Oscar-onderhoud dan op SA-TV

Pistorius in gesprek met Mark Williams-Thomas. Foto: ITV

Pistorius in gesprek met Mark Williams-Thomas. Foto: ITV

Die heel eerste televisieonderhoud met Oscar Pistorius sal dieselfde dag as wat dit in Brittanje uitgesaai word ook op Suid-Afrikaanse televisie te sien wees.

Die eksklusiewe ITV-onderhoud wat deur die ondersoekende joernalis Mark Williams-Thomas behartig word, is in Pistorius se oom se huis in Waterkloof opgeneem. Die onderhoud word Vrydag in Brittanje uitgesaai. M-Net en Supersport het intussen ook die regte bekom om die onderhoud uit te saai.

Die onderhoud sal as deel van ʼn spesiale Carte Blanche-program uitgesaai word vanaf 22:55 op M-Net en M-Net City (kanaal 115). SuperSport sal dit ook weer uitsaai en dit sal daarna op DStv Catch Up beskikbaar wees.

“Die onderhoud sal letterlik minute nadat dit op ITV uitgesaai is op ons skerms wees,” het Jan du Plessis, direkteur: M-Net kanale, gesê. “Die inhoud van die dokumentêr sal ongetwyfeld hoofnuus regoor die wêreld wees en ons kykers sal in staat wees om dit eerste en in hoë gehalte op die M-Net kanale te sien.” Volgens Du Plessis sal die Carte Blanche-span agtergrond en kommentaar oor die onderhoud verskaf.

Maroela Media het vroeër berig dat Arnold Pistorius, Oscar se oom, ontken het dat Oscar betaal is vir die onderhoud. Volgens Arnold het hy besluit dat Oscar wel een onderhoud moet toestaan omdat die familie se stilte gelei het tot onakkurate beriggewing en ongegronde bespiegeling in die media en onder lede van die publiek.

ITV berig Pistorius gee in die onderhoud sy weergawe van wat die aand gebeur het toe hy Steenkamp in die badkamer van sy spoghuis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet het. Hy word uitgevra oor sleutelelemente in die verdediging se saak wat uiteindelik tot sy skuldigbevinding gelei het en praat ook oor sy verhouding met Steenkamp, bewerings van sy vorige aggressiewe gedrag teenoor haar en sy vorige gebruik van vuurwapens. Volgens ITV is die Steenkamp-familie glo gevra om deel van die program te wees, maar het die versoek van die hand gewys.

Pistorius sal op 6 Julie weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn vir vonnisoplegging.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Ja-nee ·

Hoe op aarde kan dit toegelaat word dat iemand wat aan moord skuldig bevind is ‘n televisie-onderhoud voer, en dit nog voor hy gevonnis is? Die getuie is tydens ondervraging op soveel onwaarhede uitgevang dat ‘n mens in elk geval niks sal kan glo van wat gesê word nie. Watter een van die vier weergawes van wat gebeur het, gaan hier opgedis word?
Mense vergeet die feite:
1. Reeva is dood
2. Oscar het haar doodgeskiet
3. Of hy ‘n gebrek het, bang was of nou posttraumatiese stres het, verander niks aan die feite nie.
Dit sal beter in hierdie land gaan as mense leer om verantwoordelikheid te neem vir wat hulle doen.

Oupa D ·

So waar, ja-nee, so waar! Dit laar ‘n mens net weer besef dat hy NOOIT die hof in sy vertroue geneem het met die werklike gebeure nie. Soos jy sê; watter weergawe sal hy nou vertel as die waarheid?

Ahooy ·

Kry seker genoeg geld vir die onderhoud om al sy hofonkostes te dra en dan nog n klompie vir sakgeld. Dis mos deesdae lonend om iets verskriklik aan te vang en dan die storie te verkoop.
Zuma kan ook goed geld maak deur sy storie op skrif te stel!!

Willie ·

Ja dis regtig on van pas.. weet nie hoe dit toelaatbaar kan wees nie? Seker verged vir dit ook nog boonop?

Poplap ·

Alles omtrent hierdie sage is onguur. Die grootste onguurheid is dat dit net nooit ophou nie. Sy volgende stap is seker om international hof te nader want SA is so weed met hom. Hy maak seker nou al voorspraak vir sy saak

Theresa B ·

Ek stel glad nie belang nie. Sal dit geensins kyk nie. En hierdie Poppie wat Oscar nou skielik so vreeslik ondersteun en haar mond oopmaak oor alles en sê Gerrie Nel is die duiwel ens – jy sou ‘n ander deuntjie gesing het as dit jou sussie was. Bly liewers net stil en moenie jou slim hou in hierdie situasie nie. Jy het nie die kundigheid nie.

