‘Oscar is ʼn gebroke man’

Oscar Pistorius Woensdag (15 Junie 2016) in die hof. Foto: eNCA

Oscar Pistorius Woensdag (15 Junie 2016) in die hof. Foto: eNCA

Oscar Pistorius se verdediging het Woensdagmiddag sy slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria afgehandel.

Adv. Barry Roux, namens Pistorius, het aangevoer dat daar verskeie versagtende omstandighede is wat in ag geneem moet word vir vonnisoplegging. “Die beskuldigde het homself gestraf en sal voortgaan om homself vir die res van sy lewe te straf.” Volgens Roux het Pistorius sy toekoms saam met Reeva Steenkamp, sy gesondheid, sy bates en sy loopbaan verloor. “Hy is ʼn gebroke man,” het hy gesê.

Roux het gesê die verhoorhof het reeds met die aanvanklike vonnis die verswarende omstandighede soos deur die appèlhof geïdentifiseer is, in ag geneem. Hy het gesê Pistorius het reeds 12 maande tronkstraf uitgedien en dat dit vir hom erger was as ander gevangenes weens sy gestremdheid. Volgens Roux het Pistorius ook al sy rehabilitasieprogramme suksesvol afgehandel.

Roux het Pistorius hierna in die hof versoek om op te staan. Pistorius het voor in die hof gaan sit waarna hy sy prostese verwyder het en op sy stompies voor in die hof gaan staan het. Hy het egter erg emosioneel geraak en Roux het versoek dat hy weer gaan sit. Roux het hierna die feitelike bevindinge in die saak weer deurgegaan en veral klem gelê op Pistorius se gestremdheid.

Volgens Roux val Pistorius nie in die kategorie van oortreders wat uit die samelewing verwyder moet word nie. Hy het gesê die howe beweeg weg van vergelding as die primêre doel van gevangenisstraf. Volgens Roux het straf nie ten doel om ʼn oortreder “te breek” nie.

Roux het gesê daar is “ernstige vyande” in die saak. “Die direkte opsetteorie word gedryf en het tot gevolg dat daar ʼn onvermoë of onwilligheid is om die beskuldigde te sien in die konteks van daardie aand. Mense is ongewillig om na die feite in die saak te kyk.”

Roux het ook na ander hofsake verwys, waaronder dié van Rudi (Vleis) Visagie, oud-Springbok-speler wat per ongeluk sy dogter doodgeskiet het. “Hy het sy dogter doodgeskiet omdat hy gedink het sy is ʼn dief. Hy is nie vervolg nie en almal het simpatie met hom gehad. Almal het verstaan dat ʼn mens ʼn fout kan maak dat jy per ongeluk iemand kan skiet.”

Volgens Roux kan daar van die voorgeskrewe minimumvonnis van 15 jaar tronkstraf afgewyk word wanneer daar wesenlike en dwingende omstandighede is. “Daar hoef nie ʼn argument te wees dat dié omstandighede teenwoordig is in die saak nie.”

Oscar Pistorius Woensdag (15 Junie 2016) in die hof. Foto: eNCA

Oscar Pistorius Woensdag (15 Junie 2016) in die hof. Foto: eNCA

Roux het ook verwys na die saak van die Staat versus Malgas. Die Malgas-uitspraak hou in dat hoe groter die gevoel van ongemak by ’n regter oor die oplê van die voorgeskrewe vonnis is, hoe groter is die angs dat die regter moontlik ’n onreg daardeur pleeg. Volgens Roux moet daar ongemak aan regter Thokozile Masipa se kant wees indien daar vir haar gesê word Pistorius moet tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word. “Oscar was 03:00 die oggend op sy stompies en het geglo sy meisie is in die bed,” het hy gesê.

Volgens Roux het die appèlhof bevind dat die beskuldigde met dolus eventualis en nie dolus directus opgetree het nie. Roux het gesê dié hof het nêrens gesê daar was ʼn argument tussen Pistorius en Steenkamp of dat Steenkamp toilet toe gehardloop het en Pistorius toe geskiet het nie. Volgens Roux was Pistorius bang toe hy die skote afgevuur het en kon hy net bang wees vir ʼn inbreker, nie sy eie meisie nie.

Roux het gesê mense het jammer gevoel vir Visagie, maar voel nie jammer vir Pistorius nie weens “al die verkeerde bewyse”. Volgens Roux is Masipa se vroeëre bevinding dat Pistorius ʼn inbreker gehoor het en dat hy gewapen badkamer toe is, nie deur die appèlhof se uitspraak omgekeer nie.

Roux het gesê selfs al is Pistorius “krimineel aanspreeklik”, beteken dit nie dat sy reaksie “deur bose bedoelings” gedryf is nie. Roux het ook Pistorius se fisieke gebreke en angssteuring beklemtoon. Hy het uitgevaar teen die publiek se persepsie dat, “ondanks die feite” Pistorius met opset vir Steenkamp doodgemaak het. “Daar is geen bewyse dat Pistorius ʼn direkte bedoeling gehad het om dood te skiet nie,” het hy beklemtoon.

Volgens Roux het Pistorius skuld aanvaar en moet hy die res van sy lewe daarmee saamleef. “Die beskuldigde het ʼn persoon verloor vir wie hy regtig lief was weens die wederregtelike skietery.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

louise ·

En die steenkamp famielie is hulle Nie gebroke Nie vra maar net

Wim ·

Stem saam Louise.

As jy ‘n gebroke person wil sien moet mens na Mnr. Barry Steenkamp kyk, wat sy hele familie verteenwoordig.

