Oscar Pistorius ‘het nie werklik berou’

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het Maandag uitgevaar tydens kruisondervraging van die eerste getuie wat deur Oscar Pistorius se regspan ingeroep is.

Prof. Jonathan Scholtz, hoof van kliniese sielkunde by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal en ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria, is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria deur Pistorius se verdediging as die eerste getuie ingeroep.

Adv. Gerrie Nel, namens die staat, het tydens kruisondervraging vir Scholtz gevra oor hoekom Pistorius nie sal kan getuig nie, maar wel ʼn onderhoud kon toestaan aan ʼn oorsese mediahuis met verwysing na ʼn onderhoud wat Pistorius met iTV gedoen het. Nel het ook verwys na ʼn konfrontasie tussen Pistorius en maj. Mike van Aardt, die ondersoekbeampte. Volgens Nel het Pistorius ná ʼn vorige hofverskyning vir Van Aardt voorgekeer en daarop aangedring dat sy familie se privaatheid gerespekteer word. Hy het glo ook vir Van Aardt gesê dat hy nie sy werk gedoen het nie.

Nel het aangevoer dat Pistorius nie werklik berou getoon het vir sy dade nie en dat hy net jammer voel vir homself. Nel het Scholtz gevra of hy ʼn invloed gehad het op die medisynedosis wat Pistorius ontvang het tydens sy tronkstraf. Nel het gesê Pistorius het tydens ʼn ontmoeting met ʼn verpleegster so kwaad geraak dat hy hard op die tafel geslaan en gebewe het. Volgens Nel het Pistorius Maandagoggend toe hy by die hof ingestap het al die personeel van die departement van korrektiewe dienste gegroet behalwe die verpleegster.

Nel het tydens ondervraging verwys na die boek wat Reeva Steenkamp se ma, June, geskryf het. Hy het gesê June het in die boek geskryf dat sy Pistorius vergewe het vir haar eie onthalwe en nie syne nie. Volgens Scholtz het Pistorius verantwoordelikheid aanvaar vir Steenkamp se dood. Scholtz het gesê hy het die appèlhof se uitspraak met Pistorius bespreek en hy verstaan dat hy moord gepleeg het. Nel het gesê Pistorius het nooit dié weergawe aan die hof voorgelê nie.

Nel het Scholtz uitgevra oor uitlatings in die verslag dat Pistorius glo gesê het hy is bekommerd dat sy kinders eendag Google kan gebruik om te sien wat hulle pa gedoen het. Pistorius het ook glo aangevoer dat hy tydens sy tronkstraf vir tot 18 uur per dag opgesluit was. Volgens Nel is dit egter nie waar nie en het Pistorius vryheid van beweging gehad in die afdeling waar hy aangehou is. Volgens Scholtz het hy verstaan dat Pistorius die grootste gedeelte van die dag tot sy tronksel van ses vierkante meter beperk was.

Scholtz het ook beweer dat Pistorius aangerand is. Volgens Nel is dit ook nie waar nie en het Pistorius gereeld gekla. Nel het ook gesê dit is nie waar dat Pistorius die lyk gesien het van iemand wat homself opgehang het nie. Pistorius het glo ook aan Scholtz gesê dat die tronkbewaarders mense verby sy sel laat loop het sodat hulle na hom kon kyk “soos ʼn ingehokte dier”.

Nel het hierna begin fokus op die medisyne wat Pistorius gebruik het. Volgens Nel is Pistorius se tronksel in 2015 deursoek en op onwettige medisyne beslag gelê. Scholtz het gesê hy is nie bewus hiervan nie.

Nel het landdros Thokozile Masipa hierna versoek om die hof te verdaag sodat kenners na Scholtz se verslag kan kyk en hy 14:30 met sy kruisondervraging kan voortgaan.

Lees alle vorige berigte oor die Oscar Pistorius-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Kruisondervraging ·

Kruisondervraging is een ding en baie baie belangrik. In die geval plaas Gerrie ‘n Professionele professor wat deur die verdediging sowel as staat goedgekeur was met toetsing van Oscar Pistorius op ‘n verhoor. Werklik met die wen van die appel dink hy, hy kan met enige mens in Suid-Afrika praat soos hy wil. Jy is met woorde dalk slim, maar as mens is jy regtig ‘n bol, jy het geen respek vir Professor Jonathan Scholtz, hoe moet enige iemand vir jou respek hê. Indien die professor wou kante kies kon hy lankal, sies man, jammer Professor, sekere mense het maar net so groot wen lus dat hul nie omgee hoe en met wie hul praat nie.

