Oscar Pistorius-appèl: ‘Dit kan presedent skep’

Oscar Pistorius murder trial

Oscar Pistorius tydens sy verhoor. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Die appèlhof in Bloemfontein sal vandag hoor hoekom die staat meen Oscar Pistorius moet ʼn langer vonnis opgelê word.

Pistorius, ʼn Olimpiese en Paralimpiese atleet, is ses jaar tronkstraf opgelê vir die moord van sy meisie Reeva Steenkamp op Valentynsdag vier jaar gelede. Die aanvanklike aanklag van strafbare manslag is later deur die appèlhof na moord verander.

Tog blyk dit of die staat steeds nie tevrede is dat Pistorius ʼn streng genoeg straf opgelê is nie. Die vonnis wat deur die Noord-Gautengse hooggeregshof opgelê is, is uit sommige oorde skerp gekritiseer en as “skokkend lig” beskryf.

Regskenners meen die staat se kanse om ʼn swaarder vonnis vir Pistorius te bekom, kan beslis geslaagd wees. Hulle voer aan regter Thokozile Masipa moes in hierdie saak ook die voorgeskrewe minimumvonnis van 15 jaar vir moord as vertrekpunt vir vonnisoplegging gebruik het.

Dr. Llewellyn Curlewis, regskenner en voormalige president van die Prokureursorde van Suid-Afrika, het gesê hy sal graag wil sien dat regsekerheid rondom die aangeleentheid bevestig word. “Dit is vir my jammer dat ʼn persoon soos Oscar Pistorius nou die slagoffer geword het van hierdie regsdebat rondom minimum strawwe en vonnisoplegging.

“Daar is simpatie wat vir hom bestaan en ek dink die oorgrote meerderheid van die samelewing wil tans graag sien dat hy ook nou vir eens en altyd kan aangaan met sy lewe.”

Curlewis reken die appèlhof mag dalk vanuit die perspektief meen dat finaliteit in die aangeleentheid gekry moet word sodat Pistorius kan aangaan met sy lewe.

“Maar dit sal nie goed wees vir regspraak nie, want dan beteken dit dat ons nou ’n saak het waar die hoogste hof van appèl gesê het dit is reg om iemand dood te maak en dan net ses of sewe jaar tronkstraf daarvoor te kry. Ek is bang daar word ʼn regspresedent geskep waarmee ons dalk in die toekoms nie meer wil saamleef nie,” het Curlewis bygevoeg.

Volgens Adriaan Janse van Rensburg, ʼn senior vennoot by Phatshoane Henny Groep in Bloemfontein, moet Suid-Afrikaners egter nie verwag dat Pistorius reeds vandag al ʼn swaarder vonnis opgelê sal word nie.

“Ek glo nie Oscar sal vandag al gevonnis word nie, die hof sal slegs argumente aanhoor en uitspraak voorbehou tot ʼn latere stadium,” het Janse van Rensburg gesê.

Die appèlsaak word na verwagting om 10:00 Vrydagoggend in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Des ·

Sodra jou vinger op die sneller is, dan is jy uit om iemand dood te maak. Laat die reg sy gang gaan. Moord is moord. Iemand se lewe was geneem. Hoop ons land sien moord aan as ‘n êrnstige oortreding

Alida ·

Ek dink hy het reeds sy straf uitgedien en het werklike berou getoon. Hoop nou nie daar gaan nou weer 1000 kommentare wees nie. Fokus eerder op die ander sake tans aan die gang.

??????!!!!! ·

Die “president” is al lankal geskep, wat van die swart taxi bestuurder wat verantwoordelik was dat skool kinders dood is deur sy mal optrede om deur die toe trein oorgang hek “boom” te probeer ry

Leahim ·

Daar moet n minimum straf wees vir elke oortreding dan vat jy die beslissing weg van n enkele persoon

Nicolaas ·

Dr Curlewis, waarop grond jy jou mening dat die oorgrote meerderheid vd samelewing wil sien dat Pistorius aangaan met sy lewe? Sommer net jou eie mening? Ons moet onthou dat die persoon wat hy vermoor het, nie meer daar is om aan te gaan met haar lewe nie. En haar ouers? Die regter in die saak het eenvoudige regsbeginsels verkrag en moes dmv ‘n appel reggehelp word omdat sy nie kon insien dat sy die reg verkeerd vertolk nie. Myns insiens het sy dit ook met die vonnis gedoen. Ek dink dis belaglik dat iemand wat aan moord skuldig bevind word sonder provokasie net 6 jaar kry. Dit behoort nie onder 12 jaar te wees nie. Daar was geen getuienis van provokasie nie, waarom kry hy net 6 jaar – oor hy ‘n parapleeg is? Sy gebrek het hom nie gekeer om ‘n weerlose vrou met direkte opset dood te skiet nie. My logika sê die vermoorde het geskreeu ndata sy die eerste keer geskiet is – hoe kon hy dit nie hoor nie? Laat hy eerder uitkom met die waarheid tydens hierdie appel en vertel waarom hy haar geskiet het, eerder as hy halfgebakte storie wat die verhoorhof blykbaar gesluk het. Dan kan hy dalk vergifnis vra by die vermoorde se ouers

Stellenbosch ·

My pa se moordenaar is vroeg vanjaar tot 11 jaar gevonnis – hy het erken hy het die oggend besluit om te gaan moor vir ‘n paar stukkies goed om geld te kry om dwelms te koop. Oscar het dalk ‘n fout begaan maar die publiek wil hom net kruisig. Die harde moordenaars kom weg met die ligste strawwe denkbaar!