Mag die Steenkamp familie die nodige krag ontvang.

dirk ·

as ek sy advokaat was sou hy baie nederiger opgetree het en op ‘n nederiger plek sy tyd uitgewag het ( huisarres) Dit skep voorwaaar n swak indruk dat hy in skynbare weelde tuisgaan en hoop op spesiale behandeling in die gevangenis. Ek glo vas Reeva het ‘n valentyns whatsapp ontvang van n eks – hom afgesê / en het hy beserk geraak. Met sy gebrek en afwesige ouers is skeidingsangs en n predisposisie vir impulsiewe gedrag moontlik en gevaarlik. Tragiese gebeure vir almal betrokke

dlia ·

Sodra God jou vergewe het het jy nie ander se vergifenis nodig nie! Sekere lede in die regering hoort in tronke vir moord !! Mense soek vergelding…… wraaksug, haat? Hul verdien seker n kick uit die feit dat Oscar ook nou “dood” gaan maw wat het van jul vergewens gesindheid geword? As God kan vergewe wie dink jy is jy dat jy kan veroordeel! Gerrie hoekom baklei jy nie so vir al die plaasmoorde nie????? Mag God jul elkeen se hart vervang met n vleis hart ipv n kliphart!!! Hoop elkeen nou tevrede met die hof se vonnis! hoop dat sou iets in jul lewens verkeerd sou gaan dat julle immers die publiek se empatie sal ontvang want soos ek afsluit en by my besluit bly …….. niemand weet wat Reeva en Oscar daaraand oor gestry het nie!!!!

Nadia Bergh ·

Ek weet eerlik nie hoe mense wat Christene is hom so kan judge nie! My suster is dood in ‘n motor-ongeluk toe sy 20 was! My ouers het nooit die bestuurder van die motor aangekla vir mansslag nie,en hul kon! Het jul al gedink as jul ‘n fout moet maak hoe jul sou voel as die hele wêreld jou klaar beskuldig het!

Catwoman ·

Oscar is n lafart wa was versagtende omstandighede vir Reeva toe sy gesmeek en pleit het vir ha lewe, as jy iemand hoor in jou huis, eerste wat jy doen, jy voel of di persoon lanks jou daar is Oscar verdien die doodstraf, di lafart wil agter leuns en trane skuil, hyt n lewe geneem nou wil hy soos n pissie tjank, Roux lat hom op sy stompies loop staan vir simpatie, waar is Reeva se simpatie, haar familie het haar aan die dood afgestaan, Oscar lewe nog (ongelukkig) Oscar is n trigger happy monster hy verdien doodstraf. Ekt GEEN simpatie, almal word swaar groot, ons kom tot n kruispad en het n keuse, Oscar se kiderdae het niks te doen met sy trigger happy cowardgeit en besitlikke jaloesie ni, hys n lae coward en verdien GEEN simpatie hy wou Reeva besit. Die Here sal met hom werk sy roem en leuns het geen invloed op di Here nie. Oscarse familie baklei vir n koelbloedige moordenaar. Ek is ook n ouer, sal nie moord duld nie. Wens Oscar se mense wil lat hy sy straf vat soos n man, he did the crime he have to do the time, Oscar man up jou coward of is jy net n man as jy met n gun in jou hand staan

MCS ·

Ja, die oordeel kom ons nie toenie! Dis n saak tussen Oscar en die Skepper! Ons moet nooit dink ons is beter as ander , en dat so iets of iets soortgelyks met ons kan gebeur nie . Ou Gerrie Nel dink ook hy is kaas en verhewe bo ander! Skaam my!

Muller ·

Hoekom almal altyd hammer op Gerrie Nel weet die hel alleen. Hy doen net sy werk, hy is ‘n advokaat, wat moet hy doen? Hy en Barry Roux doen hulle werk, dalk ophou om die mense wat in ons howe werk so aan te val en kyk waaroor die saak regtig gaan

GC ·

Ek sit maar op die draad wat Oscar se skuld/onskuld betref.
Maar MCS: God het die swaard van geregtigheid in die hand van ons heersers gegee (sonder om nou in die slegte heerskappy in te gaan) en dit is waar howe vandaan kom. Hulle is aangestel om kwaad te vergeld. Oscar sal wel eendag sy Maker ontmoet, maar vir die hier-en-nou moet hy aan die hof verantwoording doen.

Frik ·

Ek begryp dit ook nie. Elke lid van die onderskeie regspanne doen net hulle werk. Hulle is twee voorbeelde van die beste regspraktisyns in Suid-Afrika, en elke keer is daar iemand wat nouliks matriek gehaal het wat hul mond moet uitspoel oor die regsmanne of, die hemele behoed ons, beter weet as hulle… Skryf dit maar toe aan die Dunning–Kruger effek…

Andrea van Vuren ·

Nee MCS. God het Gerrie geseën met genoeg verstand om die waarheid te laat seëvier! Hy is ‘n briljante advokaat!

Victor ·

Haai siestog. Nou gee hom die 15 jaar soos die strafproseswet voorskryf vir mense wat aan moord skuldig bevind is. Hy kan sy krokodil trane in die tronk gaan huil

Joe ·

Ek stem beslis saam met jou Victor …. mense moet op hou om OP op te hemel , hy het MOORD gepleeg & moet eerder terug gaan tronk toe waar hy hoort . OP het van die begin af nie die waarheid gepraat oor die gebeure nie , nou kry hy adv Roux om dit namens hom te doen . OP moet eerder op hou om Jannie Jammer te wees & die “punch ” vat wat hom toe kom .

Koning Leeu ·

Toemaar hy sal heel word in die tronk. Hulle het pille en sielkundiges.

wilma ·

Pille en sielkundiges is net n troos. Net GOD heel. Die steenkamps sterkte. Sy is by JESUS se voete en wag daar vir julle.