Joe ·

Oh my word …. gaan OP ook nog lieg stories aan daardie mense vertel soos hy hom ook vas gelieg het in die hof… OP jy het nooit die waarheid in die hof vertel nie , nou soek jy weer simpatie by die tv …. simpatie gaan nie help nie , jy het MOORD gepleeg & jy moet dit nou maar erken . Vat jou straf soos ‘n man & hou op om Jannie Jammer te wees …. Jy moet ook boet vir jou dade , wat goed is vir een moordenaar , is goed vir jou.

Pot ·

Nee, wat Oscar doen nou maar net wat die ou Steenkamps doen vandat die ding gebeur het. As hulle so kan simpatie soek en geld maak deur voortdurend in die media te verskyn kan Oscar seker maar ook. Die Steenkamps gaan seker nog ‘n fliek ook maak hieroor want die boek is klaar geskryf. Wens hierdie uitgerekte sensasie en simpatie soek sepie kry nou klaar!

My bydrae ·

Ek stem saam met Piet. OP het ‘n reputasie wat deur homself veroorsaak is met sy opvlieënde geaardheis, magsbeheptheid en sy passie vir vuurwapens en die hantering daarvan. Sy integriteit is deur homself vernietig deur leuens en sy verwagting dat ander mense die skuld moes neem vir sy oortreding (toe hy gevea het sy vriend moes 8n die restaurabt die blaam neen vd vuurwapen wat OP onder die tafel afgevuur het)Dit was onverantwoordelik om ‘n vuurwapen in ‘n reataurant vir ander te wou wys.

Neewat ·

Gaan waarskynlik net een lang lieg- en selfbejammeringsessie wees.

cobusp ·

Die familie ontken dat hulle betaal is vir die onderhoud………………maklik om by dit verby te kom vra net vir n vrywillige donasie, in $ dus mos nie n betaling nie………….

Mixi ·

Mense, niemand het hier ongeskaad, roemloos en onbevoordeeld hier uitgekom nie. Party het net hierdie finansieële resies perd se rug hol gery en geskep ander het slegter daarvan afgekom. Die gehoor het fokus verloor en n tennis spel hiervan gemaak, hulle neusies in ander mense se sake ingedruk want dis mos lekker om jouself te vervolmaak deur n opinie te gee. Ons dominee het my n ware les geleer en dit is om altyd n opinie te hê maar nie te deel nie want dit saai onmin en wat as jy dalk net verkeerd was in jou opinie. Onthou altyd n mens kan n storie draai deur woorde sodat n beeld geskep kan word wat wenslik is. Ek kies nie kante hier nie, ek is nie n draadsitter nie, ek is bloot n toeskouer en haal my hoed af vir regter Masipa want sy het n astronomiese beroeps en selfverwesentlike veranderende besluit wat sy moet maak. Sterkte.

cobusp ·

Mixi, jy skrywe n hele paragraaf wat nie baie sin maak nie. Die stelling aan Masipa wat hier verandere besluit moet doen,neem ek aan is n moeilike besluit want jy wens haar sterkte toe??? Mixi dus baie maklik, n volbank hoof regters in die hoogeregshof in Bloemfontein het die saak hersien en Oscar skuldig bevind en terug verwys na die plaaslike hof vir n hersiening van die straf. Ons wet het sekere riglyne vir straf onder andere vir moord n minimum van 15 jaar……..My vraag wat is so moeilik om die saak nou af tehandel, masipa moet net handel volgens die riglyne………….kan nie sien waar die draadsitter konsep inkom nie.

M'Lady ·

Aan almal, hou asseblief tog net julle ongure kommentare vir julleself. Die verhoor moes nooit uitgesaai gewees het nie. Almal het n eier te le oor goed wat julle niks van weet nie.

Ai ·

Die simpatie wat die Pistoruis-familie van die begin af gesoek het, waarin Oscar as die slagoffer uitgebeeld is, het die hele debat aan die gang gesit. Dit is ongelukkig nie ‘n saak wat net so sal weggaan nie. Het jy gesien hoeveel vroue en meisies word deur hulle eggenoot/vriend vermoor? En elkeen het ‘n hartseer storie.

