Oscar Pistorius het nie vir Reeva gesien nie

Oscar Pistorius op 14 Maart 2014 Foto:  Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 14 Maart 2014 Foto: Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Donderdag daarop aangedring dat hy nie gesien het dat Reeva Steenkamp uit die bed klim, oomblikke voordat hy haar doodgeskiet het nie.

“Ek het nie geweet hoe sy opgestaan het nie,” het Pistorius aan die Pretoriase hooggeregshof gesê. “Ek weet nie wanneer sy opgestaan het nie.”

Volgens Pistorius was sy rug na die “pikdonker” kamer gedraai nadat hy ʼn waaier in die huis in gebring het en sy gordyne, wat spesiaal gemaak is om geen lig deur te laat nie, toegetrek het.

Staatsaanklaer Gerrie Nel wou weet hoe Pistorius ʼn denimbroek van Steenkamp in die donker op die vloer kon sien lê, maar nie vir haar nie. Die atleet het vroeër gesê hy wou ʼn denimbroek oor ʼn liggie in die kamer gooi. Pistorius het verduidelik dit is ʼn LED-liggie van ʼn versterker in sy kamer. Net voordat hy die broek oor die versterker kon gooi, het hy die geluid gehoor en, in sy weergawe, sy vuurwapen gegryp, en vier skote deur die toiletdeur gevuur. Hy het gesê hy het nie bedoel om enigiemand te skiet nie. Hy het later besef drie van die skote het Steenkamp getref.

Pistorius het egter aangevoer dat hy nie kan onthou dat hy vier skote geskiet het nie. Hy hou vol Steenkamp se dood was ʼn ongeluk.

“Onthou ek dat ek vier skote deur die deur geskiet het? Nee, ek doen nie… Ek onthou ek het die sneller getrek en rondes het deur die deur gegaan,” het hy gesê. “Ek het nie bedoel om die sneller te trek nie, so in daardie sin was dit ʼn ongeluk.”

Hy het vroeër gesê hy weet nie hoe ʼn vriend se vuurwapen in ʼn restaurant afgegaan het nie. Hy voer aan sy vinger was nie op die sneller nie. Klik hier om meer te lees. –SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melani ·

Ek stem 100% met jou saam. Hy weet wat die waarheid is en hy is nie mans genoeg om pa te staan vir sy dade nie. In my oë is hy ‘n lafaard wat dink hy kan die wêreld reg skiet. Hy verdien lewenslange tronkstraf.

Peter Says ·

Jaloers/is n verterende siekte. Ek wil net ook byvoeg, dit vat n MAN om aanspreeklikheid te aanvaar vir sy dade. Oscar, is jy daardie MAN ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.