Van ·

OSCAR IS ‘N GEBROKE MAN…. en Reeva is ‘n DOOIE vrou… wie is die slegste af hier…..

Simon ·

Nog ‘n Oscar vertoning van OP. Sover ek sien het hy net berou vir homself, sy hele lewe lank.

Liellie ·

My hart breek vir albei kante….. dit is absoluut ondenkbaar vreeslik wat met Reeva gebeur het en ook het Oscar my simpatie. Ek is net ‘n mens, ek het ook foute, en ek bid dat daar nooit ‘n dag sal kom dat ek voor die keuses moet staan waarvoor Oscar moes gestaan het nie. Ek se nie hy is onskuldig nie, maar ek weet in my hart hy het berou….. Dan dink ek weer aan die Steenkamps, ag my genade…. ek sal van my kop af raak as een van my dogters so iets moet oorkom. Ek vra vir genade vir Oscar en berusting vir die Steenkamps. Want wie is ons om klippe te gooi??? is ons so vlekloos?

M'Lady ·

Oscar se geld was goed genoeg vir die Steenkamps en hulle het ook Reeva se dood gemelk vir eie gewin. Geen wenner aan albei kante nie net hartseer en verdriet. Oscar is nog op hierdie aarde maar hy kan ook net sowel dood gewees het. Niks oor vir hom nie.

Neewat ·

Maar wel een groot verloorder – raai wie? Wenk – HAAR naam begin met ‘n “R”.

Karma ·

@M’Lady – kan jy staaf uit watter bronne/waar jy gelees het dat die Steenkamps geldelik deur Oscar bygestaan is? Net gister het mnr. Steenkamp getuig dat hy Oscar nog nooit ontmoet het nie. Dit is egter wel-bekend dat Reeva haar ouers dan en wan finansieël bygestaan het. Feite, asb.?

alida ·

M’Lady ek stem 100% saam met jou. Los die arme man dat hy aangaan met sy lewe en weer iets probeer doen.

Neewat ·

Ag siestog. Gebroke ou mannetjie. Die EINTLIKE slagoffer (in sy gedagte).

anna ·

ek weet ons moet boet vir wat ons doen net hy en God weet wat daar gebeur het. ons as mens maak foute dit maak nie saak wat ek en jy se nie kom ons los dit vir die geregtigheid en God

piet ·

Foeitog arme ouOscar kan maar sy trane hou vir die tronk 15 Jaar en niks minder nie nog steeds n ligte vonnis vir so n groot oortreding of jy gestremd is of ni die wet geld vir almal non wil Barry op die regter se gevoel speel wat sou hy gemaak het as dit sy dogter was .Ek voel saam met Reeva se ouers hy moet betaal ver sy onverskroke daad

Caja ·

M’Lady. Kon dit nie self beter gesê het nie! Wonder hoe lank gaan die Steenkamps nog geld maak uit die hele gedoente. Het hierdie tragedie nie plaasgevind nie , moes Oscar seker gesorg het. Sal seker binnekort weer in ‘n tydskrif verskyn en weer dieelfde ou storie van voor af vertel. Teen betaling natuurlik!

Victor ·

Hulle dogter is vermoor. Maar die moordende hel sit daar met sy glaserige ogies in die hof en kan nie kom getuig nie – maar net voor dit doen hy ‘n TV interview?

Ek is seker die Steenkamps WENS Reeva het nooit die moordenaar ontmoet nie

Liellie ·

My hart breek vir albei kante….. dit is absoluut ondenkbaar vreeslik wat met Reeva gebeur het en ook het Oscar my simpatie. Ek is net ‘n mens, ek het ook foute, en ek bid dat daar nooit ‘n dag sal kom dat ek voor die keuses moet staan waarvoor Oscar moes gestaan het nie. Ek se nie hy is onskuldig nie, maar ek weet in my hart hy het berou….. Dan dink ek weer aan die Steenkamps, ag my genade…. ek sal van my kop af raak as een van my dogters so iets moet oorkom. Ek vra vir genade vir Oscar en berusting vir die Steenkamps. Want wie is ons om klippe te gooi??? is ons so vlekloos?

Testertjie ·

Ek stem saam met Liellie. Wie is ons om die eerste klip tegooi. Sou net wou sien dat Oscar gemeenskapsdiens doen I.p.v. Sy lewe omsit in die gevangenis. Hy sal baie meer beteken vir ons jonger geslag met prostese om hulle af terig. Se maar net.

kowa ·

Verbeel ek my of het hy op ‘n stadium sy suster op sy stompies teen die trappe afgedra. Vandag het hy ondersteuning nodig om regop te staan. Wow, mis ek iets iewers. Smartvraat dit is wat hy is.

Victor ·

Hy het – mooi afgedra sonder enige probleme. Maar ons is vertel hy was hulpeloos sonder die aanstrap voete?

