Oscar Pistorius dalk binnekort vry

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius, wat skuldig bevind is aan strafbare manslag ná die dood van Reeva Steenkamp, kan moontlik oor drie maande al ʼn vry man wees en het aangedui hy sal graag met kinders wil werk ná sy vrylating.

Rohan Kruger, Pistorius se regsverteenwoordiger, het gesê Oscar bestee nagenoeg 23 uur van die dag in afsondering en dat hy meestal Bybel lees en bid. Pistorius word in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria aangehou.

Pistorius is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Volgens Pistorius het hy gedink sy was ʼn inbreker.

Kruger het aan die Sunday Times gesê Pistorius ly steeds aan skok weens Steenkamp se dood. Volgens Kruger is Pistorius gretig om met kinders te werk wanneer hy vrygelaat word. Hy het ook gesê Pistorius is baie eensaam.

Pistorius is gevonnis ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet waarvolgens Pistorius ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis moet uitdien voor die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kan oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Pistorius dien sedert Oktober verlede jaar tronkstraf uit wat beteken dat hy in Augustus tien maande tronkstraf uitgedien het.

Die staat appelleer teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag en wil hê hy moet skuldig bevind word op die ernstiger aanklag van moord. ʼn Datum is nog nie vasgestel vir wanneer die saak in die hoogste hof van appèl aangehoor sal word nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

Ek wens regtig Gerrie Nel wil dit nou los!! Die hele ding is lankal pap geslaan.

Leon ·

Gerrie Nel het reeds aangejaag toe hy prober het om Pistorius skuldig te kry aan moord met voorbedagte rade. Met die gevolg dat moord met dolus eventualis oor die hoof gesien is. Ekself as aanklaer met ondervinding in die militere howe sou van dag een af gefokus het op doilus eventualis en heelwaarskynlik suksesvol gewees het – effektief het Pistorius skuldig gepleit op mansslag.

stefan ·

so wat die reg eintlik vir ons as burgers van die land wil se is pleeg moord jy gaan net n rukkie tronk toe en als is weer reg .ek dink dis n hele verkeerde ding wat gaan gebeur

ds ·

ek sien moeilikheid kom met die storie so pleeg moord en sit net rukkie werk nie hulle dink nie aan die gevolge nie hy wil met kinders werk hy wat so opvlammende humeur het nee ek kan nie sien dat dit gaan werk nie

Neptunus ·

Sal baie jammer wees as hy uitkom voor sy appèl afgehandel is. Laat ons hoor wat die regsmense in Bloemfontein hieroor sê op die einde. Die verhoorregter het self gesê hy was ‘n swak getuie wat sy weergawe voortdurend aangepas het.

debbie ·

hy bly net weg van my kinders af en rk glo glad nie sy prok dat hy vir 23 uur bybel lees en bid nie dink hulle nou dat hulle ander mense se harte gaan sag maak met so n storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.