Jes ·

Ag nee wag nou! Los die mense dat hulle maar praat. As jy nie wil saam praat nie sluit aan by die resepte afdeling hier op Maroela en los die wat hulle sê wil sê. Daar is ‘n gesegde, as jy jou uit wil gee as ‘n toffie moet jy verwag jy gaan gekou word. OP moes daaraan gedink het ook!

rita ·

As ‘n mens MOORD kan pleeg wat keer jou om leuns te vertel ?????

Sus ·

Die sage het in ‘n media sirkus ontaard….. En met al die kwasie/kantlyn-regters in hierdie land…..ek wonder wat gaan julle sê as een van julle dalk eendag in daai beskuldigde bank beland. Met die ‘crime-rate’ is SA, lyk my, is die kans nogals goed!

cobusp ·

Sus, ek sal seker nie so dom wees en my familie agter n toe deur in n tiolet dood skiet nie……..sal darem eers seker maar waar hulle is………..Mense moet begin verantwoordelikheid vat vir hulle dade in die land…..

Riets ·

cobusp, dieselfde kan gesê word van hoe skiet jy ‘n motordief (jou dogter) wat nie eers in jou huis was om jou te bedreig in die motor dood sonder om seker te maak dat sy nog rustig in haar bed is??? So dit kom ook maar op dieselfde neer dan nie???

Stem saam ·

Stem saam Riets, ek het nog nooit iets hieroor gese nie, want ek het Vleis jammer gekry, dit was die hartseerste ding wat hom oorgekom het. Jy het egter ‘n baie goeie punt beet en dit is nooit na gekyk in Oscar se saak nie. Vrydagoggend is daar in Walvisbaai Namibia ‘n man in sy huis geskiet, die land waar daar nie sulke misdade plaasvind nie, die man is intussen oorlede, die punt wat ek wil maak, die misdaad in die land het hierdie tendens geskep, jy moet 1ste skiet of jy le 1ste. Die man het nei ‘n kans gehad nie, hy was nie ‘n bedreiging, toe hy uit sy kamer kom is hy geskiet. Wat doen ek as ek ‘n geluid in my hoor, skiet daarna, ek gaan nie wag tot een my skiet nie!

Willie ·

Nee Riets, dis nie deislefde nie, jy hetdie kat aan die stert beet….

Anie ·

Oscar het nie eens probeer vlug soos wat lafaards gewoonlik doen nie, hy het heeltyd by haar gebly al was daar genoeg tyd en voertuie!

100% ·

100%, hy het van die begin af gesê, ek het die 4 skote afgevuur, hy het by haar gebly haar probeer red en dadelik die blaam op hom geneem, maar nee ons soek altyd meer, so dankbaar ek is nie ‘n openbare persoon nie, maak nie saak wat hul doen, hul is altyd verkeerd. Praat hy nie word hy in publiek aangevat, praat hy word hy ook aangevat. Daar is nie nog ‘n persoon in die land wat deur is wat hy is nadat hy tragies ‘n lewe geneem het nie!!!! Die manier waarop vroue doodgemaak word, kyk Jade se vingers was in die kattebak vasgeslaan – Anine Booysen was disembowel, maar wat sy was mos net Anine en die moordenaar ‘n doodgewone outjie, so dit is ok, nooit geen mishandeling of moord is ok nie!

Tinkie ·

Oscar is ‘n selfsugtige, egosentriese persoon en Reeva het dit agter gekom. Sy kon nie wegkom nadat hulle rusie gemaak het nie. Hy is en bly ‘n moordenaar en moet gestraf word met die hoogste straf wat daar is. So jammer die doodstraf is nie meer geldig nie! As jy ‘n lewe neem moet dit ook van jou ontneem word! Klaar!

johann cb ·

Ek stem met M’Lady saam. Ek glo hier gaan waarhede uitkom wat bewys dat Reeva nie die engeltjie was way almal van haar maak nie. Sy was ook, net terloops, nie ‘n blondine nie, maar ‘n donkerkop. Gaan kyk gerus in ou tydskrifte en haar skool se jaarboeke.
Ek hoop jy praat nou uit jou hart Oscar sodat heelwat monde, insluitende Adv Nel, gesnoer kan word. Die publisiteit waarop haar familie ry moet nou stop en jy kan dit doen. Vir al die kritici, ja, ek is nog altyd pro-Oscar want die man word só geboelie in die hof, dat hy al bang is om asem te haal! Al is Reeva nie meer daar nie, het die saak twee kante en Oscar gaan nou praat!!!

alida ·

Stem saam Johan.cb. Wat te erg is te erg. Wat die Steenkamps skynbaar nie weet nie is dat geld nie waardigheid, styl en klas kan koop nie. Jy het dit of jy het dit nie.

peanut ·

Paar jaar trug was daar n oom wat sy vrou in hul eie kamer voor die venster dood geskiet het na hy haar as n inbreker gesien het. Die oom het n groot vout gemaak, en moet elke dag met sy gewete loop. Gerrie kan n ware storie laat klink soos n groot leun as hy wil. Oscar het nooit ontken dat hy haar geskiet het nie, en net hy sal weet wat gebeur het. Ek voel almal wat gal braak oor wat gebeur het, was nog nooit in so situasie nie, en besit ook nie n vuurwapen nie. Dit is net lyk my vir sommige mense lekker om te sien dat suksesvolle mense val.