Wim ·

Die persoon is ‘n puik atleet en is sonder sy prosteses beweegliker as meeste sonder enige gebrek. Hoeveel ongestremde mense kan sy suster teen ‘n stel trappe afdra? Jy moet fisiek sterk wees met goeie balans.

ek ·

Haar familie is GEBROKE – haar pa is GEBROKE. Dis wat gebroke is, nie die feit dat jy spyt is jy is uitgevang en skuldig bevind nie! Die “berou” wat hy het, gaan oor juis dit – hy is jammer hy moet boet vir wat hy gedoen het, nie vir wat hy gedoen het nie! Nou hou hy en sy prokereur ‘n “show” in die hof om simpatie te wek!! Dis belaglik. Kan elke gestremde persoon nou maar gaan moord pleeg soos hulle wil, en wegkom daarmee want hulle is liggaamlik anders? NEE! Hy moet sit. Einde van storie. Laat hy maar in die tronk sit en homself jammer kry en huil tot hy uitgehuil is. Reeva se familie gaan nooit uitgehuil raak nie…

Winston ·

n Saak van moord deur n hof verhoor. Staat voer aan dat hof uitspraak nie strook met die regspraak nie en word skuldigbevinding aan strafbare manslag ter syde gestel en verander na moord deur n ander hof. Dit die gevolg van n aanklaer soos Gerrie Nel wat daarop aandring dat uitspraak verkeerd was. Soos in die uitspraak daarna bewys is.Daarna volg baie gebeure. Hofsittings en vertoë. Wie het werklik die saak laat sneeubal? Ek vra maar net…watter ratte in die regsmasjien was “gestrip”? Die saak word net oor sensasionele redes opgeblaas. Die reg het nie oë, neus ore nie en geen emosies nie. Laat die reg sy gang loop soos dit hoort dan sal minder dinge verkeerd loop.

Karma ·

@AmY – Sy familie mag gebroke wees, maar hy is nog hier op aarde. Hulle kan hom nog sien, nog met hom praat, nog aan hom raak … en ook ‘n paar jaar (as hy nou dié keer ordentlik gestraf word) is hy weer uit die tronk en kan hy sy lewe oorbou.

Reeva kan nie …. sy is dood … doodgemaak in ‘n jaloerse, woedende Pistorius wat homself nog altyd jammer gekry het oor sy gebreklike beentjies. Sy ‘vertoning’ vanoggend in die hofsaal het dit gewys.

ek ·

Ja, ek is seker hulle is – en dis baie hartseer, maar HY is die een wat daai hartseer veroorsaak het. Vir beide families. Ongelukkig die harde waarheid…

oscar fan ·

as n dronk bestuurder iemand dood maak is dit manslag nie moord nie,hyt dit nie met opset gedoen nie..wat maak Oscar saak anders……die regstelsel moet hersien word van kop tot toon….

sdp ·

Hoop van julle het ook groen koring op die land. En bid hard dat dit nie met hulle gebeur nie, na beide kante toe…sal dan die klippe gooi wil sien

zahn ·

Oscar en sy regsspan verdien almal Oscars vir die show wat hulle gooi, simpatie probeer melk net waar hulle kan, en almal probeer heuning om die mond smeer. Jammer ou vriend, jy moet gaan sit, jy is ‘n gevaar vir jouself. Jy lieg so erg dat jy en jou verteenwoordiger julself glo. Sjym.

Jaco ·

Ek weet ons moeni oordeel of dink so iets kani met ons gebeur ni. Ek oordeel glad ni. Geregtigheid moet sy gaan gaan. Pappa God leer ons van vergufnis maar Hy leer pns ook dat ons verantwoordelikheid moet aanvaar vi ons dade. Hy straf ons ook wane nodig net soos dit van n pa vewag word. Pappa God is in die saak besig met sy eie plan en hy gebruik ons (proks advekaat en regters) net as instremente.

Staan verwonderd ·

Jy weet daar is so baie mense wat met klippe gooi en in ‘n huis van glas bly. Reeva is dood en daaraan kan ons niks doen nie. Jammer Sy was nie met ‘n “ball en chain” aan Oscar vasgemaak nie. Elke mens het ‘n keuse en sy het besluit om op die rug van sy bekendheid te ry. Het enige iemand voorheen van Reeva Steenkamp gehoor. NEE!! Sy het eers berig en bekend geraak na hierdie hele debakel. Ek glo as Christen mens met my hele hart dat Oscar duur betaal vir sy dade en geen mens kan van sy gewete af weghardloop nie. Wonder as elkeen van ons wat met ‘n klip gooi vandag die skoen aan die ander voet moet sit of die “paar skoene dan nog so lekker sal stap”. Goeiste genade, daar is mense wat willens en wetens vermoor en van hulle hoor jy net mooi niks. Moet nie vergeet dat Oscar net soos Reeva ook ‘n familie het wat ‘n ontsettende duur prys betaal en steeds hul kop hoog hou. Nee A mense, laat die reg nou maar sy gang gaan en dat ons konsentreer op ons eie werke, familie en waardes en ek hoop dat een en elkeen wat hier kommentaar lewer, bo-menslike kinders het wat NOOIT ‘n fout sal maak nie. Hoop nie my kommentaar veroorsaak ‘n geveg nie. Mense raak nou net moeg vir hierdie hele “vermoor, verwoes, kraak Oscar en skop hom verder in die grond mentaliteit van die samelewing”.

Karma ·

@Staan verwonderd – ja, almal van ons bly in huise van glas en niemand kan waag om die eerste klip te gooi nie …. Ja, Reeva het ‘n keuse gehad om weg te breek van Oscar af – daar is bewerings dat juis dít tot ‘n bakleiery gelei het en geëindig het in haar skietdood. Dit maak nie saak of enige een al ooit van Reeva vantevore gehoor het nie; dit verander nie die feit dat sy wreed doodgeskiet is nie. En dit het ook niks te doen met die feit dat Oscar bekend is nie – juis omdat hy bekend is en baie hom op ‘n voetstuk geplaas het, moes hy twee keer dink voor hy daardie vuurwapen opgeneem het. Dit gaan daar om dat hy verkeerd gedoen het; dat hy erken het dat hy haar doodgemaak het, maar dat hy nog nie een keer “jammer” gesê het aan Reeva se ouers, familie en vriende nie en dat hy nie die WAARHEID gepraat het nie. Ons is as samelewing vuisvoos geslaan deur geweld en misdaad – daarom reageer ons so woes as een van ons helde val en op só ‘n manier ook …

Cherokee ·

‘Het enigeen al ooit van Reeva Steenkamp gehoor’ (vra jy). En gaan dan voort om uit te skreeu ‘NEE!!’
Beteken dìt (dat sy relatief onbekend was) dat haar reg tot simpatie en beskerming verminder word?
As jy nie voorheen van Pistorius gehoor het nie sou jy ook nie simpatie met hom gehad het nie. Jou skrywe maak dit duidelik dat jou simpatie vir hom is opgesluit in jou handtekeningboekie.

