Oscar nog minstens só lank agter tralies

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

ʼn Hersiening van die besluit om Oscar Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, sal op 18 September deur die paroolhersieningsraad aangehoor word.

Die Pistorius-familie het in ʼn verklaring aan die media bevestig dat hulle ingelig is oor die datum vir die hersiening van die Paralimpiese atleet se moontlike vrylating onder korrektiewe toesig. Die verklaring het gesê die saak word deur Pistorius se regspan hanteer en die familie sal geen verdere kommentaar lewer nie.

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het twee dae voordat Pistorius op 21 Augustus op korrektiewe toesig uit die Kgosi Mapuru II-gevangenis vrygelaat sou word, die besluit teruggetrek. Masutha het gesê daar was geen wetlike grondslag vir die besluit nie, aangesien dit geneem is voordat Pistorius ʼn sesde van sy vonnis uitgedien het soos deur die wet vereis word.

Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit, wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande of ʼn sesde van sy tronkstraf uitgedien het.

ʼn Woordvoerder van die departement kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

alida ·

Walglike kommentaar. Ek skaam my vir my nasie. Het julle nie kinders nie en bly julle in glashuise. Nietemin hou julle smerige vuil kommentaar by die huis!!!

Suzette. Bosman ·

Dit is skokwekkend dat n mens se lewe net n paar maande werd is in die oe van die gereg!!! Hoeveel jare het hy haar nie van haar lewe ontneem. Nie?! Vandag word verkragting erger gesien as Moord en almal kom net weg met moord. Ons SAPD rand publiek aan onskuldige mense! Die he’ll is los in SA met sy metgesel Zuma. Useless goed. Doodstraf moet terug. Moord is Moord en as jy. N ander se lewe sommer netso kan vat moet jy ook boet met jou lewe! Maar ek glo geld speel ook n rol hier. Hoop staat se appel slaag en hy word skuldig bevind aan moord want dit is wat dit is en wat maak hom so spesiaal

Willie ·

Absoluut – ek sal in ons regstelsel glo as die glipsie vir 15 jaar gaan sit.

Winston ·

Ek verstaan niks meer en hoe dit funksioneer nie. Eers parool, toe teruggetrek. Eers skuldig bevind aan strafbare manslag(na my mening verkeerdelik) en nou op appél. Kan die staat dan NIKS reg doen die eerste keer nie. Dis tyd dat Christen gelowiges die Satan bind.

CHRISTA ·

Christengelowiges kan nie Satan bind nie. Ons kan Christus alleen vra om dit te doen, maar dan moet ons terugkeer na Hom!!!

Dave ·

Winston, dit klink asof dit nodig is om aan jou te verduidelik wat aangaan. Die nagevolge van die oorsaak het uitgeloop op ‘n hewige hofstryd gevoer deur van die beste wetsgeleerdes en debateerders in die land. Hulle is besig met ‘n skaakspel gevoer oor meer as een rondte. Miskien is Pistorius nie eens meer ‘n faktor in ‘n spel waar die beste woordvoerder se laaste woord ‘Skaakmat!’ gaan wees.

Sue ·

Moord is moord. Bring die doodstraf terug. Daar is té veel moordenaars wat rondloop net om weer moorde te pleeg. Wat vir die plaasaanvaller-moordenaar geld, moet vir almal wat geen respek vir sy naaste se lewe het nie, geld. Daar is net eenvoudig te veel wangebalenseerde moordenaars in Suid-Afrika. Raak van hulle ontslae.

Cindy ·

Ek wil nie eers hierop kommentaar nie :) Soos my ma my geleer het, as jy niks goeds kan sê nie, bly dan eerder stil…

Dave ·

As jy by jou ma geleer het sou jy nie kommentaar gelewer het. Jy wil nie maar doen tog.

Anti-Haas ·

Stem Saam Willie, Ek hoop die staat wen sy Apel sodat die klag na moord verander.

Eliza-beth ·

Liewe hemel tog, daar is BAIE erger dinge ind ie land en wereld aan die gang nou k*k en kerm almal oor hoe lank of hoe iemand gestraf moet word wat minstens berou toon. Verder was julle nie een daar nie. Doen iets met julle tyd – daar is kinderhuise wat SUKKEL om te bestaan, gebruik jou tyd eerder positief en doen ‘n EFT oorbetaling om hulle te help. Oumense word verwaarloos maar nee, ons sit en sweer soos ‘n vrot seerplek oor een ding. Gebruik jou tyd wat jy sit en negatiewe kommentaar lewer en besoek ‘n ouetehuis of gaan kuier gou met ietsie in die hand vir ieamand wat eensaam is. En voor julle my nou weer aanval, en se ek moet doen wat ek se; ek het ondersteun 2 kinders finansieel elke liewe maand in Abraham Kriel kinderhuis in Nylstroom wat bitter swaar kry. Limpopo regering het vir amper VYF maande (ja reggelees, VYF) geen van hul maandelikse toelaes aan hulle oorbetaal nie. Nadat hul met hofsaak gedreig is het hul uiteindelik ‘n week of so gelede betaal maar ‘n HALFMILJOEN rand te min. DIs die realiteite in ons wereld. DIS waarmee ons ons eerder met besig hou. Ek werk my gaai af om hierdie onder mense se aandag te bring in die hoop dat hulle sal bydra, ek het al gereel vir onderhoude op tv en RSG, ek doen my bes. Dalk net ‘n druppel in die emmer maar elke druppel help die emmer volmaak. As elkeen van julle wat jou so negatief is hier tog net in vadersnaam dit LOS en op die kinderhuis se webwerf gaan waar alle besonderhede (onder Finansies) is oor hoe om te skenk sal julle iets positiefs doen EN glo my, sommer goed voel en vergeet van Oscar en Karlien en Amor en wie ookal NOG! Dankie, ek hoop IEMAND lees die en DOEN!

Ansie ·

Ek sien so baie wens/vra die doodstraf terug …het julle gedink wat met ons blankes gaan gebeur ? ons gaan swaai vir die geringste dingetjie …ons blankes word reeds so verniel en nou vra julle nog soiets!!! waar geen REG EN GEREGTIGHEID geskied nie …PASOP WAARVOOR JULLE VRA DIT KAN IN EEN LELIKE DING VERANDER … ons blankes is reeds met ons broek op die kniee … kyk hoe word ons mense alreeds onskuldig mishandel deur die gereg en sogenaamde polisie …

Seookmanet ·

Ek stem saam, daar is soveel moord en doodslag op ons blanke volk, dat ons moet ophou vashaak op “Nitty gritty” goed wat ons nie eers regtig weet wat gebeur het nie…..Ek praat geensins sy gedrag goed nie….Ek se laat hom uitkom..ons weet hy kan skiet, gaan hom nodig he as die oorlog uitbreek in SA een van die dae!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.