Oscar Pistorius het nalatig opgetree

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak gelewer het. Foto:  Kim Ludbrook/EPA/Pool

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak gelewer het. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Regter Thokozile Masipa het bevind dat Oscar Pistorius nalatig opgetree het toe hy Reeva Steenkamp deur sy huis se badkamerdeur doodgeskiet het.

Pistorius is van moord aangekla nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Hy het aangevoer hy het haar vir ʼn inbreker aangesien terwyl die staat gesê het Pistorius het die moord met voorbedagte rade gepleeg.

Masipa het gesê Pistorius het nalatig opgetree toe hy die vier skote op die badkamerdeur gevuur het. Sy het gesê sy het verskeie faktore in ag geneem om tot die besluit te kom. Volgens Masipa was daar byvoorbeeld geen rede hoekom Pistorius nie die kompleks se veiligheidsmaatskappy kon skakel toe hy die geluid in die badkamer gehoor het nie. Masipa het aangevoer dat dit verstaanbaar sou wees indien Pistorius byvoorbeeld ʼn figuur in die donker gesien en toe ʼn skoot afgevuur het.

Volgens Masipa sou ʼn persoon in dieselfde omstandighede as Pistorius geweet het die persoon in die toilet gaan moontlik getref word indien daar vier skote op die deur afgevuur word. Sy het gesê die atleet het oorhaastig en met oormatige geweld opgetree.

Masipa het die saak egter tot Vrydag uitgestel voor sy bekend gemaak het of Pistorius skuldig of onskuldig bevind word aan strafbare manslag.

Masipa het Pistorius vroeër onskuldig bevind aan moord met voorbedagte rade. Sy het gelas dat die getuienis rakende die klag van moord met voorbedagte rade op omstandigheidsgetuienis gebaseer was. Sy het gesê daar is nie bewys dat Pistorius Steenkamp met voorbedagte rade doodgeskiet het nie.

Masipa het ook bevraagteken of ʼn redelike mens dieselfde as Pistorius sou optree. Sy het gesê Pistorius is die enigste mens wat kan sê wat deur sy kop gegaan het toe hy die skote gevuur het. Sy het gesê die atleet het aangevoer hy het gevrees vir sy en Steenkamp se lewens. Volgens Masipa is daar nie enige getuienis gelewer wat dit weerspreek het nie. Masipa het verder bevind dat Pistorius nie aan moord (dolus eventualis) skuldig is nie.

Masipa het haar uitspraak begin deur ʼn opsomming van die hofverrigtinge voor te lees. Sy het later na die staat se getuienis verwys. Die staat het tydens die verhoor onder meer aangevoer die feit dat Steenkamp haar selfoon by haar in die badkamer gehad het, is een van die redes hoekom dit moord met voorbedagte rade was. Masipa het egter gesê Steenkamp kon vir verskeie redes haar foon saamgevat het badkamer toe, aangesien die lig in die toilet byvoorbeeld nie gewerk het nie.

Masipa het verder verwys na die getuienis oor die kos wat tydens die nadoodse ondersoek in Steenkamp se maag gevind is. Masipa het aangevoer die hof kan nie op maaglediging staatmaak nie, aangesien dit nie ʼn “presiese wetenskap” is nie en dat die bewyse onbeslis was. Volgens haar kon Steenkamp later die aand opgestaan het om iets te gaan eet.

Masipa het verder gelas dat die getuienis oor die WhatsApp-boodskappe tussen Pistorius en Steenkamp, nie die hof in sy besluit kon bystaan nie. Sy sê die staat het die WhatsApp-boodskappe aan die hof voorgelees om te probeer wys dat Pistorius en Steenkamp se verhouding stormagtig was. Die verdediging het ook Whatsapp-boodskappe tussen die paartjie in die hof voorgehou in ʼn poging om te bewys dat hulle ʼn liefdevolle verhouding gehad het. Masipa het egter gelas dat nóg die staat nóg die verdediging se bewyse die hof kon help beslis of Pistorius Steenkamp wou doodmaak nie.

Masipa het ges dat sy nie op getuienis rakende die geluide wat die oggend van die moord gehoor is, staatgemaak het nie. “Dit sal onverstandig wees om op die getuienis staat te maak van persone wat getuig het oor dit wat hulle die oggend van die moord gehoor het. Mense is feilbaar en maak staat op hul geheue, wat met verloop van tyd vervaag.”