J Swanepoel ·

Ai , as jy die held van die wereld was en jy dinges in jou eie bord kos , moet jy maar “pa” staan vir jou dade . Hy het te veel simpatie en bejammering van kindsbeen af gekry . Hy het met geld in die bank en roem groot kop gekry en vandat hy nie meer die “hero” is nie maar nou “zero” is nou moet hy nogsteeds bejammer word . Wat sal gebeur as al die misdadigers en moordenaars bejammer moet word , vir dit wat een op ‘n tyd in hul lewens met hul gebeur het . Ons ou land is al reeds so vol van misdaad en korrupsie , want geld maak mos alles reg. Hy het moord gepleeg, punt . Moord is moord ! Hy moes gedink het voor hy gedoen het ! Sorry Oscar , man up , sit vir 15 jr waar jy hoort en dan sal jy miskien weer respek kan verdien .

Koos1 ·

Eish. Barry se redenasie van Vleis Visagie hou geen water nie. Vleis het per ongeluk sy eie dogter geskiet. 1 skoot na buite sy huis. Oscar het vir Reeva geskiet, 4 skote in ‘n badkamer op die eerste verdieping. Vleis het sy dogter lief gehad en sy vir hom…… kan die selfde hier gese word? Die oordeel kom God toe, ek stem, maar nie eers Moses het sy straf vry gespring nadat hy oortree het nie (Hy mog die beloofde land nie ingaan nie omdat hy die rots by Mara geslaan het en nie gedoen het soos God beveel het nie.) Dit is ook God se opdrag dat jy nie mag doodslaan nie, so hy moet sy straf vat. Ek glo daar is vergifnis vir hom maar sy straf moet hy dra.
Baie jammer Vleis en familie dat julle weer daai aaklige dag weer moet beleef en dat die moordsaak met julle s’n vergelyk word. DIT IS ONNODIG!

Shame ·

Ag ou Oscar, vat jou pak soos ‘n man. Misdaad betaal in die land. Daar nog baie hoop na 15 jaar. Kyk na ons regering. “From Prisoner to President”

M'Lady ·

Aan Karma, as jy die verhoor gevolg het sou jy geweet het Oscar het die Steenkamps finansieel bygestaan. Dit is gister ook in die hof genoem,

Cherokee ·

Karma, nie net hier nie maar in ander forums ook geniet ek jou bydraes.

charlene ·

Toe hy so paar jaar terug baklei het omdat hy nie as `n parapleeg gesien wou word nie, het almal ge-oe en ge-aa, maar nou melk hy die feit dat hy `n parapleeg is. Speel op die hof se gevoel self om dit af te haal….. Nee wat al rede hoekom hy sit en tjank is omdat hy wil voort gaan met sy lewe met sy nuwe “vriendin”ek voel niks vir hom, eintlik minder as niks. H verdien trnk straf, mense wat moor verdien tronk straf.. Almal freak gereeld uit oor die gereg nie geskied nie maar lyk my meeste mense is soos die anc, seker reel tel net vir seker mense maar OP moet maar vry loop want ons hou van hom…… Nee wat hy moet min 15 jaar kry, en hy moet besef die tronk is nie `n hotel nie. Jy is nie daar om bedien te word nie en nog minder vir `n vakansie.

sdp ·

Sorry, maar ek het nog die clips waar oscar op tv in die hof, toe hy moes getuig, na reeva se ma gedraai het en wel jammer gese het en dat hy vir hulle bid…en haar reaksie agterna..sy jammer het my geensins geroer nie

Joann ·

Los Gerrie Nel,hy is my hero. Gn geld ter wereld sal hom omkoop nie,ironies dat advokate weet n persoon is skuldig en dan als uithaal om die persoon los te lieg. Ek wonder of dit nie groot sonde is nie. Dus Oscar geniet die rykmanslewe vir nog n paar da.

Essie ·

‘n Mens se eerste instinktiewe reaksie as jy iets verkeerds gedoen het, is om so vinnig moontlik pad te gee, soos bv. die “Modimolle verkragter”. Oscar het tyd gehad en hy het nie, hy het verkies om by Reeva te bly… Laat mens nogal dink, nê?!

Elizabeth ·

Ek wil nie klippe gooi nie, maar my gesonde verstand sê vir my dat as jy saam met iemand anders in dieselfde bed slaap, weet jy of hy/sy in die bed is. Ook behoort iemand wat behep is met wapens soos Oscar te weet wat hy doen as hy skiet, veral as hy sy meisie se gille van agter die toe deur hoor. Nie een van ons weet wat dié aand gebeur het nie, maar wat ek wel weet, is dat dit vandag taboe is om te erken dat ‘n mens self skuldig is. Die skuld word steeds verplaas na ander, na omstandighede, dit word (na 30-40 jaar) nog voor die deur van die ouers gegooi … En hierdie hofsaak herinner my net TE veel aan my studente wat nie geweet het hulle moet klas bywoon nie, nie geweet het hulle moet werkstukke ingee nie, moes huis toe gaan toe die ander toets geskryf het. En ek moet regmaak, verantwoordelikheid neem vir hulle gebrek aan punte, rede verstaan … Verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid is uitgestorwe woorde in die Afrikaanse (en enige ander) taal!!