Bielie ·

Prof Scholtz word betaal deur Pistorius se familie om hom uit die tronk te hou. Gerrie Nel word betaal deur die SA belastingbetaler om te te wys hoe groot leuenaar die hele Pistorius clan is. Die feit van die saak is, dat die hof op feite werk, en nie wat jou kwalifikasies is nie. Prof Scholtz lyk soos ‘n leek in die hof.

Kruisondervraging ·

Glo my jy sal reg of verkeerd ook soos ‘n leek in die hof lyk met slim woordspeling deur Gerrie Nel. As die hof op feite werk moet dit vir Gerrie Nel ook werk.

Henry ·

Wat op aarde is ‘n “Professionele professor”?
Maak nie saak wat jou akademiese kwalifikasies is, of wie se oom of antie die grootste status of meeste sjekkils het nie. In ‘n geregshof is daar een toets wat geslaag moet word – die WAARHEID.
Waarheid sonder allerlei draaitjies, kinkeltjies, ‘interpretasies’, gorrels, ens. Sprokies, fabels en leuens het geen rakleeftyd in ‘n regstelsel wat deur uitstekende regslui soos Gerrie Nel en Barry Roux bedryf word nie.
Soos die staat se suksesvolle appel ook bewys het toe Ossie aan moord skuldig bevind is, ipv strafbare mansslag soos dit foutiewelik deur regter Masipa bevind is.
Vatso Gerrie!!!

T ·

lyk my Oscar wil he die tronk moet ‘n 5 ster hotel wees, hy kla en kla oor die tronk maar hy het mos geweet dit is wat gaan gebeur as hy iemand dood maak. hoe kan hy justify dat hy nie wil tronk toe gaan nie want dit is nie lekker nie?? regtig….

M'Lady ·

Gerrie Nel bly maar n ongeskikte boelie. Hy noem sommer die Professor meneer en vrae hom goed wat niks te doen het met die Prof se getuienis nie.

Stem saam ·

Stem saam M’Lady, hy is ‘n boelie, wat ‘n voorbeeld. Hoe preek jy reg en geregtigheid in die een kant en dan laat jy toe dat Gerrie Nel professionele mense disrespekvol aanspreek. Die sogenaamde nou Kolonel van Aardt (tydens hofsaak) het ook gelag met stukke van Reeva se selfoon getuienis wat haar in nie so goeie lig gestel het nie, maar o ons is hier vir justice vir Reeva, wie soek sulke onbeskofte mense vir geregtigheid.

alida ·

Ek stem saam Gerrie Nel is ‘n ongeskikte buffel en het baie vol van homself geword tydens die TV uitsending. Hy het nie nodig om so ongeskik te wees nie. Los hom maar hy het ook groen koring op die land.

André ·

Gerrie Nel het ‘n werk om te doen. Dit is nie ‘n “popularity contest” nie. Go Gerrie…..

Justice ·

Wanneer ‘n geleerde mens alles in sy vermoë doen om ‘n moordenaar te help dan verloor hy alle aansien en respek.

Stem saam ·

Julle bewonder vir Gerrie omdat hy onbeskof is met ‘n Professor, die disrespek waarmee hy praat laat veel te wense oor, dan vee jul dit onder die kam van die waarheid en hy moet sy werk doen, dit is presies dieselfde Gerrie wat die selferkende moordenaar in Lollie se moord laat loskom het met ‘n kamma deal. Niemand is ooit tot geregtigheid gebring nie. Bring die 2 werelde bymekaar, vir Gerrie is hierdie ‘n Popularity contest!!!!!

Mielie ·

Kan maar net my hoed af haal vir Nel, ek het net soveel respek vir Roux. Kan my net in dink Wat wag vir N Henning in October…….

springmielie ·

Ek hoop en vertrou dat geregtigeid hoogty sal vier wanneer Henning sy beurt in die getuiebank sal kry. Henning kan sommer ‘n sel met Pretorius in die oorvol tronk deel!

Linda Fourie ·

aan M’Lady…ek wens vir ‘n man soos Gerrie Nel wat jy ‘n boelie noem om elke moordenaar / misdadiger in ons siek land te ondervra dan slal minder van hulle los in die strate rondloop. As hy daar staan en uhm en aah het sou jy weer gesê het hy kan nie sy werk doen nie.

