Oscar Pistorius: ‘Gemeenskap soek ʼn swaar straf’

Oscar Pistorius tydens Woensdagoggend se hofverrigtinge. Foto: Ihsaan Haffejee/Pool

Oscar Pistorius tydens Woensdagoggend se hofverrigtinge. Foto: Ihsaan Haffejee/Pool

Mense sal die reg in eie hande neem as moordenaars vonnisse soos huisarres en gemeenskapsdiens kry, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag gehoor in die Oscar Pistorius-saak.

“Die gemeenskap sal hul vertroue in die regbank verloor. Hulle sal die reg in eie hande neem,” het staatsaanklaer Gerrie Nel gesê tydens kruisondervraging van Annette Vergeer, ʼn proefbeampte en maatskaplike werker.

“Sal u met my saamstem dat die samelewing daarop aandring dat as jy iemand doodmaak jy swaar gestraf moet word?” wou Nel by haar weet. “Ek kan dit nie betwis nie, maar mens moet die omstandighede en die beskuldigde in geheel in ag neem,” het Vergeer geantwoord.

“Die beskuldigde het homself gewapen, na die badkamer geloop, vier skote afgevuur en ʼn afskuwelike dood veroorsaak. Dink jy nie die samelewing wil hom straf nie?” het Nel gevra. “Ek dink nie dis in die samelewing se hande om hom te straf nie,” het sy gesê.

“Dit is totaal onvanpas; dit kan nie oorweeg word nie,” het Nel gesê op Vergeer se voorstel dat Pistorius tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis word.

Hy het ook Vergeer se voorstel verwerp dat Pistorius met gestremde kinders moet werk as sy straf. “Vir korrektiewe toesig om enigsins ʼn straf te wees, moet die persoon uit sy of haar gemaksone geneem word en nie doen wat hulle nog die heeltyd doen nie.”

Vergeer het ook voorgestel dat die atleet moontlik by ʼn polisiestasie kan werk. Die verdediging het haar aangestel om ʼn verslag oor Pistorius op te stel.

Die hofverrigtinge duur voort.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sophia ·

Ek dink nie daai straf is gepas vir Oscar Pistorius nie. daar is soveel mense in die tronke wat onskuldig is wat vonnisse kry tot in met 18 jaar plus. Die feit bly staan mese wat in die tronke is oor bedrog en diefstal kry meer as wat Oscar Pistorius kry dit is nie regverding, hy het iemand vermoor, hy kan net so wel ook in die tronk gaan sit vir sy dade. Ek sal se 3 Jaar tronkstraf, 3 jaar huisares en 2 jaar community service. Niks maak hom beter as ander nie, hy het bloed op sy hande.

Marie van der Walt ·

Hy moet n swaar straf kry as hy aangeval was deur n inbreker en moes homself verdedig en hy het die persoon doodgeskiet was dit n ander saak maar hy was nie bedreig nie en ek glo hy en Reeva het n uitval gehad en met sy humeur het hy haar deur n toe deur dood geskiet.

Anne ·

Was jy of een van ons daar Marie, so niemand weet regtig wat daar gebeur het nie behalwe sy en Oscar. Los die oordeel eerder vir ons Vader want hy is regverdig

Sjert ·

Stem allie pad saam Marie!
Goed en wel om die oordeel vir ‘n baie latere datum te laat. Waarom moet ons intussen in ‘n gemeenskap probeer oorleef wat aan die genade van roekelose moordenaars en “per ongeluk” moordenaars oorgelaat word?

Leeutjie ·

Jy is in die kol Anne. Hierdie storie laat my so dink aan die Bybelse tyd toe Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Die massa histerie het hom laat kruisig. Is ons mensdom wat Oscar so uitkryt nie ook maar soos hulle nie? Herhaal die geskiedenis hom nie maar oor en oor nie? Die wraak en haat in sommige mense maak van hulle ook sondaars. Sonde is sonde!

Sjert ·

Ruk antie-hulle nie nou die dam onder die gans se watse-naam uit nie?

