Oscar moet nog ‘die waarheid’ vertel – Steenkamps

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof. (Foto: Themba Hadebe/AP)

Die vermoorde Reeva Steenkamp se ouers, Barry en June, glo nie dat die voormalige sportheld Oscar Pistorius al oop kaarte gespeel het oor wat presies daardie aand in Februarie 2013 gebeur het toe hy hul enigste dogter doodgeskiet het nie.

Dit is nou byna nege jaar later en Pistorius kom in aanmerking vir parool nadat hy in 2016 aan haar moord skuldig bevind en gevonnis is. Daar is sprake van ʼn ontmoeting met Steenkamp se ouers hoewel dit nie duidelik is of dié ontmoeting al plaasgevind het nie.

Die Steenkamps sê hulle het Pistorius vergewe. Hulle glo egter nié dat die tronkdeure vir hom moet oopswaai nie.

“In my oë moet hy nog betaal vir wat hy gedoen het,” het June onlangs in ’n onderhoud met die Britse geselsprogram Good Morning Britain gesê. Sy hou vol Pistorius behoort sy volle vonnis uit te dien vir die moord op haar dogter.

“Dit was vir ons ’n rillerverhaal.

“Hy het geen berou getoon nie en hy sal slegs berou toon indien dit daartoe bydra dat hy uit die tronk kom. Ons het nog nie die volle storie gehoor nie.”

Barry en June Steenkamp, Reeva se ouers, tydens Pistorius se moordverhoor. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/ Pool

June het voorts gesê sy het Pistorius vergewe omdat sy ’n Christen is, maar “dit beteken nie dat hy nié moet boet vir wat hy gedoen het nie. Hy toon geen berou nie en ons glo nie sy weergawe nie. Ek en Barry soek die waarheid. En dit is waaroor hierdie onderhoud gaan.”

Barry het op sy beurt gesê hy en sy vrou was “stomgeslaan” toe hulle onlangs ’n brief van Pistorius ontvang het. Die egpaar het egter nie die inhoud van die brief tydens die onderhoud bekend gemaak nie en gesê slegs hulle en hul prokureur het dié brief gelees.

Hoewel June nie daarvoor kans sien nie, het Barry gesê hy sal graag met Oscar wil gesels.

“Ek en June voel daar is nog baie dinge wat uit hierdie storie moet kom en ons hoop dat Oscar vir ons die waarheid sal vertel.”

June het Reeva gedurende die onderhoud as “die wonderlikste kind” bestempel.

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Foto: Twitter

“Sy het ’n regsgraad gehad. Sy het flieks gemaak. Haar toekoms het vir haar voorgelê. Nou sal sy nooit kan trou nie. Ons het geen kleinkinders nie… Hy het alles van haar af weggeneem én van ons.”

Daar is aanvanklik gesê dat Pistorius eers in 2023 vir parool in aanmerking sou kom, maar daar was oënskynlik ʼn berekeningsfout aan die kant van die departement van korrektiewe dienste (DKD) nadat die aanvanklike 500 dae wat hy agter tralies deurgebring het, nie in berekening gebring is nie.

Pistorius dien tans 13 jaar tronkstraf vir Reeva se moord uit nadat hy haar op Valentynsdag in 2013 doodgeskiet het. Hy is aanvanklik tot ses jaar tronkstraf gevonnis, maar dié vonnis is deur die Appèlhof in Bloemfontein verleng nadat die staat teen Pistorius se vonnis geappelleer het.

Reeva se ouers glo nie dat hulle veel invloed op die besluit rakende Pistorius se parool sal hê nie. “Ons los dit vir die owerhede om te besluit,” het June gesê.

Bron: Good Morning Britain

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Owlie ·

Vergifnis beteken om weg te draai Die man se hele loopbaan is daarmee heen Om langer in die tronk te sit gaan haar nie terugbring nie, hy msg dalk lewenfig wees maar hy het nie juis n lewe daar buite nie Niemand weet wat werklik gebeur het nie Wees n Christen en laat als werklik aan God oor

Androclus ·

Hy moes in die eerste plek aan sy loopbaan gedink het maar toe is hy te selfsugtig een neem ‘n ander se loopbaan weg.

