Oscar Pistorius: ANC-vroueliga betaal sodat June verhoor kan bywoon

June Steenkamp (R) se vriendin Jenny Strydom, troos haar  tydens die hofverrigtinge Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

June Steenkamp (R) se vriendin Jenny Strydom, troos haar tydens die hofverrigtinge Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Die ANC-vroueliga betaal June Steenkamp se reis- en verblyfkoste sodat sy Oscar Pistorius se moordverhoor kan bywoon, het Beeld Dinsdag berig.

“Sy sal die verhoor bywoon vir so lank as wat die ANC-vroueliga haar uitgawes kan dek,” het Dup de Bruyn, Steenkamp se prokureur, aan die dagblad gesê.

Pistorius het Steenkamp se dogter, Reeva, op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet. Hy word van moord aangekla. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte en voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Jacqui Mofokeng, woordvoerder van die ANC-vroueliga in Gauteng, het aan Beeld bevestig dat hulle, met behulp van die Suid-Afrikaanse Progressiewe Vrouebeweging en individuele skenkings, die koste kan dek. “Ons doen dit sodat sy afsluiting kan kry,” het Mofokeng gesê.

Steenkamp woon in Port Elizabeth en die verhoor vind in die Pretoriase hooggeregshof plaas. Haar man woon nie die hofsaak by nie, so die vroueliga betaal ook vir haar vriendin, Jenny Strydom, om die verrigtinge by te woon. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerda ·

Dit is so onregverdig! Hoekom moet sy gehelp word? Daar is duisende mense wat net so tramaties deur die wreedste moorde geraak word, hoor jy ooit dat hulle deur veral die ANC gehelp word, NEEEEEEEEEEEEE! June is en bly ‘n siek geld wolf. Moenie my verkeerd verstaan nie, my hart gaan uit vir haar oor die tragiese gebeure van Reva. Maar June is so ‘n harde verbitterde mens. Ek bid dat God haar sal aanraak en dat sy vergifnis in haar hart vir Oscar sal vind, en dat sy sal besef dit is ‘n gebeure waardeer duisende van ons land se mense daagliks moet worstel.

sarie ·

nog n stem gewerf vir ANC,June jy sal nou maar stem vir hulle want hulle is goed vir jou.
Wens die hofsaak kry nou einde,dit raak nou afgesaag,stuur hom nou tronk toe met sy vonnis en stuur June huis toe met ‘n lee beursie.

sarie ·

ANC gud vir haar gee haar asb 5stembusse om te stem,stuur Oscar maar nou waar hy hoort,tronk toe of huis toe,En stuur June trug na haar man wat dan so siek is.

Kitsie ·

Gerda en jy bid dat SY vergifnis in haar hart sal vind om Oscar wat haar dogter vermoor het te vergewe ?? Jo ? Hoe sal jy gevoel het as dit een van jou kinders was ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.