Oscar Pistorius-familie loof Valke wat ‘vryheidbedrieër’ vastrek

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius se familie het die Valke bedank nadat ʼn man Vrydag in hegtenis geneem is wat homself as ʼn beampte van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voorgedoen het en R250 000 omkoopgeld van Pistorius geëis het om sy moordsaak “te vernietig” en vryheid te waarborg.

Annelise Burgess, woordvoerder van die Pistorius-familie, het bevestig dat Pistorius deur ʼn man genader is wat homself glo as ʼn NVG-beampte voorgedoen het. “Oscar het die Valke daarvan in kennis gestel, en die Valke het ʼn lokval opgestel,” het Burgess gesê. “Ons loof die Valke vir hul spoedige optrede en die manier waarop hulle die saak hanteer het.”

Maroela Media het vroeër berig die 33-jarige man is Vrydagmiddag naby die hooggeregshof in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy ʼn “deposito” van R40 000 in ontvangs geneem het.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die Valke Donderdagaand ingelig oor die “beampte”. Die verdagte het Pistorius glo genader en R250 000 geëis om die moordsaak teen hom te laat “vernietig”.

Die Valke het ʼn lokval gestel en die man is in hegtenis geneem. Die verdagte sal Dinsdag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria verskyn.

Die konstitusionele hof het vroeër vandeesmaand Pistorius se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding afgekeur. Die konstitusionele hof was Pistorius se laaste poging om uit die tronk te bly ná hy Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het. Pistorius verskyn op 18 April in die Pretoriase hooggeregshof om gevonnis te word op aanklag van moord.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gesiggie ·

Well Done… aan die Valke en ook aan Oscar dat hy nie verkeerd opgetree het nie, jy het die regte besluit hierdie keer geneem”’ Bad luck vir die kamstigge beamte…

Loon ·

Idioot…..
Die saak was op tv vir maande, dit gaan nie net verdwyn nie!
Hulle moes die ou rope gee om te sien hoe gaan hy als laat verdwyn, al wat sou verdwyn het hy en die geld wees.

Tina du Toit ·

Ag shame, en dit maak nou van hom `n hero.!!!!!. Can`t fool meeeee!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.