RB ·

Owlie, dis nes jy daar sê. As sy sê sy het vergewe omdat sy n christen is, dan beteken dit dat sy haar reg prysgee op aanspraak vir straf.

Stel jou voor Jesus, wat die christen se voorbeeld is, vergewe sondaars MAAR hulle moet gestraf word vir wat hulle gedoen het.
Dis verregaande!
Vergifnis is ‘n vorm van genade.

Androclus ·

Hy moes in die eerste plek aan sy loopbaan gedink het het toe is hy te selfsugtig en neem ‘n ander se loopbaan weg.

Anoniem ·

Sy loopbaan is dalk daarmee heen, maar die mense het weens sy toedoen ‘n kind verloor. Dis ook God se wil dat jy nie mag moord pleeg nie, dit staan so in Sy 10 Gebooie, nie waar nie?

Susan ·

Owlie, ek stem so saam. Vergifnis is om vry te word en te maak – in Christus.

Johan ·

Jou plasing laat meer vrae as antwoorde by my. Ek kan sien waar jou hart is, maar daar is vir my te veel onduidelikheid oor waar vergifnis ‘n rol speel, en waar die reg sy gang moet gaan. Wie besluit oor waar die skeidslyn is?

Frank ·

Die staat het die swaard van die reg ontvang. Toe die saak deur die staat oorgevat is en reg sy eie gang begin gaan, dis wanneer vertroue in die reg en vergifnis moet inskop. En natuurlik die WETE dat God die uiteindelike Regter is.

Johan ·

Dankie Frank. Maar ek is maar bietjie stadig van begrip. Beteken vertroue in die reg dat hy sy vonnis dan moet uitdien, en kom die vergifnis deel dan in wanneer hy op vroeer borg vrygelaat kan word? En as die ouers nie wil dat hy vroeer uitkom nie, dui dit dan op onvergifnis? Ek vra omdat ek self met ‘n ding sukkel, en nie meer weet na watter kant toe met my redenasie nie. Ek weet ek moet vergewe, maar as ek dit nou doen, gaan dit bloot net woorde wees, nie ‘n hartsverandering nie.

Mieke ·

Dis in die ou testament. Jesus het gesê draai die ander wang en Paulus praat baie van genade van God… Mens kan die die wette van die ou testament gebruik vir die Nuwe Testament nie!

Vlooitjie ·

Ek dink dis moeiliker vir Reeva se familie as vir die res van ons wat van buite af kyk om net te vergewe en te let go. Die bottom line is hy lewe NOG en hul kind is dood. Dis waar die pyn en onregverdigheid lê ongeag of hul hom vergewe het of nie. Dis wel so dat niks haar kan terugbring ongeag of Oscar op parool kan gaan of nie, maar hê ook die nodige verstaan vir Reeva se mense se verlies wat ALTYD gevoel gaan wees.

melaney ·

Wat ek opmerklik gevind het gedurende daardie verhoor, was hoedat sy oom, tante, broer en suster hom bygestaan het. Oscar se oom het baie tyd afgestaan om die media te woord te staan. Ek het regtig baie respek vir hulle.

Roebs ·

Wat is vergifnis as jy nie kan toelaat dat iemand vry kan wees nie? Dan sit jy net soos hy ook in die selle tronk.

Anoniem ·

Hoekom moet hy vrygelaat word, hy het moord gepleeg en nie uit selfverdediging opgetree nie, daar is ‘n reuse verskil.

