‘Oscar is nie betaal vir TV-onderhoud’

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Arnold Pistorius, Oscar Pistorius se oom, het Donderdag ontken dat Oscar betaal is vir ʼn eksklusiewe televisieonderhoud met ITV wat eersdaags uitgesaai word.

Maroela Media het vroeër berig die heel eerste televisieonderhoud met Oscar ná die nag in Februarie 2013 toe hy sy meisie, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het, sal op 24 Junie in Brittanje uitgesaai word. Die onderhoud, wat in Arnold se huis opgeneem is, is deur die ondersoekende joernalis Mark Williams-Thomas gedoen.

“Ons het oor die afgelope drie jaar besluit om nie by te dra tot die mediasirkus waaraan hierdie saak nou al gekenmerk word nie en het slegs kommentaar gelewer in situasies waar dit nie moontlik was om die massas media-navrae op enige ander manier te hanteer nie,” het Arnold in ʼn verklaring gesê. “Ons het byna alle versoeke vir onderhoude en kommentaar van regoor die wêreld van die hand gewys, selfs wanneer hierdie versoeke gepaardgegaan het met groot finansiële aansporings.”

Arnold het gesê die familie is bewus van die mini-bedryf waar daar vir onderhoude betaal word en inligting gekoop word en wou bewustelik so ver as moontlik hiervan wegbly. “Ten spyte van Oscar se verlammende regskostes, was hierdie nog altyd ons standpunt. Nie Oscar of die Pistorius-familie sal enige geld uit hierdie [ITV-] dokumentêr verdien nie. Enige potensiële opbrengs sal na liefdadigheidsorganisasies vir kinders gaan.”

Volgens Arnold het hy besluit dat Oscar wel een onderhoud moet toestaan omdat die familie se stilte gelei het tot onakkurate beriggewing en ongegronde bespiegeling in die media en onder lede van die publiek. “Ek het besluit dit was nodig om een van die aanbiedinge [vir ʼn onderhoud] te aanvaar sodat dit ons familie ʼn kans kan gee om van hierdie wanpersepsies reg te stel. Ek wil dit baie duidelik maak dat hierdie televisieonderhoud my besluit was en nie Oscar se inisiatief nie,” het Arnold gesê.

Hy het bygevoeg dat hy op die aanbod van Williams-Thomas besluit het omdat hy gevoel het ITV is die gepasste forum weens die kanaal se styl en formaat. “Om te verhoed dat die dokumentêr enigsins die regsproses op enige manier kan beïnvloed, was ons ooreenkoms dat dit eers uitgesaai sal word na afloop van volgende week se hofverrigtinge.”

Oscar sal van Maandag weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn vir die voorvonnisverhoor van sy skuldigbevinding aan moord.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Sus ·

Weereens wys die Pistorius-familie die staal waarvan hulle gemaak is. Sterkte, ek bid vir julle!

Bid saam ·

Sus, ek bid saam, hierdie gesin is deur ‘n baie dieper drama as enige ander persoon wat iemand dood gemaak het, maak nie saak wat die omstandighede was nie.

Victor ·

Snaaks dat hy nou eweskielik die onderhoud doen, net voor die vonnis oplegging?

cecilia behrens ·

Julle sal nooit alleen gelaat word nie.Sy genade is vir julle asook vir my genoeg .Sy krag sal in ons swakheid volbring word.
Ons is in die gees met julle.
Cecilia.

Marietjie ·

Dit is n skande dat TV en ander media instansies soveel aandag aan Oscar Pistorius gee wat iemand se lewe geneem het, terwyl die ma en pa treur oor hul dogter wat hulle verloor het in die fleur van haar lewe. Dit stuur die verkeerde boodskap in die samelewing dat jou lewe niks werd is nie.

sjoe ·

Haai nee Marietjie regtig, alle media aandag is om hom aan die pen te laat ry en te vernietig en verneder. Die Steenkamps het beslis baie steun van een en almal gekry. Inteendeel die Steenkamps het elke geleentheid aangegryp vir ‘n media onderhoud met betaling.

Marietjie ·

Jy is seker n ondersteuner van Oscar. Al kry die Steenkamps hoeveel media dekking, hul kind was koelbloedig met vier skote vermoor. Die Steenkamps se dogter het hul geldelik bygestaan en ek dink dit is onregverdig dat hulle nou veroordeel word omdat hulle geld ontvang het. Elke persoon wie se storie gepubliseer word, goed of sleg ontvang geld. Maar geen geld kan n lewe terug bring nie.

Willie ·

Bull Twang- ek glo dit nie, was die nou vir huis en hart gedoen? Sluit die mannetjie toe, en gooi die sleutels weg… hy het koelbloedigge moord gepleeg… Kyk na die arogansiese optrede voor die voorval.. bedorwe wrokkie met n attitude….

