Oscar is ‘n ‘walglike leuenaar’ sê Reeva se sus

Oscar Pistorius op 7 April 2014 in die hof Foto: Deaan Viver/Media24/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 7 April 2014 in die hof Foto: Deaan Viver/Media24/Pool (SAPA)

Reeva Steenkamp se ouer suster het Oscar Pistorius as ʼn “walglike leuenaar” beskryf nadat sy van Pistorius se getuienis in die hof gehoor het.

“Hy probeer die hof oortuig dat hulle regtig naby aan mekaar was en dat hy vir haar omgegee het. Dis nie waar nie,” het Simone Steenkamp aan The Mail in Brittanje gesê. “Hy het geweet ons was daar maar hy het amper sy balans verloor en omgeval toe hy ons gesien het. Toe het hy in die getuiebank gesit en gegrinnik. Hy het my suster doodgemaak en tog lyk dit steeds of hy sy beroemdheid geniet. Tydens die verdagings het hy daar rond marsjeer asof hy steeds ʼn ster is terwyl ek en my ma net wou wegkruip. Ek kan nie verstaan hoe iemand so daad kan pleeg – iemand doodmaak – en dan so optree nie.”

Staatsaanklaer Gerrie Nel het Pistorius Maandag in die Pretoriase hooggeregshof daarvan beskuldig dat hy belangrike getuienis uit sy aansoek om borgtog en sy pleitverduidelik gelaat het. Pistorius het Maandag gesê hy het die toiletdeur hoor toeslaan, maar Nel het gesê hierdie getuienis is glad nie in sy verklarings nie. Nadat Pistorius nie kon verduidelik waarom dié getuienis nie ingesluit is nie, het Nel gesê: “Dit is omdat jy dit uitgedink het.”

Pistorius word van moord beskuldig nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ʼn geslote toiletdeur doodgeskiet het. Hy het gesê hy het ʼn geluid in die badkamer gehoor en aangeneem dit is ʼn inbreker.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Theresa ·

Ek stem saam met jou Simone. Hy lei nog altyd aan die “Me-Myself-and-I” sindroom. Hy probeer nou net sy bas red. ALMAL weet hy is skuldig. Self Barry Roux weet dit. Jy kan sien aan sy houding en gesigsuitdrukking. Hierdie alewige gegrens in die hof irriteer my vreeslik. Wens milady wil dit tog nou aanspreek want hierdie hofsaak word nou net uitgerek…..
Sterkte vir julle familie. Sterk wees.

Mariaan ·

Hy huil net wanneer hy nie meer wat om te lieg nie en dan die volgende… herhaal asb die vraag, ek verstaan dit nie! Wat het nou van sy vreeslike naarheid geword? Sy geheue is ook uitstekend tot hy vasgelieg is, dan het hy glo vergeet en is deurmekaar. Hy is nie hartseer oor Reeva nie, hy het sommer kort na hy haar geskiet het, uitgegaan na kuierplekke en het selfs ñ nuwe meisie.

Erich Goosen ·

Ek sien lede van die Steenkampfamilie maak toenemend uitsprake wat in die oorsese pers aangehaal word. Ek hoop werklik nie dit val ook onder die kategorie van ‘eksklusiewe onderhoude’ nie wat maar net beteken dat daar geld by betrokke is. Hierdie is ‘n hartseersaak en sulke uitsprake deur die Steenkampfamilie laat die verhoor in ‘n moddergooiende sirkus ontaard.

Shannon ·

Die voyeur kamera is met moeder se goedkeuring ingerig.
Daar moet ook nog `n offisiële dokumentêr verskyn, en die gelukkige tydskrif (waarskynlik Huisgenoot/You) wat die publikasie regte wen sal die aangeleentheid in sappige hoofstukke in twee aflewerings publiseer sodat die skinner bek huis vrouens genoeg het om oor te kwyl vir ten minste 1 jaar.

Elize ·

Ek sal maar liewer nie my mening gee nie.Want Nel is regtig daarop uit,om woorde in Oscar se mond te sit.Ek dink hy is regtig,skokkend in die hof.Ek wil niks meer hoor of sien van die hofsaak nie.Dir is vir my ontstellend.Ek voel,as daar so n verskriklike ding met my gebeur het,sal ek ook nie alles kan onthou,wat ek eintlik in my verklaring moes sit nie.Ek wens hierdie kruis ondervraging moet nou stop.Want hoeveel keer moet Nel nounog aan gepraat word.Ek glo dat Oscar, n ongeluk begaan het.En is baie jammer vir die 2 families.Want om so n pragtige dogter te verloor,op so n manier moet vreeslik wees.Maar om in Oscar se voetspore en sy familie sn te moet staan,moet ook vreeslik wees.Sterkte aan julle.Ek sal liewer nie oordeel nie.God weet wat daar gebeur het.