Roebs ·

Gaan oor vergifnis hier as jy iemand vergewe moet jy dit volkome doen jy kan nie net halfpad iemand vergewe nie, om iemand te vergewe is om alles wat hy gedoen het te vergewe en vergeet mens kan nie met die helfte doen nie, of besluit wat jy gaan vergewe nie. As God ons vergewe is dit alles nie net wat ons gedoen het nie maar ook wat ons nog gaan doen. En dan is ons vry want hy het ons totaal vergewe. jy sien Manie as ek iemand vergewe is dit vir alles. en dan is ek ook vry. Dan is die seer en die kwaad ook weg, mense is geneig om aan te hou met die seer en kwaad maar jy het dan nie daardie persoon vergewe nie. want as jy het tel niks neer nie…

Vlooitjie ·

Wie besluit vir die familie oor die regte tyd wat hul nou moes vergewe en aanbeweeg? Ek dink hul pyn sal altyd groter wees as wat hy skuldig voel. Ten spyte van die feit dat sy LEWE onherroeplik verander is agv die hele insident, het hy nog ‘n lewe, Reeva nie. Dis wat vir hulle moeilik is.

piet ·

Dis korrek dis hoekom hy aan moord skuldig bevind is maar daar is grade van moord volgens die Reg. Daar’s ‘n verskil tussen ‘n goedbeplande moord en ‘n geval soos om iemand byvoorbeeld “per ongeluk” in ‘n skare mense dood te skiet. Kan steeds moord wees in laasgenoemde geval maar die straf sal ligter wees. In Oscar se geval het die hof beslis dat hy nie beplan het om haar te vermoor nie hulle was tevrede met sy weergawe dat hy gedink het dit was ‘n inbreker.

Anoniem ·

Die wet sê duidelik wanneer jy mag skiet of nie. Jou lewe moet in gevaar wees. Daar mag geen ander uitweg wees as om te skiet nie. Jy mag nie die perke van noodweer oorskry nie. Hy het al die reëls oortree. Sy lewe was nie in gevaar nie, inteendeel, hy kon nie sien wie agter die toe deur was nie. Hy is deur niemand aangeval nie, sy lewe was dus nie in gevaar nie. Hy het duidelik die perke van noodweer oortree. Hy kan nie sy gebrek as verskoning aanbied nie. Indien hy gedink het dat dit ‘n inbreker was, moes hy gewag het totdat hy die inbreker gesien het, jy mag nie blindelings na ‘n ongeidentifiseerde agter ‘n toe deur skiet nie.

sopbeen ·

Al kom hy uit sal die lewe buite die tronk ook soos ‘n tronk voel soos die mensdom en veral die media hom gaan teister. Daar is nie ‘n groter tronk as om deur die gemeenskap verwerp te word nie.

Vanessa ·

Ek dink nie dis te veel gevra om die waarheid te hoor wat daardie aand gebeur het nie. Haar ouers verdien dit. Dit sal nie die seer weg neem of vir Reva terug bring nie, maar miskien sal hulle berusting vind.

Ek glo ongelukkig ook in geregtigheid, hy moet sy vonnis uitdien. Dink net as almal vroeër uit die tronke kom oor goeie gedrag en bla bla bla. Hoeveel keer is daar bewys dat dit juis hulle is wat later weer moor, verkrag, ens. wat maak hom anders.

Sy oom sal seker maak hy kom weer op die been. Hy is nou presies waar hy hoort.

Tante Toekie ·

Wat maak ander kriminele meer spesiaal? Of kry ons dalk net lekker om ‘n sogenaamde reus te sien val? Wat van ander gesinne wat uitgewis is, of is die moordenaars nie merkwaardig genoeg nie?

So, wat is die waarheid? Dit wat vir ons soet op die oor val?

piet ·

Hulle het reeds die waarheid gehoor en hy het sy tronkstraf volgens die wette van die land uitgedien. Tyd om aan te beweeg.

Elinette ·

Ja, en diegene wat in glashuise woon, is die vinnigste om die grootste klip te gooi ….