Wens saam ·

Linda wens regtig saam met jou hy kon elke mishandelaar en moordenaar ondervra, sy onbeskoftheid op hulle gebruik wat werklik vroue en kinders boelie, minag, aanrand, verkrag en vermoor!

M'Lady ·

Ja Linda ongelukkig kry hy net “high-profile” sake. Jy kan jou werk doen sonder om ongeskik te wees.

Aksie & Reaksie ·

Gaan groot Gerrie en doen wat jy moet doen. Moordenaars hoort so lank as moontlik agter tralies verwyderd van die samelewing.

Simon ·

Gee hulle gas Gerrie, wens ons het meer staatsaanklaers soos jy….Jy is die stem van die slagoffers. Meer soos jy en dan sal misdadigers weet hul kom nie weg met moord nie. Oscar is kla skuldig bevind aan moord en hy is dus ‘n moordenaar, maak nie saak wie nou na die tyd wil kom huil nie. Kry dit nounet verby.

Dokterdokter ·

Dis interessant dat Gerrie Nel en ‘n klomp mense dink dat ‘n mens (?man) se orgaan wat jou aan die lewe hou is op die hoogte van jou heup …. (die hoogte van die skote deur die deur)
Ek kan hulle bietjie belangrike inligting gee. As iemand iemand wil vermoor, dan mik hulle gewoonlik vir die kop (waar mens se brein eintlik sit).
Ek het nog nooit gehoor van ‘n moordenaar wat vir die heup mik nie.
Dis egter wel bekend dat as jy jouself wil beskerm, dan mik jy vir die bene of onderlyf.
So, of Gerrie en sy volgelinge het nie na die deur en die hoogte van die skote gekyk nie of hulle het ‘n les in basiese anatomie nodig.

Gesiggie ·

NO COMMENT…… ???? ONLY: THIS…GERRIE NEL… JY IS N YSTER”’

kowa ·

Springmielie daar is net so ‘n groot verskil tussen Pretorius en Pistorius as wat daar is tussen koring en springmielies, sê maar net ☺

Marianne ·

oe jitte….!! Lekker bitter ne? Lol! Jy kan Gerrie slegmaak soos jy wil, feite is, jou hero se twak gaan sit.

charlene ·

Mr. Pistorius ek weier om meer belasting te betaal dat goed wat moord pleeg soos jy, in `n 5 ster hotel kan bly. Dis `n tronk en jy kan ons Hemelse pappa bedank dit het so verander. Mense daar moet weer begin klippe kap dan sal tronk `n straf wees! Nou kyk hulle tv tot 10, kry kos verniet, kry slaap plek verniet, en ons belasting betalers moet net sorg en sorg.

Sandra ·

In hierdie saak is daar geen wenner nie. Dit is net pyn wat oor en oor oopgekrap word. Kom ons kantsitters wat eintlik maar niks van die reg af weet nie, hou maar ons groot monde toe. Ons het almal groen koring op die land en weet nie wat in die toekoms op ons en ons kinders se paaie lê nie. Ek hoop ALLE moordsake word in die toekoms op TV uitgesaai en nie Oscar sn nie. Ak het een ding gesien: As jy jou mond oor ander se kinders uitspoel, doen jou kinders iets erger.

Johan ·

Dit verbaas my om te sien hoeveel mense hulle in iemand anders se leed verlustig.

Karma ·

@Sandra, speak for yourself! Godsgeluk het ek nie kinders nie en Godsgeluk is ek ‘n (redelike) wetsgehoorsame burger van SA wat hard werk vir wat ek het en nie in ‘n jaloerse bui ‘n vuurwapen sal opneem en iemand se lewe kortknip nie. OP en sy familie moet nou ophou met hierdie laaste, wanhopige pogings om hom uit die tronk te hou. Hy het lank genoeg ons regstelsel misbruik en tyd gemors. “What’s good for the goose, is good for the gander.” sê ek. Hy het moord gepleeg; hy moet soos enige ander moordenaar in die tronk gaan sit en sy tyd uitdien. Hierdie dinge van “hy ly aan depressie en het ‘n angssteuring” sit teen hierdie tyd nie meer goed by mense wat net wil hê die saak moet nou klaarkry nie. Ons het dit al alles gehoor. Omdat hy bekend is en gestrem is, gebruik hy nou dit as ‘n “Get out of Jail”-kaartjie. Jy het gemoor, Oscar, jy moet jou tyd doen.