Masipa het dit benadruk dat Pistorius se getuienis baie belangrik was, aangesien hy die enigste persoon is wat aan die hof kon vertel wat die aand gebeur het. Pistorius het getuig dat hy en Steenkamp saam geëet en hy vroeg gaan inkruip het. Hy het later die aand wakker geword en opgestaan om die balkon se deure toe te maak. Pistorius het ʼn geluid gehoor en gedink dis ʼn inbreker. Hy het sy vuurwapen uitgehaal waarna hy aan Steenkamp gesê het om die polisie te skakel. Hy het aan die inbrekers geskree om pad te gee uit sy huis. Hy het ʼn deur hoor toegaan en het met sy vuurwapen die badkamer binnegegaan. Hy het ʼn geluid in die toilet gehoor. Pistorius het getuig dat hy vier skote op die toiletdeur gevuur het.

Pistorius het daarna teruggegaan na die slaapkamer en gesien Steenkamp is nie die bed nie. Hy het toe besef dit kan Steenkamp in die toilet wees. Hy het sy prostese aangesit en die deur probeer afskop. Hy het ʼn krieketkolf in die slaapkamer gaan haal en die deur se paneel gebreek. Steenkamp het in ʼn sittende posisie op die vloer gelê met haar kop op die toilet. Pistorius het Steenkamp by sy huis se trappe afgedra.

Masipa het gesê volgens Pistorius se getuienis was die skietery ʼn ongeluk en hy het gedink sy lewe is in gevaar. Hy het getuig dat hy nie tyd gehad het om te dink nie en dat hy nie met opset sy vuurwapen afgevuur het nie. Pistorius kon nie onthou dat hy spesifiek vier skote afgevuur het nie. Hy het gesê dat hy uit vrees die skote afgevuur het, aangesien hy gedink het iemand wou hom aanval.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Van ·

Ek kry sommer ‘n gemoedsbek@kking na die hof vandag. Watse boodskap stuur dit nou die wereld in.. moor maar jou maat as jy wil en pleit dat dit ‘n inbreker was en val vlou met jou groen emmertjie langs jou en hey…. freedom!!!!!!……..
Arme Reeva het nie ‘n keuse nie, sys dood, weg, ontneem van als, so brutaal het haar jong lewe geeindig om nie eens van haar familie wat met daai hartseer moet leef te praat nie. Almal wil vir vroueregte baklei behalwe ons regstelsel.
en of hy dit nou aspris of nie gedoen het, mens skiet nie net voor jy nie absoluut weet op wat of wie jy skiet nie……
Ek kan net die moedeloosheid en hulpeloosheid van Reeva se ouers indink en my hart gaan uit na hulle.

sjert ·

Deel jou mening Van.

Tragies dat die voordeel van die twyfel aan die geweldenaars gegee word wat die lewens van gewone mense kan bedreig en beëindig.

Hannes ·

Die gewone ou in die straat sal nie vir manslag aangekla word nie. Jy word vir moord aangekla in verkeersongelukke waar daar lewensverlies is. Wat maak die gespuis (oscar) so spesiaal dat hy kan moor. Is daar iemand wat ‘n vet omkoop tjekkie gekryhet? Sluit hom toe !

Paul ·

Jy word van moord aangekla, ja. Maar word jy skuldig bevind?
Onthou, jy lees in die media wat “gewone” sake betref net van die klag, maar bitter selde lees jy hoe die saak uiteindelik 2 jaar later uitdraai.

Hierdie kommentaar toon hoekom ons baie gelukkig is dat daar nie ‘n jurie-stelsel in Suid-Afrikaanse howe is nie.

antjie ·

N mens is vermoor, en OP onskuldig aan moord… hoe dan nou…vlg berigte is die regter dalk omgekoop…….

SY de Wet ·

Jy bedoel soos in Spreuke_17:23 ” Die goddelose neem ‘n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig. ” ? Sou dit so wees of nie , n hele string prosesse is gestimuleer en elkeen het n ou geldjie hieruit gekry ,wat kos die’ melodrama per dag ? Levitikus_19:15″ Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel. ” Daar is die groot O weer .