Duck ·

Hou hom daar. N oog vir n oog. Bly sit! Arogante mannetjie! Julle sal n ander deuntjie sing as dit met jou dogter gebeur

Theuns ·

Jy sal nie antwoord kry nie. Dis egter hoe word ALLE moordenaars hanteer? Hanteer hom dieselfde dan is ek an ander gelukkig. Moordenaars is moordenaars daarom kan daar nie net op EEN konsentreer word met ekstra straf nie. Geen geregtighied word gedien as enkelinge uitgesonder word nie.

Perdeby ·

Ek wonder of dit hulle beter gaan laat voel, en of dit Reeva gaan terug bring as hy langer in die tronk bly. Selfde met Janus Walus wat Chris Hani se vrou nie wil hê hy mag na 30 jaar op parool uitgaan nie, want hy het nog nie berou getoon nie, gaan dit vir Hani terug bring?? Verkragters en moorderaars wat ander kleure is word maar net op parool vrygelaat, sonder enige gesprekke met die ander families.

Rooikopheks ·

June en Barry Steenkamp het nog ń ouer dogter, snaaks dat hulle net praat oor 1 kind. Die suster van Reeva was wel by die hof verigtinge met Oscar se verhoor.

Alleen Wolf ·

As hulle dan ook oor die s.g. enigste kind wat maak hulle beter ???

Estelle ·

Dit is net June se dogter. Reeva was hul enigste kind saam.

Elinette ·

Snaaks, Maroela Media sê in paragraaf 1 – “hul enigste dogter”???

piet ·

June en Barry het net een kind saam gehad, Reeva. Reeva het ‘n half-broer en half-suster ook gehad wat oorsee woon.

Cecilia ·

As Jesus ons mensdom kon vergewe het na sy kruisiging en opstand, wat maak ons beter as HOM?
Wat ook al gebeur het dit sal haar nie terug bring nie en ek dink van Oskar se kant hy is die een wat met sy gewete moet saam lewe as hy skuldig was. Nege (9) jaar is n lang tydperk om berou te he. Laat hom vry dat almal se gemoedsrus tot ruste kan kom, om aantehou dwel oor die verlede gaan ou hartseer terug bring. Laat haar siel tot ruste kom asb.

Theuns ·

Hy het reeds in hof verskoning gevra en berou gewys of is trane nie berou nie? Haat kan nie regverdigheid dryf nie. Hy is geregtig op parool. Hul het hom reeds langer laat toesluit as ander moordenaars in RSA.

AmY ·

Niks gaan Reeva terug bring nie. Maar dis net reg dat hy sy tyd klaar maak.
As hierdie in die 80’s gebeur het, was hy dalk gehang.
Ek hoop Reeva se ouers vind berusting. Nie dat ek dink dis enigsins moontlik nie.

piet ·

Hoekom, hy moet mos soos enige ander prisonier in aanmerking kom vir parool volgens die wette van die land. Hulle sal nie berusting vind nie, hulle is die tipe wat nooit sal vergewe nie, mors van tyd om eers met hulle te ontmoet..

Louise ·

Al vertel hy die waarheid sal niemand hom glo nie, dit is maar hoe die mensdom is.
Gaan luister na die woorde van “Die Heuwels Fantasies” se “Ons moet leef, ons moet lewe, ons moet leer om mekaar te vergewe”

Ronelle ·

Ek stem saam! Net soos wat bespiegel word oor hom en wat die aand gebeur het, word daar ook bespiegel oor haar en wat daartoe aanleiding gegee het.

Jean ·

Dit is hoekom Janus Wallus nog in die tronk sit, al is mens 100% skuldig en toon geen berou nie dan moet mens nogsteeds uit die tronk kan kom na jou tronkstraf tyd verby is.

clourens ·

Nee wat die waarheid wat hulle wil hoor is net dit wat die Steenkamps DINK gebeur het. Vergewe is vergewe. Hulle vergifnis beteken niks dit is by God wat hy vergifnis moet kry. Oscar gaan geen jolly patrolie kry as hy uit kom nie. Hy gaan mense in die oë moet kyk en weet dat hulle weet wat hy gedoen het. Die wereld buite die tronk is op baie vlakke net so hard soos in die tronk. Hy verdien om op parool vry gelaat te word. Hy hoef voor niemand te kruip nie. Hy het sy straf uitgedien.