Lance ·

Ek dink hy moet vry loop net soos al die duisende moordenaars in SA …37 moorde n dag in SA ….vang maar ook eers die ander .. almal kom mos weg met alles hoekom moet hy dan nou sit ….begin met jz met 783 aanklagte van korrupsie en vee eers voor julle eie deure asb

Annalien ·

Ja nè – So raak die Kerke leeg en die tronke vol. Almal speel judge en jurie ek hoop net meer aandag word geskenk aan jul lewenswandel en pas dieselfde toe…judge & jurie.

Penellope Jones ·

Ek is ‘n ouer en kon aan enige van die twee kante van hierdie muntstuk gestaan het.
Ek is hartseer vir hulle aan beide kante van die muntstuk.
Ouers het ‘n dogter verloor op ‘n manier wat geen ouer homself ooit kan of wil indink nie, en ‘n ouer het ‘n kind op ‘n totale ander manier verloor wat ook nooit deur ‘n ouer ingedink kan word nie.
Nie vir een van hierdie gesinne is dit maklik nie, dit kan nooit maklik word nie en ek kan net vir almal beide kante van hierdie saak voorspoed toewens in bitter moeilike omstandighede.
Niks kan verander wat gebeur het nie, maar die lewe gaan voort en daarom is my wens dat
die Here hulle styf sal vashou, vertroos in al hul dae, moeilike dae, moeilikste donker dae en mag vergifnis en selfvergifnis hulle vrymaak.

Piet ·

Oscar was gewoond om altyd sy way te kry van kleins af het sy gestremdheid gebruik om sy sin te kry maar ongelukkig het dit nou vir hom geboemerang hy is glad berouvol nie hy bejammer hom self hy moes gedink het toe hy die sneller getrek het nou wil hy huil elke mens kyk eers waar is jou maat of sy olraait is in die kamer voor jy dink om sommer net tr skiet maar hy het geweet sy was in die badkamer ons weet almal van sy aggrisiewe en arrogante houdings spoilbrat gedink hy kon los kom omdat hy geld het kyk sy arrogante houding in die tronk wil nie hulle medikasie he nie familie moet agterhom aanhardloop met Dr voorskrifte hy het ook tantrums gegooi met korrektiewe dienste se personeel as dit van my afhang lewenslank tronkstraf is kamtig sielkundig nie reg om te getuig nie maar kan tv onderhoude doen

Joan ·

Nou moet Oscar se gebrek in ag geneem word maar ‘n paar jaar terug het hy baklei om teen normale mense te kompeteer want hy word nie gedefinieer deur sy gebrek nie en hy het homself nie beskou as gestrem nie …… Nou dat hy verantwoordelikheid moet aanvaar, nou is hy skielik “gestrem” en dit moet dien as versagtende omstandighede – dubbele standaarde Oscar

Elizabeth ·

“Self-preservation is the first law of nature” – ongeag wat wie sê, dis ongelukkig deel van die gevalle mens se natuur.

Gesiggie ·

Oscar is baie gebroke… en ek glo nou… as hy regtig skuldig was, sou hy al lankal gesnap het… kom ons as mens wag eerder vir die uitspraak… want net Oscar en God weet wat regtig daai dag plaas gevind het… en God het hom alreeds vergewe… toe hy bekend was, was almal vir Oscar… nou dat hy n fout gemaak het, is almal teen hom… vat n voorbeeld.. meskien iemand soos Steve Hofmeyer… sou so iets met hom gebeur?? sou almal klippe na hom ook gegooi het… sou hy nie meer die Hero Steve wees? Kom ons staan terug, terwille van Riva se Familie… en ons wag … geregtigheid sal plaasvind… ( net n gedagte)

Cindy ·

Wie is ons om te jude? Daar is erger dinge wat in die land aangaan maar almal fokus nou net op Oscar. Ons was nie daai oggend daar nie so ons sal nie weet wat gebeur het nie hulle kan hoeveel dinge in die hof uitgooi maar net God weet wat die waarheid is. Los nou vir Oscar uit en begin fokus wat nou in die land aangaan. Hou op judge want net God alleen kan judge.. Wat van al die ander moorde? Maar julle worry nie julle hou manet aan met Oscar en hou nie op nie.. Niemand is perfek nie almal maak foute en dit kan watokal wees nie een van ons het die reg om te judge nie!!!

Joe ·

Gerrie Nel is ‘n YSTER …. OP is ‘n bederfde ” brat ” , jaloers , windgat & vol van hom self wat ” tantrums ” gooi as dinge nie volgens hom werk nie . OP moes van die begin af die waarheid gepraat het , maar nou kry hy die sielkundige ook by om dit namens hom te doen . OP moet boet vir wat hy gedoen het …. gebroke of nie ….

cobusp ·

Mens kon nog dink aan versagtende omstandighede as Oscar maar net eerlik was……Weereens Tot hede nog nie die guts gehad om se mond oop te maak om sy saak te stel nie, te emosioneel??? Hy was n baie onbetroubare getuienis, en sy saak n paar keer verander so het hy gelieg en nie die waarheid gepraat nie….. Die hele saak was n sirkus, telkemale het Barry allerhande opmerkings gemaak en dinge uit verband uit geruk soos weereens vandag om Osacr op sy stompies te laat loop………wat wil hy bewys dat n moordenaar op stompies moet nie tronk toe gaan nie maar enige ander persoon wat moord pleeg moet? Kyk deur al die toertjies en kyk na die meriete van die saak… OP jy is n moordenaar jy het n baie mooi meisie koelbloedig vermoor, dus die realiteite.