Jaco ·

Elize, Gerrie Nel doen net sy werk. Dink jy Oscar is die eerste persoon wie hy so oor die kole haal? Danksy mense soos Gerrie Nel is jy nog relatief veilig waar jy is vandag. Anders sou daar vele meer kriminele op straat vry geloop het. Dis verskriklik dat mense so kortsigtig en naïef is om nie te besef dat DIT is hoe dit nog al die jare in howe gaan nie.
Skoenmaker, bepaal jou by jou lees en laat elke professionele, opgeleide personeel doen wat hy moet doen.

hannetjie ·

Kom aan mense hy het erken hy het dit gedoen, die staat moet net bewys dat dit nie met voorbedagde rade gedoen het nie.

Jo ·

Hannetjie, ek dink jy bedoel seker die verdediging moet bewys dat hy dit nie met voorbedagte rade gedoen het nie. Die staat moet juis bewys dat hy wel het!! Groete

hannetjie ·

Hy het in die begin genoem dit was “a accident” ek het net verkeerd gestel

Peter Says ·

Ek oordeel en veroordeel nie die man nie. Oscar veg verbete om sy bas te red, ek se weer, dit vat n Man om jou foute te erken, oscar doen jouself n guns, erken jou foute, die Waarheid maak jou vry.

Shannon ·

“Die waarheid maak jou vry”. M.b.t. jou gewete. Leuens bevry jou van tronk straf – ie, Jackie Selebie, Schabir Shaik.

marcel ·

Elize en Daisy ek stem 100% saam met julle. Ek kyk ook gladnie meer die verhoor nie ek kry dan nagmerries daaroor hoe moet Oscar en sy familie nie voel nie. Daar was nou so paar maande terug twee swartes in my huis toe ek by die huiskom en my klaar toegesluit het binne en gelukkig kon ek deur die motorhuis uithardloop nadat ek die remote gedruk het vir die deure om oop te gaan. Toe die polisie direk daarna my verslag neem toe kon ek nie eens onthou of ek die deure weer agter my toegedruk het nie. Dit is wat angs aan n mens doen en Nel is besig om dit uit te buit.

babs ·

Die een ding wat my walg van die hele storie is dat Reeva se ma kort nadie tragedie bekommerd was oor wie “nou vir hulle gaan sorg”. Daar is mos nog ‘n broer en suster. Het haar verhoudings regtig gegaan om liefde of om ‘n beter toekoms vir haar ouers te verseker . Die Steenkamps maak goed geld uit oorsese dagblaaie. Ek kry hulle baie jammer omdat hulle ‘n dogter verloor het maar om so gou na jou geliefde kind se dood te verwys na die finansiele verlies was een te veel. Pa en ma was albei in die dobbel bedryf en moes voorsiening gemaak het vir die toekoms. Kyk nie meer na die verhoor op TV.

Zet ·

Ons almal kan net baie bly wees, dit is nie ons vandag nie.
Bid dat dit nooit ons sal wees wat daar staan waar die families vandag staan nie.
Dit is eina vir almal daar.

andrea van vuren ·

Het Gerrie opgegee,of het Oscar se piepstemmetjie en alewige getjank hom uitgepunt? Of het hy (Gerrie) gewen?

Shannon ·

Die idee was om Oscar te kry om te ‘crack’ en al snikkend te erken dat hy met opset gemoor het. Indien nie dit nie dan moes hy ten minste homself ernstig in `n hoek in praat. Dit, omdat selfs die hoog geleerde aanklaer weet dat daar geen konkrete bewyse is wat klinkklaar sal aandui dat Oscar eerder skuldig is van moord.
Die persoon wie eintlik verantwoordelik dat hierdie vertoning nou punte toeken aan die aangeklaagde is die ewe hoog geleerde magistraat (Ma lydie) wie basies toelaat dat die aantuigings nou in persoonlike aanvalle ontaard.
Dus, op hierdie stadium van die geveg is die prosecution besig om hulle dingesse te sien by wyse van n laaste tantrum terwyl die bedorwe brokkie Oscar al hoe meer die victim word.

Adele ·

Hopelik sal Reeva se suster dan nou bietjie vir haar ouers sorg. Wat ek nie kan verstaan nie…. as Reeva op enige ander manier gesterf het, en dit nie iemand se skuld was nie…. wie sou dan in elk geval finansieel na hulle gekyk het. Ek is jammer oor wat met haar gebeur het, en ja, Oscar moet vat wat na sy kant toe kom, maar ek hoop regtig hul bou nou ‘n bruggie oor die geld fonteintjie.

