kan enige oomblik gebeer en jou lewe gaan begin draai en niks gan dit stop tot jy ook eendag wakker word en besef jy is in n tronk sel. Die aand na Oscar se fonnis kon ek nie slaap nie en toe die son opkom kon ek net dink hoe verlig hy moet wees dat die son werklik op gekom het. Ek sal nooit opstaan vir n moordenaar nie, iemand wat n ander mens in die oe te kyk en die sneller te trek is barbaars maar ek is mens en mens maak foute, ek het nooit gehoop dat hy skot vry hiervan afkom nie want hy het ha dood geskiet maar net die om tedink wat deer sy kop moet gan elke dag elke oomblik van elke dag, ek kry hom jammer… ons kan net bid dat God hom vergewe en dat hy n beter en sterker mens sal wees na die tyd, maar maak nie saak hoe sterk hy gan wees nie hy sal nooit kan vergeet tot hy ook sy asem uit blaas.

Nina ·

Hemel, soos aasvoëls om ‘n karkas! Dis om van naar te raak. LOS DIE MAN NOU UIT! Verdomp, man!

Liz ·

Ek stem saam – los hom nou uit – maar hou aan bid vir albei families en vir Oscar – ek het ook ‘n seun en ek het ook ‘n dogter – dieselfde ouderdom as Oscar. Ek bid vir jou Oscar – mag God uit hierdie tragedie goed bring – soos Sy Woord vir ons sê!

Sylvia ·

Hoop hy huil homself vir die res van sy lewe elke aand aan die slaap, soos wat Reeva se ouers moet doen. Hy verdien baie minder as wat hy nou ontvang.

Grieta ·

Sylvia – eendag wanneer ons almal voor God gaan verskyn – sal jy dan nog die waagmoed he om te wat jy gese het – nie jy of enige mens op hierdie aarde mag oordeel nie – los dit God. En H, jy is heeltemal korrek – PASOP SYLVIA – dat jou mat nie ook onder jou voete uitgeruk word nie – se ek maar net

Hannes ·

Gaan Maroela nou ook op ‘n dag tot dag basis oor Oscar berig? Dis inderdaad om van naar te word.

Johan ·

So moet ons maar almal betaal vir ons dade al voel ek dat dit teligte straf is vir dit wat hy gedoen het maar sy geld het hom darem nie heeltemal uit tronk gehou nie Wanneer kyk ons na die ander kant want as dit my dogter was wat hy vermoor het of dalk jou dogter ons weet mos hy het geweet daar is n lewende weese agter die deur en dit op self maak dit moord.

dave ·

Weet julle hoe baie huil Reeva se ouers hulself aan die slaap.

tania ·

Have a heart, compassion an empathy cost nothing pity few people have it thats why we end up with such situations, if the world had more people with a heart we wouldnt have such situations

Wonder maar net ·

Wonder maar net die een helfte “bid” vir OP en almal in die land wat nie saam met hulle stem nie en die ander spreek hulle sieninge uit. Hoekom lees diegene wat moeg is vir die OP sage dit nog steeds…….?!

Conrad ·

Nou wonder ek wat het ek verkeerd gesê? Wat was fout met my kommentaar?

Andre Harding ·

Ek bid dat Oscar homself weer sal vind en veral dat hy sterker , wyser en nederiger uit die tronk sal kom . Die pad wat hy in die tronk moet stap , sal hy alleen moet stap. Kom ons bid vir hom om dit waardig en met self respek te doen.

h ·

Sylvia, Oppas. Baie mooi oppas. Die lewe het soms drastiese, onverwagte wendinge.

HEVW ·

Mense Oppas. Baie mooi oppas. Die lewe het soms baie drastiese, en onvewagte wendinge. Laat ons maar liewer vir hulle bid en veral ook vir onsself en ons kinders bid!!

Smiley ·

Siestog, die arme arme bloeitjie.
Hy gaan nog baie huil, dis net bietjie te laat vir spyt.

Lien ·

Weet julle wat, ek dink die arme man het nou genoeg gehad. Los hom nou uit sy hele lewe is verwoes, daar is nie eers n toekoms meer oor vir hom nie.

Ek wil net een vraag vra. Was Reeva regtig so n onskuldige poppie? wat dryf n mens tot so n daad???

Jaloesie miskien? word jy dalk daartoe gedryf? wat sal jy doen as jou geliefde ontrou aan jou is??? moooooor? vra jouself die vraag af. Dan oordeel jy>

Watter rede ookal ek voel bitter jammer vir hom.

charmaine de wet ·

Sterkte Oscar ons lewe elke dag in vrees in die nuwe SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.