Jakes ·

Oscar verdien net die beste. Wanneer jy kyk na die minimum vonnis is selfs dit te lig. hy behoort lewenslank te kry, en kan na 20 jaar aansoek doen vir parool. As jy ‘n onskuldige lewe neem, verdien jy om behhorlik gestraf te word. Hy het met voorbedagte rade die sneller getrek. Maak ‘n voorbeeld van hom en stamp hom hard met ‘n gepaste vonnis. Laat hom sy roem en eer verdien met regs geskiedenis in SA.

Mornay ·

Poging tot moord = 11 Jaar dood kis saak

Moord = 6 Jaar

Help my ek sukkel om te verstaan

PIPPIE ·

My mening ook…Hy het werklik berou getoon. Daar is belangriker sake in ons land waaraan hulle kan aandag gee.

Leeu ·

Belangriker sake as moord? Ek hoop jy voel dieselfde oor ander koelbloedige moordenaars.

Alida ·

Elke saak het sy eie meriete en word daarvolgens gevonnis. Asb mense hou op wraak neem op Oscar. Julle soos honger wolwe.

Nici ·

As hy enige gewone man op die straat was sou hy swaar gestraf word, maar aansien hy ‘n man van aansien is is die straf ligter?!

Alida ·

Hou net op om die man af te kraak. Hy was nie ‘n sleg rondloper krimineel wat in die nag onskuldige mense in hulle huise vermink het nie. Hy het ‘n fout gemaak en het diepe berou getoon. Hy het iets van sy lewe gemaak en sal graag wil aangaan daarmee sodra hy vry is. Kry julle prioriteite reg ASB.

Francois Le Cochon ·

Dinge lyk nie goed vir Oscar nie. Regter het klaar gese^ Barry Roux se argumente dra nie water nie. Regter wou ook van Barry Roux weet,- as Oscar nie bedoel het om vir Reeva dood te skiet nie, het hy bedoel om inbreker dood te skiet? Barry kon nie antwoord nie.

MT ·

Moord is Moord voor God! Jou lewe is nie meer werd as ‘n ander s’n nie. Lewenslank is die regte straf. As jy iemand van sy lewe ontneem, moet dieselfde vir jou geld. Hierdie 15 jaar strawwe en dies meer is net ‘n tik oor die vingers….

John ·

?.. laat Oscar vry en kyk hoe gedra hy hom. Dit gaan baie interessant wees…

suzaan coetzee ·

Waarom moet mense met Oscar se lewe die spot dryf of him veroordeel? Wie van ons kan vinger wys…..
Loop my in sy skoene? ASB mense hou op klippe gooi. Ja natuurlik is daar Reeva se families waaraan mens dink en mee simpatiseer. Maar niks gaan haar terugbring.

Ne? ·

Dis tyd dat tronkstraf uitdiening bietjie hersien word…as jy geld het kom jy ligter af, dis NIE hoe dit moet werk nie. Ook kry sommige wit-boordjie dade langer tronkstraf as vir iemand wie koelbloedig ‘n moord gepleeg het – ek stem saam met Mornay, ek verstaan ook nie. Dit gaan nie oor witmense en swartmense nie, die gaan oor die beginsel van die saak. Diegene wat noem dat Oscar “diep berou het en alreeds swaar genoeg gekry het”, wat sou jy dink as dit JOU dogter is wat deur haar kerel vermoor is wie al vorige kere gedragsprobleme getoon het. Hy moes al voorheen met roekelose hantering van handwapens toegesluit gewees het. Die man is nie lekker in sy kop nie, natuurlik sal hy lang trane tjank want hy is uitgevang!

anton ·

Die mense wat stawwe wil vergelyk en vonnisse wil vergelyk het duidelik nog nooit baie hofsake gevolg of bygewoon nie.
Die regstelsel in die land is allermins in baie opsigte, regverdig!!!
Om nou so tekere te gaan oor een mens se vonnis is belaglik.
Daar is duisende oortreders daar buite wat weg gekom het met strawwe wat nie in lyn is met die oortredings nie.
Self moordenaars wat nooit eers aangekla is of tronk toe gestuur is nie.
Maar op Oscar moet die vonnis wees volgens die publiek wat regters wil speel.
Sal seker goed nooit verstaan nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.