Swerwer ·

Met Vergewe iemand beteken jy aanvaar wat gebeur het en sit dit agter en gaan aan. Vergeet kan ‘n mens nooit nie. God het aan die Kruis gesterf vir ons sondes, Hy vergewe ons net soos ons ons skuldenaars moet vergewe.

Agge nee ·

Ek het hom vergewe, maar hy moet boet. Vreemde vergifnis. Vreemde Christen. As jy REGTIG vergewe het, wil jy nie nog wraak hê nie. As Christus jou vergewe, is jy vry en word jy nie meer vir jou dade gestraf nie. Om te haat is soos om gif te drink en te hoop jou vyand gaan dood. Vergewe volkome of los dit. Moenie ons met mooi woorde mislei nie.

Casper ·

Hoekom praat die Steenkamps van hulle enigste dogter as hulle nog ,’n dogter het.Jy mag nie haat nie maar haat dit wat hy gedoen het.

Mariana ·

En wat as hulle nie van die waarheid hou nie, wat as hulle iets hoor wat hulle nie wil nie., of ook nie sal wil glo nie. Sy het hom nog nie vergewe nie glo dit nie vir een oomblik. Hy sal nooit weer dieselfde lewe hê nie. Laat hom vry.

007 ·

June hoe kan sy sê hy het geen berou nie? Hy het alles in sy vermoë gedoen om met julle te praat maar jy het geweier, en weier nogsteeds. Oscar het elke dag gehuil en was baie jammer. Ek stem saam hy lewe maar dis geen lewe in ons tronke nie. As jy vergewe soos jy sê jy ‘n Christen is laat die man gaan. Sy lewe is ook verby soos ons hom geken het.

Elinette ·

Ja, los dit vir die owerhede om te besluit oor sy parool, al dan nie. Die Steenkamps het die perdjie van simpatie en meelewing oor hul dogter se dood behoorlik holrug gery. Mev. Steenkamp sê hulle het OP vergewe omdat hul Christene is – maar tog sê sy sy glo nie die tronkdeure moet vir OP oopswaai nie? As mens vergewe, dan vergewe jy VOLKOME, nie net ten dele nie. NIKS wat enige iemand nou doen, sal Reeva terugbring nie. Ook moet ek sê ek dink sy was self nie leliewit van onskuld nie. Ek dink dit was ‘n “crime of passion”. OP het reeds geboet vir sy wandaad. Wat sal ‘n derm-uitrygery oor ‘wat regtig gebeur het’ nou help?

piet ·

Justice for Oscar. Hy moes al ‘n paar maande terug op parool vrygelaat gewees het.

Keelvol ·

En die plaas moordenaars? Moes hulle ook al vry gelaat gewees het?

piet ·

As ek Oscar is, trek ek my blades aan en hardloop ver weg van hierdie familie.

Andries ·

Hierdie mense hou daarvan om sensasie te soek. Sodra daar ‘n poging is vir parool aansoek, hardloop hul na die media wat die “hype” verder aanblaas ALA Janus Walus wat al 30 jaar in die tronk is. Maar een vorige pres het gedokumenteerde moord gepleeg en het net 27 jaar gedien.

Waarnemer ·

Dit bly n hartseer verhaal…maar hoe gaan Pistorius se lewe buite die tronk wees?Hy gaan n uitgeworpene wees… almal weet van die parapleeg wie vir Reeva koelbloedig vermoor het….Hy is beter af daar waar hy nou is.

Kiki ·

Mense mense versag jul harte. Genoeg is genoeg. Niks kan haar terug bring is tragies. Vergifnis maak jou vry.
Sou n oog v n oog, tand vir n tand sou almal blind. En haasbek rond geloop het.

Jammer vd hartseer en pyn Oscar is ook net n nietige mens. Leef en laat leef.