HEVW ·

Arme van. U negatiewe woordgebruik werp al klaar n negatiewe refleksie. Dit se u is ook een van hulle wat onverskillig sonder nadenke kan optree. Ek bedoel as u nie eens beheer het oor u taalgebruik nie. Was in n Afrikaland onder soortgelyke omstandighede. U kan regtig nie oordeel as u nog in die soortgelyke situasie was nie. REGTIG NIE. As vrees binne breuke van sekondes jou oorval, en daar word van jou geeis om binne daardie oomblikke te handel, dan is jy nie jouself nie. Jy dink nie eens vir een enkele oomblik aan regsimplikasies nie, en dan die volgende oomblik die skok.Mens se interpretasie van gebeure is dan ook versteurd. Moet nie so maklik oordeel nie.

Anne ·

HEVW – Net soos jy se, nie een van die mense wat hulle monde so oor OP uitspoel, het hulle al seker self in so ‘n situasie bevind nie, daarom is dit so maklik om te oordeel. Serkte Oscar jy gaan dit nodig he!!

Sjert ·

Monde uitspoel sê jy?

Die vent het ‘n pragtige mens dood geskiet!!!

Gode sy dank! … Gewone en redelike mense sal vir seker nie so optree wanneer hulle hulself in “so ‘n situasie bevind” soos jy dit stel nie!

VerVanRyn ·

Ek dink mense moet eers hul agtergrond in die reg wys alvorens hulle skree Pistorius is ‘n moordenaar wat onregverdig los gekom het. Wie van julle was daar? Wie van julle het met die getuies en getuienisse gewerk? Wie van julle het die regskennis of gesag om ‘n regter se uitspraak te weerspreek? Almal het bloot die tweedehandse sensasionele opblasing vanuit die media as bron van inligting.

Stories van omkopery en ‘n regter wat nie die term “moord” verstaan nie is alles so effens onsinnig as mens na die politiek van die dag kyk. Sou die liberale swartmag nie eerder Pistorius as ‘n voorbeeld wou gebruik om te wys dat wit mense nie bo die gereg is nie? Ons almal is bewus van die korruptheid van ons staatsamptenare, dit kan ek nie ontken nie. Tog dink ek ons is almal ook bewus van die rassistiese haat teenoor ‘n wit vel vanuit dieselfde geledere. As daar ‘n slang in die gras was sou dit nie eerder in die ander rigting geseil het nie?

Eugene W Steyn ·

Nee VerVanRyn, ons as publiek het die reg om kommentaar te lewer en opinies te hê. Inteendeel is dit ons burgerlike plig om waarheid, geregtigheid, uitnemendheid, ens. te bevorder en te vereis van alle instansies.

Om die gang af te stap na die badkamer, en vier skote te sprei in ‘n klein toe toilet waar jy weet iemand is is niks anders as die bedoeling (‘intent’) om te dood nie. Dit is my oortuiging dat die regter gefouteer het as sy bly by haar standpunt dat dit net ‘n nalatige ongelukkie was.

HEVW ·

Dit bly ook nog steeds n ope vraag of dit bestempel kan word as nalatige optrede. Gesien in die lig van die omstandighede waarin dit gebeur het. Pistorius kan ook gesien word as n sagte tyken. Mense in sy omstandighede is geneig om ter beskerming oor te reageer.

Meneer ·

Eendag het ek, alleen tuis ‘n geluid by my deur gehoor. Ook by ‘n kompleks met 24 uur sekuriteit, maar nou nie so grênt soos Oscar-hulle se Estate nie. Slegs ‘n paar maande van tevore het boewe op my balkon geklim, skuifdeur oopgekry en my beroof – terwyl ek geslaap het. As ek ‘n pistool by my gehad het, was ek in groot moeilikheid! Dit was toe al die tyd my hond wat probeer inkom. Ek dink ek verstaan ‘n soortgelyke vrees. Oscar was egter nie so gelukkig soos ek nie en die odds was bietjie teen hom met ‘n pistool in sy hande.

