Oscar Pistorius dalk in leuen betrap

Oscar Pistorius op 19 Maart in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 19 Maart in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Die Daily Maverick berig Oscar Pistorius het moontlik, in ten minste een opsig, vals getuienis aan die hof voorgehou tydens sy moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof.

Pistorius het getuig oor ʼn bootongeluk wat op 21 Februarie 2009 op die Vaalrivier plaasgevind het.

Hy het gesê die son was besig om te sak en het op die water geskyn. Hy kon dus nie behoorlik sien toe die ongeluk plaasgevind het nie. Die atleet was vir ʼn paar dae lank in die hospitaal en moes rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig ondergaan.

Die Daily Maverick het egter met verskeie ooggetuies gesels wat bevestig dat die ongeluk ná donker plaasgevind het.

Volgens mediaberigte in daardie stadium het Pistorius ʼn drywende boomstomp getref, maar dit het later aan die lig gekom dat sy renboot ʼn klein kaai getref het. Pistorius het in daardie stadium gesê hy kon nie die kaai sien nie, aangesien dit nie op die water gedryf het nie. Die atleet het ook geen melding gemaak van die kaai in sy getuienis nie.

Michael Aitken, wat eiendom besit aan die Vaalrivier, het net ná die ongeluk op die toneel aangekom. Hy het met die staatsaanklaerspan in verbinding getree nadat hy Pistorius se weergawe gehoor het, en aangedui dat hy ʼn beëdigde verklaring sal aflê oor sy getuienis. Aangesien die staat egter reeds sy saak afgesluit het, kan daar nie nou meer iets aan gedoen word nie.

Gerrie Nel, staatsaanklaer, en Barry Roux vir Pistorius, het die hof uitstel versoek tot 5 Mei.

Klik hier om die volledige artikel in die Daily Maverick te lees.
Klik hier om hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Delia ·

Stem saam….is al g…vol vir al die stories wat uitkom wat NIKS met die verhoor te doen het nie!

BullsEye ·

Hy het dit oor homself gebring deur sy optredes … wat jy saai sal jy maai

Noelene Goosen ·

Hoekom praat Oscar nie maar eerder die waarheid en die volle waarheid nie,baie swak voorbeeld vir soorgelyke gevalle in die toekoms.

haai baai ·

hy weet wat hy in jaloesie en woede aangevang het. hy moes eerder vd begin af die waarheid gepraat het.
hy is vewaand genoeg om te dink hy kan wegkom hiermee

Elize Grensemann ·

BAIE JAMMER VIR STEENKAMP FAMILIE!!OSCAR SE HELE GETUIENIS IS NET RONDOM HOM,HYT BEDREIG GEVOEL,HY WAS BANG!HYT NIE SKOOT IN RESTAURANT LAAT AFGAAN NIE!!HYT NIE DEUR “SUNROOF”GESKIET NIE!!ALMAL LIEG NET HY PRAAT WAARHEID!!!!UFFFF!!!!PATETIES!!!!STERKTE GERRIE NEL HOOP GOD LAAT GEREGTIGHEID GESKIED!!!!N LEWE IS GEVAT EN N FAMILIE SE HARTE IS STUKKEND GESKEUR!!!

Knor ·

Dan sal ek nou bitter graag wil weet, wat die bootongeluk met die saak voor die Hof te make het. O liewe hel, ek kyk nie eers meer tv of lees koerant/tydskrif nie. Ek wil kots.

fransie ·

Liewe land wat het die bootongeluk met die moordklag te doen – wens dit kan nou einde kry – dit neem mens se lewe oor – wat jy kyk, luister en lees dit is altyd daar!!!

Leana ·

Sy weergawe van die bootongeluk bewys net hoe pas hy sy stories elke keer aan. Dit bewys ook weereens hoe hy lieg !

Ag nee suid-afrika ·

Wens julle wil oscar uitlos, regtig nie gedink Christene sal anders christene so behandel nie. Hy het ook ‘n reg om te lewe. Kyk bietjie breer in die wereld, mense word doodgemaak met byle, is dit aan die hele wereld verkondig? Nee dis net ‘n geld maak storie. Hoe gaan hy weer ooit sy gesig in die wereld kan wys. Ek wil regtig nie in sy skoene wees nie. Al wat ek kan se, vra God om hulp want jy Oscar verdien dit nie. Wie se foute is al so aan die wereld gewys?/?? Niemand sin nie. Onthou ‘n saak het 2 kante

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.