Ja Peanut ·

Ja Peanut, ek stem saam met jou. Ons kyk so ons eie foute en woorde mis, dit is mos te lekker om ander te oordeel en presies te weet wat en hoe hul verkeerd doen. Verder ken almal die bekendes deur die media, ek het nou weer een onderhoud wat hul die persoon se eerlike antwoorde verander het dat dit media regklink, die waarheid is die belangrikste vir jou as persoon, maar nie noodwendig vir die spesifieke media nie, so baie oordeel op dit en jy kan die pos lelik mis sit. Mens se optrede met so iets in die nag, wissel, ek is so dankbaar toe ons ‘n nag besoek, van nogal 3 perde gekry het, het hul ons nie verwag en net so groot soos ons geskrik en op vlug gesit, hul is gekry met skroewedraaiers etc, dit kon ‘n lelike ding gewees het. So oefen maar akuraatheidsoefeninge en hou maar goedjies byderhand, wees 1ste om op te tree en nie 1ste om te lê!

Lh ·

Enigste regverdige verhoor wat Oscar sal kry is deur n internasionale hof, hier is die regbank beinvloed deur die media dekking en n staatsaanklaer wat die blootstelling totaal misbruik het om emosies aan te wakker.

charlene ·

Dankie tog ek gaan nie my tyd mors om die snert te kyk nie. Hy is kastig so siek en armsalig dat hy nie `n woord in die hof kan sê nie maar tv onderhoud kan hy doen. Wens net die ding wil op `n end kom maar nee vir geld sal mens enige iets doen. (Jy moet maar baie dom wees as jy glo hulle het nie geld gekry vir die onderhoud). Dis sulke goed wat mens laat glo die wiel dra nie eintlik nie, hoe slegter jy is, hoe meer mense jy verneder, indoen, vertrap, vermoor… hoe beter is jou lewe.

Dan ·

Nog nooit in my hele lewe gehoor dat onderhoude met moordenaars, na skuldigbevinding, uitgesaai word in hierdie land nie. Hy is klaar skuldig bevind, wat meer is daar te sê? Hy is deur die Hof as ‘n onbetroubare getuie bevind, dus het hy gelieg. Oscar kan maar storietjies vertel, wat hy nooit kan verbykom nie is waarom Reeva die toilet se deur gesluit het. Sy wou hom daar uithou of sy was bang. Waarvoor? En dit is uiters vreemd dat die toilet links van die deur was, en al vier skote tref die “inbreker” wat op die toilet sit? Ag asseblief!

Lh ·

Skuldig bevind aan moord ja, maar nog nooit skuldig bevind op die moord van persoon Reeva nie, bietjie van n groot verskil. Ses soortgelyke sake voor hierdie een is heeltemal anders hanteer, presies dieselfde tipe moontlike oortredings maar omdat dit n bekende is gooi Gerrie Nel alles in, reg of verkeerd, om roem te verwerf, pateties.

Cecily ·

Laat Oscar sy se se ons almal het daai reg. En sy oom het uitdruklik gese hul kry niks uit onderhoud en as hul hom sou betaal sal alle gelde aan liefdadigheid gaan. Ja hyt iemand se lewe geneem maar soos Nel self gese het al het hy gedink dis n dief maak dit nie saak hy mag nie eers n dief skiet nie. Hoop Nel besef deur so iets te se gaan hy baie ander se sake moeilik maak wat in die toekoms mense skiet wat inbreek.

Nicci ·

Miskien moet almal chill en ‘n medium kry om van Reeva te hoor wat gebeur het…daai Tyler outjie oorsee..

Susan Pietersen ·

Ek kan nie verstaan “ander mense” pleeg moord, verkragting ens. hulle is nie elke dag in die nuus nie, waarom kan Oscar ook maar nie in vrede gelaat word nie, hy word mos gestraf, wat wil die mense meer hê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.