Hettie Lotz ·

Mense ons wys so maklik vinger en oordeel nog makliker. Dit is n baie tragiese gebeurtenis. Dit is net God en Oscar wat presies weet wat daar gebeur het.
Die wat nou se hy moet die swaarste straf kry voel julle die selfde oor n kinder moordenaar en verkragter wat telkemaal n opgeskorte vonnis ontvang. Nee ek glo nie.
Kan ons nie liewers vir hierdie arme mens bid asook vir Reeva se ouers nie?
Almal vergeet ook dat die oordeel net God en God alleen toekom.
Gee die man n regverdige kans.

Carel ·

Hettie – hy het iemand dood gemaak???

Daar is wette … die bybel se ons mag nie moor nie ……

En dink nou …. as Oscar tronk toe gaan sal hy meeste van elkedag bid en kan bid…en ook dink aan die sonde wat hy gepleeg het…

Dave ·

Carel, jy sal opmerk dat Hettie selfs vermetel genoeg is om te besluit hoe jy voel mbt ander moordenaars en verkragters. Kan jy glo dat sy besluit hoe jy daaroor voel? Sy sê dan dat sy ‘nie glo dat jy dieselfde oor ander moordenaars en verkragters voel nie’. Dit is tipies van die spul handtekeningjagters. ‘Leeutjie’, ek het jou elders geantwoord. Gaan vertel ons by die ander berig waar jy ook die rympie sing van ‘wraak wat nie die mens toekom nie’ of jy ‘n veldtog gaan begin om te laat wegdoen met howe. Want howe is tog daar om ‘wraak te neem’ volgens jou en die ander wat Pistoors op die skouer wil pat en troos.

Leeutjie ·

Dave, ek het jou geantwoord en toe ek weer sien toe het jy verdwyn op jou eerste kommentaar. Op die 2de kommentaar het ek jou ook geantwoord.

Hennie ·

Anne, ons lewe in ‘n gebroke wêreld. As Oscar in hierdie gebroke wêreld moor, moet hy deur die gebroke wêreld se wette beoordeel word. Moet tog asseblief nie altyd alles vergeestelik nie! Ons leef nog nie in die” Hiernamaals” nie! Ons is nog steeds op die aarde.

Anne ·

Hennie, jy’s doodreg ons bly in ‘n gebroke wereld, is dit dan verder nodig dat ons mense mekaar nog verder uitmekaar skeur?. Asseblief tog? En ja toevallig weet ek ons leef nog nie in die Hiernamaals nie, ek verkies net om nie harteloos te wees nie dis al. Hoop net vir jou part so iets gebeur nie eendag met jou of een van jou geliefdes nie

UT Mijnhardt ·

Mooi so Sjert , Dave ,julle , wys net , God die eer .Jeremia 31:33 Onthou ook Johannes_7:24 ” Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel.
Missus Copeland ,Joyce Maaier Francine Reverse en Helin Schteiner Rice ,As jy n moordenaar vryspreek , dan ,is jy n regter ,EN se jy wat God se is verkeerd . Albert Morris sing “feelings ,Nothing more than ….” Deuteronomium_16:18 ” Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens ‘n regverdige regspraak.” Vrouens is nie hiervoor gemaak nie .

Foto ·

Hulle het nie dalk vir hom uitskryfwerk gegee vir sy straf nie ?

PH Mackay ·

Die foto bo . Hulle het nie dalk vir hom uitskryfwerk gegee nie ?

Sjert ·

hahaha! Goeie ene!
Wonder of Antie Vergeet, skies Vergeer, ook uitskryfwerk in gedagte mag hê.

Anica Jordaan ·

Is nogal interessant om al die kommentaar te sien…..almal wat God wil speel……nie solank terug nie was Joost alles wat sleg ens was……nou na die rugby is dit oor en vergete…..mensdom is die vernietiging van alles en meer……

SY de Wet ·

Afrikaans asseblief Anice .Speuke 5:22″ Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou. 5:23 Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.” Wat is jou verwysingraamwerk ?

dreAh'kie ·

Als was deel van God se plAn,dAt reevA sO moeS steRf,jA baie mense se dit Is oscAr se skuld,maAr Reeva se dOod was vir haar uitgeSit net soos eLkeen vAn os s’n.Oscar het we’ll ‘n daad gepleeg,hy het sy strAf dAvooR gekrY,alhoeWel baie menSe se dit is te min “God oordeel allen”.Ek se ni dit waT oscar gdoen hEt was reg ni.Ek glO als waardeuR ons gan is als van God se plan,sO was ek groOt gemaak*

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.