Oscar Pistorius gekap oor teenstrydighede

Staatsaanklaer Gerrie Nel  Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Video’s uit vandag se hofverrigtinge volg onderaan die berig. Staatsaanklaer Gerrie Nel was Woensdag genadeloos met die moordbeskuldigde Oscar Pistorius nadat hy in die Pretoriase hooggeregshof gesê het sy lewe is op die spel.

“My lewe is op die spel. Ek dink oor die gevolge van my antwoorde,” het Pistorius aan Nel onder kruisondervraging gesê. “En Reeva [Steenkamp] het nie meer ʼn lewe nie,” het Nel teruggekap.

Pistorius word van moord met voorbedagte rade beskuldig nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het.

“Luister na die vraag en moenie dink aan die gevolge vir jou nie,” het Nel herhaaldelik aan Pistorius gesê.

Nel wou vroeër by Pistorius weet of sy vuurwapen “per ongeluk” afgegaan het toe hy vier skote deur die toiletdeur afgevuur het. Pistorius het met ʼn lang verduideliking begin. “Toe ek geskiet het, het ek geglo iemand kom uit die toilet om my aan te val. Ek het nie tyd gehad om te dink wat gebeur nie. Ek het geglo my lewe is in gevaar. Toe ek ʼn geluid gehoor het, het ek nie tyd gehad om te dink nie. Voordat ek kon dink, uit vrees, het ek vier skote gevuur,” het hy gesê.

“Het jy ooit doelbewus skote na die deur geskiet?” wou Nel weet.
“Nee,” was Pistorius se reaksie.

Pistorius het volgehou dat hy nie Steenkamp doelbewus doodgeskiet het nie. “Ek het nie gesê ek het dit nie gedoen nie. Ek het gesê ek het dit nie doelbewus gedoen nie,” het hy gesê.

Pistorius het in sy pleitverduideliking gesê die skietery was ʼn ongeluk. In reaksie op Nel se vraag wat die “ongeluk” was, het hy gesê dit was ʼn ongeluk dat hy sy vuurwapen laat afgaan het, want hy het geglo ʼn oortreder gaan hom aanval.

“Ek het nie bedoel om enigiemand te skiet nie. Ek was bang vir die geluid in die toilet.”

Nel wou weet of hy op oortreders geskiet het. “Ek het nie bedoel om enigiemand te skiet nie. Ek is na die badkamer om my en Reeva te beskerm.”

Nel het Pistorius gedaag oor teenstrydighede tussen sy aansoek om borgtog verlede jaar en sy getuienis wat hierdie week aan die hof voorgehou is. Een van die verskille is dat Pistorius op die balkon uitgegaan het om ʼn waaier te gaan haal. “Ek het nooit op die balkon uitgegaan om die waaier te gaan haal nie,” het Pistorius Woensdag volgehou.

Nel het die atleet herhaaldelik gevra of hy sy getuienis aanpas nadat hy geluister het hoe die saak in die hof ontvou, en of hy moontlik met kundige getuies gekonsulteer het wat nog moet getuig.

Volgens Pistorius het hy sy aansoek om borgtog ʼn paar keer deurgelees voordat hy hierdie week begin getuig het. “My weergawe het nie sedertdien verander nie. Ek weet wat ek daar gesê het.”

Die staatsaanklaer het die atleet se bewering, dat daar met die toneel gepeuter is, uitgedaag. Pistorius het gesê kundiges sal sy saak kom bewys dat polisiebeamptes met die toneel gepeuter het. Pistorius kon nie sê wie dié kundiges gaan wees nie. “Sê jy dat jy nie weet wie hierdie persone is nie, dat jy nie met hulle gekonsulteer het nie?” wou Nel weet.

Pistorius het ʼn lang verduideliking gegee oor voorwerpe soos televisieafstandbeheerders wat rondgeskuif is, wat hy en sy prokureurs in die polisiefoto’s van die huis opgemerk het.

Nel het Pistorius later geprys dat hy die polisie se fotoalbum so goed ken toe die atleet na ʼn grys hempie verwys het wat op die vloer langs die waaier se verlengingskoord gelê het, maar nie op die betrokke foto sigbaar is nie. Nel het die foto aan Pistorius voorgehou om te bepaal of daar met die toneel gepeuter is.

Nel het, op die atleet se versoek, twee keer die definisie van die woord “peuter” aan Pistorius voorgehou: “Dit is om iets op die toneel te verander met die doel om dit anders te laat lyk”. Volgens Pistorius het sy regspan gesê daar is aan die toneel gepeuter en die toneel is besmet en versteur. Mense was in die huis sonder beskermde klere, Steenkamp se iPhone is geskuif, ʼn waaier is uitgeprop, gordyne is oopgetrek en CDs is geskuif. Hy voer aan enigiets wat verander word, sal ʼn persoon pla wat in só ʼn ernstige saak betrokke is.

Pistorius het vroeër erken dat hy die “zombie-stopper”-uitlating in ʼn video wat deur Sky News uitgesaai is, gemaak het. Hy het erken die uitlating was onsmaakvol. Hy het bygevoeg dat hy dit met verwysing na ʼn waatlemoen, en nie Reeva nie, gemaak het. Klik hier om die video te sien.

Die atleet staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. –SAPA

Lees die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Ek kyk so hier en daar na die saak, oscar ja nee, jy is besig om ernstig “Bubbles” te hap.

Laura-Ann Kruger ·

We have often been awakened from our alarm going off during the night. Thank goodness, nothing for the worse. What i’m trying to make mention of, is that both my husband and I are wide awake then. He switches the light on and goes off to pin in the code and investigate. Armed with my panic button and heart pounding out of rythem, I tip-toe behind, knowing full well that i would be reprimanded again, as I’m always told of the danger I’m putting myself into). Nevertheless, we don’t all follow the same pattern. Surely, Reeva would have been aware of the “danger” and in all probability phoned the police as she was asked to do, or might she have gone to the toilet before Mr Pistorius woke up, I believe, she would have had time to answer to the shouting of his, telling the robbers/intruders (poor Reeva must have been the “intruder”)to get out of his house.
Who will know what really happened?? Only God and mr Pistorius !!!!

Laura-Ann Kruger ·

Vertaal in afrikaans, indien nodig, asseblief.

Laura-Ann Kruger

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.