HEVW ·

O, die bloeddorstiges. Hulle wat nog nooit n tikkie begrip en genade in die lewe ontvang het nie. Die verhewenis bokant genade.. Die wiel draai soms aaklig. Moontlik is een van jou dierbares een of ander tyd aan die beurt dan wil ons weer van jul hoor. Moenie oordeel nie want jy sonder genade sal met dieselfde maat geoordeel word.

Sandra ·

Ek dink mens oordeel en veroordeel maklik as dit jou eie familie nie raak nie. As ek Oscar se ma was, sou ek geveg het vir my kind. As ek Reeva se ma was, sou ek heeltemal anders oor die saak gevoel het. Al wat ek wil sê is dat die Here is in beheer.

Irene ·

Ek voel ook gebroke vir wat in ons land aan gaan. n Moordenaar kan nie gebroke voel in vandag se samelewing

elize ·

Mnr Roux wat as dit jou enigste kind en dogter was.sou jy dieselfde gese en gedoen het.????ek vra maar net. Ek het net een kosbare kind en sy is n dogter. Ek kan nie eens aan daai pyn dink nie.Mense my hart pyn vir die Steenkamp familie. Diegene wat so aangaan oor die geld aan die Steenkamps.oor Gerrie Nel.oor Reeva self. Het julle al gedink as dit julle geliefde kind was. Vir my lyk dit nie so nie.

M'Lady ·

Elize, ek weet of jy daarvan bewus is nie maar Mnr Roux het ook n kind aan die dood afgestaan.

martie ·

Al Wat Ek kan se is die een sonder sonde tel die eerste klip en gooi en ja my seun was 24 toe hy vermoor is maar die oordeel kom my nie toe nie maar die lewende God Wat ons dien

cobusp ·

Ek stem saam met Reeva se pa, publiseer al die forensiese foto’s van Reeva, wys die publiek, ….ek dink baie mense sal tot hulle sinne kom en n ander opinie inslaan en so jammer vir Oscar voel…….. hy het haar gemors,….

Oni ·

M’lady is bly daar is nog mense wat oplet. Karma maak seker voor jy skryf. Vir die vuurvreters wat as regters optree oor n baie seer saak, staan vir n wyle stil en se dankie dat daar nie n voorval iewers in jul lewe is nie.

Irene ·

Ek wonder hoeveel advokate en prokureurs gaan eendag Hemel toe die Bybel se geen leunaars gaan Hemel toe nie Openbaring 22

Hannelie ·

Hoekom het hy sy kunsbene afgehaal. Het hy met dit in die hof gestap? Is dit simpatie van die Regter? Regtig, hy en sy advokaat moet ‘n ander taktiek probeer as om op mense se gevoelens te speel. Hoekom met Vleis Visagie vergelyk? Elke hofsaak het sy eie meriete.

cobusp ·

OP het Reeva met 4 Black Talon patrone geskiet…………black talon patrone breek op in honderde skerp metaal fragmente wat menslike vlees verskeur nadat die menslike liggaam ge penetreer het…..en rig geweldige skade aan wat normaalweg tot die dood lei van so n persoon….

vermeende ·

Ons land is vol regskenners en regters en as ek so lees sommer vol ooggetuies wat al die feite van die saak ken maar nie een van julle het genoeg kennes om jouself onder SA te help nie.

Dit lyk of amper almal hier bloed vra, ek hoop julle kry dit en is gelukkig met die hoeveelheid.

sdp ·

Ja, plaasmoorde is aanvaarbaar hoe geweldadig ookal..,oumense kinders…worry nie of die skuldiges wegkom. Jou naam moet net nie Oscar wees o_O

enigma ·

Wonder hoekom OP net simpatie in die hof soek en krokodil trane kan huil in die hof dat die snot spat, maar tydens openbare verskynings in die publiek onder ander “kuier plekke” is hy alles behalwe hartseer en skaterlag hy en kuier n hond uit n bos uit saam pelle en het hy al tot n ander meisie….klink dit na n gebroke mens en iemand wat gaan “treur en huil” vir die res van sy lewe oor Reeva??? LMGA. Waar is die justice vir Reeva en haar gesin? Ons mag nie oordeel nie en klippe gooi nie, reg so, maar daar is n hof wat die “mag” het om namens n samelewing regverdig behoort op te tree. Die doel van so n regstelsel is juis om ons teen misdadigers te beskerm en nie om die misdadiger te beskerm nie. Ek kry OP jammer want ek glo hy het in woede opgetree maar “you do the crime, you do the time”. Wat as hy weer n woede uitbarsting kry en iemand kry seer of erger, wie gaan dan sorry se vir daai familie?? Niemand nie eers JZ behoort bo die hof verhewe te wees nie, of jy nou sonder bene, arms of n hart is.

Groot praaters ·

Ek wonder net almal wat so húlle sè wil sè oor als wat húlle dink. As al die mense saam soul saam staan. of ons Land nie dalk weer kon reg kom
Ma ons kan oordeel , en elke persoon wil sè wat hý Of sy dink. al daai energie om al díé goed te skryf eerder iets wat ander kan help in plaas van tik stories LOL

Net reg gesê ·

Hou op om julle te verlustig in anders se lewe. hulle kry genoeg vir hulle self

Dowie ·

Oscar bejamer homself en dink aan homself. Dit ga ni oor ligaam gestremd ni. Dit ga oor wat hy verkeerd gedun het en verdien di straf. Dowes was ook in di tronk en da was ni simpatie ni. Gestremde persone kan ook verkeerd dun soos normale / horende persone.

marianne ·

Oscar jy het geen berou nie!!!! Jy be jammer jouself want jou geld is van nul en geen waarde nie!
Jou aansien of dit wat jy gedink het, jy gehad het, is weg!!!
Jy bestaan nie meer nie en DIT breek jou!
Gaan vat jou straf soos ‘n lafaard want JY is nie ‘n man nie!