Hy het n duur Prys betaal laat hy nou opstaan oor begin.

Waarnemer ·

As Jesus ons kan vergewe en ons kan aan beweeg,wie is hierdie vrou om te se “Ek het hom vergewe maar hy moet boet vir wat hy gedoen het”?Wat as Jesus vir jou se “Ek het jou vergewe maar sorry my jy sal steeds moet boet vir al jou sondes wat jy gepleeg het en wat jy nog gaan pleeg”?Nee,Jesus se HY het AL my sondes vergewe en dit uitgevee uit my boek van die lewe,met ander woorde,dit is verby,weg,vergete.Finish en klaar….Amen dankie Jesus dat U my sondes vir my uitgevee het.Oscar het n fout gemaak ja,hy het n lewe geneem ja,maar hy het sy straf gekry,berou daaroor en verdien om aan te beweeg.

Tokkelos ·

Nee wat, Oscar het in ‘n oogwink Reeva se lewe weggevat en of haar ouers hom vergewe het of nie, verdien hy nie om weer die vryheid van LEWE buite die tronk te ervaar nie, want hulle (haar ouers en familie) sal NOOIT weer ‘vry’ wees nie. Hy behoort te vrot waar hy is!

Theuns ·

Die haat verander niks. Dis eintlik afbrekend . Oscar het sy straf uitgedien en hoort op parool. Die stelsel kan n ie diskrineer omdat daar ‘n paar mense is wat nie die reg verstaan nie. Die hatigheid is skokkend. Dit maak niks reg. Daar is baie vrae wat nooit beantwoord is nie, maar nie net aan sy kant nie…. dit pla

AH ·

Niemand weet hoe die Steenkamps voel nie, want julle is nie in hul skoene nie en daarom kan julle nie oordeel nie! Ek weet net dat as ek in hul skoene was ek nog nie gereed sou wees om te vergewe en vergeet nie. Oscar se lewe soos hy dit geken het is ook verby, maar hy het nog die keuse om met die res van sy lewe te maak wat hy wil. Hy het Reeva van haar LEWE ontneem en behoort die res van sy tronkstraf uit te dien al bring dit haar nie terug nie. Niemand sal ooit weet wat daardie nag gebeur het nie, maar al Oscar se trane mag dalk berou wees of toneelspel….In my opinie behoort die hoeveelheid trane wat iemand stort nie te bepaal of die persoon parool mag kry al dan nie.

Elinette ·

Maar dan moes mev. Steenkamp nie gesê het sy het Oscar vergewe nie, maar ……….

Anoniem ·

Oscar dit raak tyd dat jy die volle waarheid aan Reeva Steenkamp se ouers moet vertel. Hoe sal jou familie en ouers gevoel het as dit jy was wat doodgeskiet was???

Poener ·

Almal hou aan hy moet die waarheid praat, hoe weet hulle hy doen nie? En wat baie duidelik is, is hoe haar ouers die koei melk, hoekom hardloop hulle heeltyd na die UK media toe? Dis omdat hulle in ponde betaal word. Die hele ding het net ‘n media sirkus geraak.

Ian ·

Wat vir die een goed is is vir die ander goed. Reels is reels en die reg is die reg. Ek kom agter wit mense haat witmense erger en die straf moet erger wees vir hulle in SA. As jy dan se jy het vergewe en hy het sy tyd gedien wat moet nou nog gebeur?
In dien hy nou vrygelaat word dan is hy nie veronderstel om weer verwerp te word nie. Hy moet weer kan opbou en ontwikkel maar omdat hy WIT is……… Daai vloekwoord. Geen groter rassis as n wit op wit nie het ek al deesdae dit agter gekom. O ja en dan sal ons mos natuurlik se maar ek is n Christen regtig?? Dis mosterd na die maal laat die ou nou aangaan met sy lewe en dan natuurlik die media wat dit ophemel soos hulle Julias ophemel moet onnodige media dekking kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.