Oscar huil, maak braakgeluide tydens getuienis

Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool/SAPA

Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool/SAPA

Reeva Steenkamp het waarskynlik net ʼn laaste paar asemteue geneem nadat haar kêrel, Oscar Pistorius, haar in die kop geskiet het, het die hooggeregshof in Pretoria vandag gehoor.

Prof. Gert Saayman, spesialis-forensiese patoloog, het tydens sy getuienis Steenkamp se kopwond beskryf en gesê die tipe wond sal ʼn persoon dadelik buite aksie stel. Saayman het getuig dat Steenkamp ook ʼn wond in haar bo-arm en een tussen haar wysvinger en middelvinger en in die heup opgedoen het. Volgens Saayman kon die ander wonde ook noodlottig gewees het. Saayman sê Steenkamp se regterheupbeen is gesplinter en het dit waarskynlik tot gevolg gehad dat sy onstabiel was. Saayman het vroeër getuig dat die soort ammunisie waarmee Steenkamp geskiet is, ontwerp is om die maksimum weefselskade aan te rig. Pistorius het gedurende Saayman se getuienis telkemale begin huil en braakgeluide gemaak. Die verhoor duur Dinsdag voort.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Slim Daan ·

Uhm. Nou staan hy ewe verbaas om te sien wat die effek daarvan is om met grootmensgoed te wil speel, maar die anderdag toe hy met ontploffende waatlemoene Dirty Harry-manewales op die skietbaan uithaal – het hy allermins gesnork en opgebring.
Ek’s jammer. Sy leuentjie dat hul soet om ongeveer 22:00 gaan slaap het, strook nie met die patoloog se getuienis nie. Die onverteerde voedsel in haar maag vertel sy amper tot net voor die tragedie hom afgespeel het, wakker moes gewees het. Voeg daar by dat dr Stipp getuig het die woonhuis se ligte aan was tydens die angsvolle gille, begin die prentjie heel anders lyk as sy weergawe van soetjies in die bed te wees in n stikdonker huis.
Voorspel hy gaan vorentoe nog meer ” flou ” val. Alles ou truuks van n narcistiese sosiopaat.

Danielle ·

Daar loop baie narcisistiese sosiopate tussen ons.

Ek hoop steeds dat geregtigheid sal geskied. Let wel, ek oordeel nie.

Theresa ·

Ek hoop geregtigheid geskied. Maar gister het die knaap seker “besef” wat hy regtig aangevang het. Om te huil en braakgeluide te maak sal niks aan die saak verander nie. Die “berou” elke dag sal seker in sy guns tel.

chantel ·

Weet as ek n sakie kan lig kan eers waarna toe die saak gelig word voordat enige kommentaar gelewer word. Hier word twee families ook betrek wat albei kante kinders verloor. Maar ja dis gewoonlik die persoon wat so praat wat nie n benul het van ouerskap of enigsiNs waardes in die lewe het nie. En my oog almal loop n pad maar jy verkeerd gaan niemand is volmaak nie en weet as dit we’ll waar is van oscar dink jul as die heer saam ons as liggaamlik in mens was sy hy oordeel?????????

Slim Daan ·

Can’t Tell.
Duidelik is die moderator heel inskiklik met jou Khoi / San dialoog : – ” en my oog almal loop n pad maar jy verkeerd gaan……”. Daarenteen word die keurige aanwending van my soetste taal, summier verwyder!?
Soveel dae soveel dinge. ( Volgende stop dan maar seker Dis Gevaaalik.com? )

Annatjie Labuschagne ·

‘n Normale mens sou nie gedoen het wat Oscar gedoen het nie. Ek dink hy het vreeslik pyn in die bene gehad as gevolg van die prosteses wat hom geskaaf het. Om die pyn te verlig het hy heelwaarskynlik verdowingsmiddels gebruik die nag van Reeva se dood en ook die ander kere wat hy sommer skote afgevuur het. Ek glo hy was lief vir Reeva en sou haar nie dood geskiet het as hy geweet het wat om hom aangaan nie. Het iemand ooit gedink om sy bloed te toets na die noodlottige voorval. Ek sê nie dat ‘n mens die moord moet goedpraat nie, dis absoluut verkeerd om iemand van sy lewe te beroof, maar dink ‘n bietjie aan die geweldige sielkundige probleem wat hy gehad het as gevolg van sy gebrek. Hy kon nooit soos ‘n normale mens goed doen nie.

Annie ·

Ek stem saam, Annatjie… hy moes soveel harder werk as ‘n normale mens. Was al die ding wat hy aangevang het, waaroor hy nou so veroordeel word, nie maar net ‘n manier om te bewys dat hy soos ‘n normale mens sonder enige gestremdhede, kan leef nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.