Oscar Pistorius getuig moontlik vandag

Oscar Pistorius op dag 10 van sy moordverhoor, 14 Maart 2014 Foto:  Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op dag 10 van sy moordverhoor, 14 Maart 2014 Foto: Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Regskenners meen Oscar Pistorius gaan moontlik vandag in sy moordverhoor in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

“Dit is baie, baie, baie waarskynlik dat hy sal getuig gebaseer op die aard van die verdediging waarop hy staatmaak,” sê Kelly Phelps, ‘n strafreglektor aan die Universiteit van Kaapstad. Kelly sê dit is algemene praktyk vir die verdediging om die beskuldigde eerste te laat getuig. Prof. Stephen Tuson van Wits sê indien Pistorius nie getuig nie hy skuldig bevind kan word. “Indien hy getuig moet hy eerste getuig ten einde te verseker dat daar nie later gesê kan word dat hy sy getuienis verander het nie. Die verdediging wil nie hê die staat moet sê die beskuldigde se getuienis is aangepas om te strook met die van die getuies nie.”

Die staat het Dinsdag sy saak afgehandel nadat hy 21 van sy 107 moontlik getuies geroep het om te getuig. Die staat het onder andere van Pistorius se voormalige bure, ‘n veiligheidswag, ‘n ballistiese kenner en ‘n selfoonkenner geroep om te getuig.

Pistorius word aangekla van moord met voorbedagte rade nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Pistorius voer aan dit was per ongeluk en dat hy haar as ‘n inbreker aangesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.