Justa ·

Ek het die saak in detail van dag een af gevolg. Ek dink nie Oscar homself weet hoekom hy geskiet het nie. In die hof het dit uitgekom deur sielkundige getuienis dat in die “fight or flight” situasie hy die “fight” situasie verkies. Dis ook een van die redes dat hy so goed op die atletiek veld presteer het. Hy ly aan n angs toestand gekombineer met sy gestremdheid en die feit dat hy gehoor het die badkamer venster skuif oop het hom paniekerig gemaak en hy het gereageer sonder om te dink. Dis om instinktief te reageer op die afsetter se pistool. Hyself het in die hof erken hy het net geskiet want hy was paniekbevange, Ek dink nie vir een oomblik hy wou enige iemand doodskiet nie. Die feit dat hy arrogant voorgekom het is om sy gestremdheid weg te steek asook sy angs versteuring. Dis my beskeie mening. Ongelukkig is hy deur die media en en die publiek vergruis.

humor ·

Moes ook nog net dit byvoeg. Se nou Oscar verlaat eendag die gevangenis en hy is n beter mens as ons almal, Ek dink ek sal een van sy bewonderaars wees.

Ouman ·

Ek het simpatie met Reeva asook Oscar se families maar geen meegevoel met Oscar nie. Geen een van ons kan eers probeer dink wat se vrees die sy moes deurgaan in haar laaste oomblikke nie. Oscar sal die straf kry wat hy verdien en moet maar daarmee vrede maak. Hy melk nou mense se emosies want dit pas hom. Hy wil nou die slagoffer wees maar sy optrede is die van ‘n bedorwe lafaard. Tyd vir hom om sy straf uit te dien en hopelik hoef ons vir ten minste 15 jaar nie na sy gesanik te luister nie. Net jammer ons bekastinggeld moet nou gebruik word om vir sy onderhoud in die tronk te betaal.

max ·

Ek wil Se GOD en Oscar weet alleen die waarheid maar om hom sleg tese te kritiseer is nie vir een van ons beskore nie.wie is ons om vinger tewys. Kom ons kyk elkeen na onself voor ons vinger wys,maak nie saak wie of wat ons is nie ons gaan almal eendag voor GOD moet staan.

John ·

Ek is beslis nie ‘n fan van iemand wat glo doodbang is maar sy sekuriteitstelsel is buite werking nie en hy bel nie dadelik die sekuriteitsmense nie. Hy sorg nie dat sy meisie eers veilig is nie, maar wil sy waaier op die stoep beveilig. Hy maak nie eers sy meisie wakker nie as die skuifdeur na die balkon haar nie reeds sou wakker raas nie. By die toiletdeur raai hy presies waar die persoon staan en skiet presies raak, ‘n klomp keer. Hy dink nie Reeva het dalk ondertoe gevlug of na buite nie, Nee, toe is hy skielik ‘n siener. Nou wil Oscar beide die onskuldige en die onskuldige party speel en Barry Roux, die pous vanselwers. Hoekom het die saak ooit in die hof gedraai? Oscar kon nou oppad na Rio gewees het vra hy en al sy fans. Waarom het ons sulke hopelose howe vra hy en ‘n paar ander persone net so belangrik soos hy.

Erwee ·

Ek glo oscar het geglo dis inbraak. Die probleem is hy wou n punt bewys en wieokal ingekom het gaan wys wie is die baas van die huis. Daar is even in sy eerste bwvraaging gese “you wanted to go there” didnt you, toe se hy yes. n bang mens hardloop, n mens wat n punt wil bewys sal die punt bewys en ek glo dit het sy judgement daai aand met waar reeva is benadeel. Hoor iemand in die toilet… Dink DADELIK ek sal jou wys… Vergeet van reeva en dinge Verloop af.

Chris ·

Ek wonder hoe kan Barry Roux wat namens Pistorius optree, regkry om saans te slaap? Die man moet geen gewete hê nie! Hy lyk na ‘n hoogs intelligente man met baie jare se ondervinding. ‘n Mens hoef nie eens besonder intelligent te wees om te besef dat Oscar blatant skuldig is aan moord nie met weining versagtende omstandighede, maar tog probeer Roux hom nog steeds met die minimum vonnis loskry. Gaan dit nie maar alles oor mammon, in hierdie geval, geld nie. Ek wonder wat sy die vededigende advokaaat se standpunt wees indien sy dogter so iets moes oorkom.

Chris ·

Hoe kan Barry Roux snags slaap. Hy lyk na ‘n intelligente man met baie jare se ondervinding. Dit verg wraggies nie ‘n besonder intelligente mens om die nodige logiese afleidings te maak nie. Ai, geld oorheers vandag ons lewens en ook Roux sin!

Phil ·

Aan almal van julle wat julle so hoogheilig hou en Oscar onvoorwaardelik vergewe vir sy daad, die volgende: Gelukkig vir julle is Reeva nie jul kind, broer of suster nie. Anders sou julle ‘n ander deuntjie gesing het. Moet ook nie sê indien hy skuldig is aan koelbloedige moord, sal hy daarvoor boet as hy eendag dood is nie, Dis te laat. Ons wil sy straf sien. Dalk is ek en hy na ons altwee dood is op 2 verskillende plekke en dan het ek nie die voorreg om sy regte straf te ervaar nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.