Bedorwe brokkie ·

Hi Willie, bedorwe brokkie, ken jy regtig vir Oscar, as jy met hom saamgeleef het kon jy praat, hy was wel wintie soos enige ander jong man en in die kollig moet jy soms regtig kort wees en hol om by alle afsprake en dan nog alle oefeninge en kompetisies wees. Jy het eenvoudig net nie die tyd om met almal te chit chat nie. Sou jy 24 uur per dag alle vrae en oë beter as hy kon hanteer het. Ek is ‘n 100ste so besig soos hy & ek moet regtig soms op my lippe byt en soms met ‘n leuen agter my deur wegkruip om net gewone mens te voel.

Sterkte ·

Sterkte vir die Pistorius familie, hierdie sal mos weer groot reaksie uitlok! Sterkte ook vir volgende week, dink aan julle.

MM ·

Shame ja hulle is deur diep waters en wat van Reeva se familie??? o nee hulle is mos nie@!@Q
Hulle het ‘n kind verloor wat hulle nooit weer gaan sien nie, waar die ander nog hulle ou Ocartjie het. Hy hoort in die tronk punt! Te windgat bring jou gewoontlik in die moeiliheid.

OR ·

Almal in hierdie saak is deur diep water, Steenkamp familie sowel as Pistorius familie, bid eerder vir hulle almal,

Dankie ·

Dankie vir die onderhoud Pistorius familie, kan nie wag om dit te sien nie. Dit is tyd dat ons Oscar se kant ook kan sien, dalk help dit mense met wan opvattings.

Willie ·

Bedorwe Wrokkie- afvuur van vuurwape in eetplek, uit kar se son dak, is ons op dieselfde vlak??? Hy was besig ja, om aan te jag ja…en verbowe almal te voel en reageer… trunk toe, en straf die maat… nou kry hy verkose behandeling….

NELIA MEYER ·

Wat het geword van jy moet jou naaste lief he soos jouself en ook vir jou vyande bid. Wat het geword van vergifnis maar eerder is ons bloedhonde wat net wil veg en verskeur. Wat as Oscar jou seun was…… jou verlore seun wat huis toe gekom het. Die saak is nie tussen mense nie dit is net tussen JESUS en Oscar en HY het Oscar reeds vergewe.

Victor ·

Nelia, vergeet van dit – wat as Reeva jou dogter was? Vergewe jy plaasmoordenaars ook net soos jy met Oscar maak?

Bloues ·

Ai Nelia jy verstaan nie die dinge mooi nie. Miskien het God hom vergewe en baie mense het hom ook vergewe, MAAR die Bybel waarna jy verwys, leer ons dat hy nog steeds die gevolge van sy daad moet dra. Tronkstraf 25 jaar. Dis wat ek dink iemand wat moor moet sit. Sonder kans van parool

nig ·

JA Victor, die Bybel leer ons ons moet ALMAL vergewe – tot 70 x 7. oordeel kom ONS nie toe net aan God!

charlene ·

Genade het die mense nog nie genoeg aandag getrek nie, ek is seker hulle gaan nog öscar se roewe tyd in die walglike tronk”ook maak en verkoop. dis die tipe mense wat hulle eie siel en ma sal verkoop vir geld! Ooh en is klaar vergewe God het het mos klaar vergewe ons weet mos presies watgod dink! God vergewe as jy jou foute erken en berou toon….. iets van die ding nog nie gedoen het nie. Ek was mal oor Oscar VOOR hy `n moordenaar was en homself bejammer. Hulle geniet dit om net meer en meer sout in Reeva se ouers se wonde te smeer om net aan te hou en aan te hou. As hy nie betaal was nie is ek die volgende persoon op die maan!

Cornelia Steyn ·

Mense, kom ons hou op oordeel en klippe gooi. Die oordeel kom ons nie toe nie. Laat die een van ons wat sonder sonde en foute is, die eerste klip optel. Jesus het die moordenaar aan die kruis langs Hom vergewe en hy is daardie oomblik in die paradys opgeneem. Kom ons bid liewer vir Oscar en sy familie en ook vir Reeva se familie. Baie van ons pleeg elke dag moord met ons tonge. Sonde is sonde, maak nie saak wat nie. Wat sou Jesus doen?? God sal dat reg en geregtigheid geskied, want HY alleen ken die volle waarheid oor wat presies gebeur het. Sterke aan elkeen wat nou betrokke is by hierdie saak. Mooi dag vir almal.

M'Lady ·

Ek skaam my vir die kommentare hierbo gelewer. Die nydighied van die Afrikaner verstom my net elke dag meer en meer. Die hele saak is hartseer van albei kante gesien. Gaan eerder elke dag op julle kniee en vra God dat julle nie in dieselfe situasie laat beland nie.

Stem saam ·

Stem saam Cornelia en M’lady, ons moet liewer saam op ons knie gaan.

E.K. ·

Die internettrolle is weer woes besig om hul vingertjies hier te oefen. Of hy betaal word of nie het NIKS met NIEMAND uit te waaie nie. Los hom uit, julle maak mens naar met jul vennynige kommentaar.

Ben ·

Jô – maar die publiek is vol nyd en haat! Ek hoop daar sal met vergifnis en liefde na julle gekyk sal word wanneer oordeelsdag aanbreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.