Wilna ·

Ek wil twee goed se: 1) As dit ‘n gewone inbreker was wat Reeva oorval en geskiet het, sou haar ouers dan ook die oorsese media te woord gestaan het en die inbreker gevra het om hul verder finansieel te versorg? Sou Suid-Afrika hoegenaamd geweet het wie is Reeva Steenkamp? Die waarheid is die media, die pers, Reeva se ouers, almal trek finansiele voordeel uit die sukses en die ongeluk van arme Oscar.

2) Gerrie Nel probeer deur emosionele aftakeling, sarkastiese opmerkings en skoktegnieke verwarring in Oscar se weergawe te skep om die Staat en die Polisie se swak gehalte werk te probeer regstel of uit te vee. So, Oscar moet pa staan vir Reeva se ouers wat glo nie vir hulself kan sorg nie, die Suid-Afrikaanse Polisie wat nie kan ondersoek doen nie, en ‘n aanklaer wat dink hy kan sy waarheid uit Oscar uit skree.

Ek hoop die res van Suid-Afrika geniet die ‘entertainment’ ten koste van een persoon wat meer sukses in sy kort lewe behaal het as die res van Suid-Afrika in hul hele lewe behaal het of sal behaal.

Ek het nou my se klaar gese.

VICTORIA COETZEE ·

As ek solank na gerrie Nel moet kyk en luister en antwoord sal ek ook maar die klutz begin kwyt raak. Hy Gerrie self is so deurmekaar dat hyself nie eens weet wat hy vra nie. Hy raak deurmekaar en dan gee hy almal om hom die skuld en plant en lok ‘n antwoord uit wat Oscar nooit wou gee nie. eK DINK gERRIE MOET AFTREE SODAT ONS WAARDIGE EN PROFESIONELE AANKLAERS KAN KRY. Daar is klaar genoeg narre in ons land. Hy maak van ons regstelsel ‘n klug en lyk en klink bar.

J.P. ·

Ja as Oskar net van die begin af erken het dat hy Reeva geskiet het omdat sy genoeg van hom gehad het en wou huistoe gaan sou alles lankal verby gewees het. Hy is n opperste akteur maar voor GOD sal hy nie sy stemmietjie kan gebruik nie.

Ben Visser ·

As Oscar skuld erken het op klag 2 en 3 was hy nie blootgestel aan hierdie karakter tesitering nie

Sy regsverteenwoordiger het hom verkeerd voorgese en dit het daartoe gelei dat hy onderhewe aan erge kruisverhoor was.

Indien hy skuld erken het, sou sy beeld beter uitgekom het maar hy het in my opinie die slegste daarvan afgekom.

Skulderkenning aan die begin lei daartoe dat versagtende omstandighede regs-tegnies sy vonnis kon verlig

Insig ·

Oscar het te midde van sy tekortkoming groot hoogtes bereik, en gegewe die Christenskap waarvan hy nou getuig, was dit ‘n groot Seen van Sy skepper. Hy het egter toe so ‘n grootheidswaan ontwikkel en vergeet dis Sy skepper wat die Eer moet kry, dat die eie “Ek” oorgeneem het.Hy kom uit’n welgestelde Familie wie hom duidelik ondesteun het toe sy Pa die huis verlaat het en sy ma etlike jare later weer getrou en toe oorlede is. Het niemand hom ooit geneem vir terapie nie ? Dit is mos bekostigbaar en beslis goedkoper as Adv Barry Roux. Sy kerk ! Is hy aktief betrokke,? het hy ‘n Lewenige Verhouding met die Here gehad voor hy die sneller getrek het ? Wonder, -want as jy vir God luister LEWE jy nie in vrees nie, en ons weet Hy sal ons bewaar, Hy belowe dit oor en oor in die Skrif. So jammer dat so ‘n talentvolle jong man nou in sy uur van benoudheid besef wat is die krag van gebed. Reeva moes maar die geel en rooi ligte raakgesien het, en haar liewer in haar eie bed tuisgemaak het. Hoop talle jong meisies leer nou hierdie les. Jaloesie bring vernietiging op alle vlakke en kan ly tot die dood. Mag daar Genade wees vir almal betrokke in hierdie tragiese gebeurtenis en mag haar Bloed aanhou roep soos Abel s’n totdat die Waarheid uitkom !

Lilly ·

Hoekom het Oscar na hy vir Reeva afgedra het met die trap, twee maal terug gehardloop om iets te gaan doen in die boonste vertrek, het hy self die moord toneel gerangskik om sy storie te pas.

Christina ·

Dit neem twee om te tango ! Geskille vind nie voor ‘n spieel plaas nie . Albei partye neem deel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.