Oscar Pistorius gaan buite-pasiënt wees

Oscar Pistorius. Foto: Deaan Viver/Media24/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius. Foto: Deaan Viver/Media24/Pool (SAPA)

Regter Thokozile Masipa het Dinsdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria die besonderhede bekend gemaak rakende haar besluit dat die moordbeskuldigde Oscar Pistorius vir psigiatriese waarneming gestuur moet word.

Masipa het gelas dat Pistorius Maandagoggend 26 Mei om 9:00 by die Weskoppies-psigiatriese hospitaal in Pretoria moet aanmeld. Hy sal ‘n buite-pasiënt wees.

Pistorius moet hierna elke weeksdag om 9:00 by die hospitaal aanmeld en daar bly tot 16:00. Die mediese superintendent of ‘n aangewese persoon soos aangestel deur die mediese superintendent kan egter die tye wysig soos nodig.

Masipa het verder beveel dat Pistorius nie vir langer as 30 dae behandeling ontvang nie. Die paneel wat Pistorius sal waarneem bestaan uit drie psigiaters en ‘n sielkundige. Masipa sê die paneel moet vasstel of Pistorius strafregtelik verantwoordelik gehou kan word vir sy aksies.

Die paneel moet na afloop van die waarneming verslae by die hof, die nasionale direkteur van openbare vervolging en die beskuldigde se verdediging indien. Masipa het die saak tot 30 Junie uitgestel.

Merryll Vorster, ʼn forensiese psigiater, het vroeër getuig Pistorius ly aan ʼn algemene angsversteuring. Die staat het hierna versoek dat Pistorius vir waarneming gestuur moet word.

Pistorius word aangekla van die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Hy het haar op 14 Februarie 2013 in sy huis doodgeskiet. Die staat voer aan dit was moord met voorbedagte rade terwyl Pistorius beweer hy het Steenkamp as ‘n inbreker aangesien.

Klik hier om gratis die hooftrekke van die hofverrigtinge op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Emmie ·

Kom ek verduidelik sommer vooraf wat ek verneem gaan gebeur. Met 3 Psigiaters en 1 Sielkundige gaan die woordjie Bipolar Disorder gerieflik weer gesig wys en sy draaitjie op die ‘red carpet’ van die sirkus kom maak. YAAAAY to da circus

schalk ·

wat maak hom so spesiaal om buitepasient te wees, hy is skuldig, speel vir tyd

catryn ·

Almal wat dink Oscar is skuldig en het dit met opset gedoen , was seker almal teenwoordig toe dit gebeur het, Feit is, niemand was daar nie en niemand weet wat deur hom gegaan het of dat hy bang was nie, veral nie in sy situasie nie. Nie eers ‘n sielkundige kan regtig bepaal wat sy toestand was op die dag wat hy per ongeluk vir Reeva geskiet het nie. Sielkundiges klim nie in jou kop of jou hart nie, buitendoen, hoe bepaal enige sielkundige evaluering wat hy ‘n jaar terug gevoel het nie. Nerens is of was enige bewyse nie. Hy het nooit ontken hy het die sneller getrek nie. In ons land met die misdaad, het misdadigers meer reg as die wat onskuldig is. Ek sal ‘n rewolwer ook leegmaak as ek iets in my huis hoor. Onlangs was hier in ons buurte ook skote, ek het hulle getel 14.

Frank Passano ·

Een skoot = ‘n ongeluk
Vier skote = moord.
Dis maklik. Hy lieg, en moet betaal vir dit wat hy aan RS gedoen het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.