Jakoos ·

Aan diegene wat sy verskriklik gal afgaan oor die uitspraak tot dusver, gaan kyk asb. na die berig hiernaas oor prof. Kobus van Rooyen se mening oor die bevindings vandag. Dis duidelik dat hy wel ‘n regskenner is – in teenstelling met van die “eksperts” wat ons so aanhoudend op TV sien! Die kern van die saak is dat daar nie bo alle redelike twyfel bevind kon word dat OP sy vriendin willens en wetens vermoor het nie. Daar is ook bevind dat sy verweer dat hy gedink het dit is ‘n inbreker nie as onsin en ‘n liegstorie bewys is nie en dus kan hy nie van dolus eventualis skuldig bevind word nie. Maar hy was nalatig, het die regter aan die einde van vandag gese en sy sal more seker bevind dat hy wel aan mansslag skuldig is, maar sy kan dalk “versagtende” omstandighede bevind.

Die regter – en haar assesore – het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. In retrospek gesien, wil dit lyk of Gerrie N en die staat TE hard probeer het om OP “met die boek te gooi” deur so sterk op die doelbewuste moord knoppie te druk. Die Visagie-saak wat iemand hierbo genoem het, word nogal betekenisvol as mens na die Masipa se bevindings kyk. Miskien sou Gerrie-hulle baie meer sukses behaal het as hulle sterker met die strafbare mansslag – alternatief geloop het.

NS ek is nie ”n familielid of ondersteuner van OP nie. Ken die man glad nie en het self al gewonder oor sy humeur. Maar feite is feite!

Van ·

Liewe HEVW…. dis ironies dat jy se ek moenie oordeel nie, maar tog oordeel jy my, en om vir my te se “u is ook een van hulle wat onverskillig sonder nadenke kan optree” is uiters onbeskof en in swak smaaik. Ons is elkeen geregtig op ons eie opinie en jy weet nie waardeer enige een is nie. so hou gerus jou oordeel vir jouself want jy beindruk niemand met jou hoogheiligheid nie. As jy mense se karakter probeer trap om te se MOENIE oordeel nie, implementeer gerus daai reel eers op jou self.

Monica ·

Die toepassing van ons Wet is ‘n bespotting!!!!!!!!!!! En ‘n lewe niks werd. Dit hang af wie jy is.

cor ·

dis jammer dat daar in n land soos suid-afrika die norm geweldsmisdade geword het, en dis jammer dat die regter nie daardie statistieke ook in berekening gebring het asook geweld teenoor vrouens en kinders nie. Die redelike man sou dadelik EERSTE sy geliefdes wakker maak en vra het jy dit gehoor? of maak seker jou meisie vlug van die sogenaamde gevaar, voordat jy die gevaar gaan konfronteer, en dis jammer dat niemand kon bepaal wat was die tydsverloop van die eerste skoot tot die tweede skoot nie! Op die einde van die dag moet Oscar my sy gewete saamlewe en ons kan maar net bly wonder

charmaine ·

Daar kon nie omkoop geld gewees het nie wnt OP moes sy huis verkoop om sy regskostes te betaal. En die regter lyk na n tawwe koekie wat nie omgekoop kan word nie.

Dit sal nie OP se skuld wees as die regter se uitspraak nie almal se goedkeuring wegdra nie. Het ons nie almal genoeg van ons eie probleme en hartseer en worries om soveel aan ander s’n te bestee nie?

Sheila Jacobs ·

STERKTE OSCAR!!!!!!!!! Jys beter as ek, jyt lank uitgehou, was ek n man, het ek haar lankal ontplof.. want ek sou nie my geliefde wou deel om saam ander dagga/trip te gaan, en nakend deur n vriend te laat afneem, sou ook so probleem ‘DELETE’
Regter Thokozile Masipa – jys n vrou met n mooi hart, menslik en jy weet waarna om te kyk.
Hulle wat dink jys omgekoop, dit is daai tipe wat agter die deur staan.
vrede en voorspoed Masipa/Oscar
xxx

Leeutjie ·

Ja Sheila, almal veroordeel en gooi klippe. Dit is vir my verskriklik om te lees hoe ons mensdom vuur spoeg. Hy het ‘n lewenslange stryd wat hy moet stry en saamleef. Net God en hy weet wat daardie aand gebeur het…. Geen mens kan se dat hy nie al sy humeur lelik verloor het nie… ons is almal sondaars maar om hom so met die tong te slaan en wense uit te spreek maak daardie mens self ‘n sondige. Dit is verskriklik ontstellend om te sien hoe ons mensdom gal braak en tekere gaan. As God hom vergewe, wie is ons om te oordeel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.