Oscar-moordverhoor: Glo onmoontlik om skote se volgorde te bepaal

Barry Roux SC vir Oscar Pistorius op 8 Mei 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Barry Roux SC vir Oscar Pistorius op 8 Mei 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Dit is glo nie moontlik om presies te bepaal in watter volgorde Oscar Pistorius die skote gevuur het wat tot Reeva Steenkamp se dood gelei het nie, het die Pretoriase hooggeregshof Donderdag gehoor.

Thomas “Wollie” Wolmarans, ʼn ballistiese kenner, het tydens die atleet se moordverhoor gesê hy het ʼn fragment van ʼn koeël in die toiletbak opgespoor en dit aan die polisie oorhandig. Polisiebeamptes wat die misdaadtoneel ondersoek het, het glo nie dié bewysstuk opgemerk nie.

Wolmarans sê die tipe koeëls wat Pistorius gebruik het, swel soos ʼn sampioen wanneer dit ʼn teiken tref en veroorsaak ʼn groter wond. Hy het getuig dit is dus nie moontlik om presies te bepaal in watter volgorde die skote gevuur is of in watter posisie Steenkamp se liggaam was toe sy geskiet is nie.

Wolmarans se getuienis duur Vrydag voort.

Pistorius word van moord aangekla nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

katryn ·

Mnr Gerrie Nel, ons vertrou en weet dat GEREGTIGHEID SAL GESKIED. U ‘VEE” die “TAFEL VAN DIE VLOER AF MET U “ONDERVRAGING/GETUIENIS tegniek,. VAN DIE SG. GETUIENIS VAN DIE VERDEDIGING…..Net ‘n kwessie van TYD.

Geregtigheid.. VIR REEVA STEENKAMP.

Kappi ·

Katryn – ek is so dankbaar dat ek nie ‘n regter is of hoef te wees nie. Eintlik sal net Oscar en ons Hemelse Vader presies weet… ek dink net dis nie menslik moontlik om so vinnig ‘n klomp liegstories te versin en dan nog ‘n klomp geld uit te gee om dit te probeer staaf nie. Ek wil maar eerder sê – onskuldig tot hy skuldig bevind word. Self wil ek nie ‘n oordeel werp nie want sê nou net dis verkeerd!?? Wat die uitspraak ookal gaan wees – vir die res van sy lewe sal Oscar dra aan dit wat gebeur het. Skuldig of onskuldig sal hy die straf daarvan dra vir altyd…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.