Pieta ·

Sjoe! Ek dink nie jy kan dít sê nie, Gertjie! Abba beteken Pappa (of Daddy) en dis ‘n intieme naam vir ‘n geliefde. Dit spreek vir my van ‘n gekoesterde verhouding, maar ek dink nie ons kan sê Charlene het nie respek vir Hom nie!

saartjie ·

ek stem met Sandra…vee voor julle eie deure en pasop julle het ook families en kinders

ek se ook maar net

Jurie Bender ·

Almal weet Oscar is verantwoordelik en hy moet gestraf word daarvoor maar ek wens julle wil so aangaan oor alle moorde en vonnisse. Kyk bietjie rond en sien hoe loop ander weg sonder n ordentlike straf. Waar is groot man gerrie en sy tv span dan. Seker nie goed vir sy loopbaan nie. Se maar net.

NEL ·

Gerrie Nel is aangestel om sy werk deeglik te doen en hy doen wat van hom verwag word. Weet nie hoekom Oscar so aangaan oor die tronk waarin hy was nie. Gister ‘n koerant berig gelees dat die kos in die trokke 100 keer beter is as wat die ouens in die Weermag in Kimberley kry. Stuur hom dan vir Die MP’S om te gaan Army tronk dan sal hy ‘n ander deentjie sing.

LB ·

Moenie ” ongeskik ” verwar met stellings wat gemaak word deur “proffesionele ” mense, en as hy daarop gewys word, verduidelik hy sy stelling,maar se eintlik iets anders. Adv Nel se kaliber gaan jy nie onder elke bos uitskop nie, hys slim, goed in wat hy doen, mag ons hierdie keer nou n ware vonnis kry vir die misdaad wat gepleeg is, ongeag of die moordenaar bekend is of nie!! Ons almal het al tydens die eerste hofsaak presies gehoor wat gebeur het. Dankie Adv Nel jyt my volle steun!!!

Petrus Oppiwater ·

Hoop Adv. Nel gaan ook die Visser-moordsaak hanteer!

Johan ·

Ek buiig voor geen adv. , prof., ds. Of wat se geleerde ookal nie. God is die enigste. Ekself bsc meg ing wits. Mens wik maar God beskik

Liewe heksie ·

Al waarmee Nel baie goed is is om woorde in ander mense se monde te lê soos dit hom pas wie is hy om te dink wat hy sê is wet en waar was hy want soos hy praat beweer hy hy kon uit sy mansion sien wat gebeur het daai aand pasop Gerrie jou dag sal ok kom

elize ·

Ek glo enige mens se gesondheid sal agteruit gaan in so n situasie.want n mens het mos n gewete.en dit alleen kan jou opvreet van binne af.

Gustav ·

Ek weet en verstaan niks is te maklik nie, maar na jare het te veel mense hierdie sous treintjie gery en ek hoop ons gaan binnekort niks meer hiervan hoor nie

Joe ·

Dit is hoog tyd dat Oscar nou moet begin om sy eie man te staan & dat niemand anders namens hom moet praat nie …Oscar soek self bejammering oor die saak & bang vir die vonnis & tronk .. Nou ly hy aan depressie & stress & kan nie slef getuig nie …. bring net weer vir hom ‘n emmer , dalk wil hy nou weer KOTS van skok & kan nie die waarheid in die oe kyk nie … Hy hoort waar hy was , in die tronk ….
Go Gerrie go …. jy is ‘n YSTER …..

Klaas ·

Gerrie vir president en vir die mense wat die Here so by alles wil insleep daaraan moes Oscar gdink het voor hy die sneller getrek het.

KP ·

Gerrie jy is n yster Pistorius het nie respek gehad vir n lewe nie.

Willie ·

Laaste poging van die Pistorius familie om die bedorwe wrokkie uit die tronk te hou.. Geld maak nie alles reg nie…. ek wonder soms hoeveel het n gewete…

Love ·

Vinnig om ander mense te oordeel.Nie ek, jy, Gerrie Nel of Reeva se ouers weet wat daai aand daar gebeur het nie. Al wie dit weet is Oscar, Reeva en God so wie is ons om te oordeel.Het julle bewyse dat die Pistorius familie almal om koop of betaal om Oscar uit die tronk te hou of is dit wat julle net assume gebeur?Dit gaan lankal nie meer oor justice vir Reeva se dood nie dit het net n sensasie geword.Terwyl daar buite in S.A gebeur ander dinge wat niemand oor praat of oor judge nie. Waar is die ANC Woman league toe die 2 vyf jarige dogtertjie vermoor, verkrag en soos diere in die boom gehang is? Waar is hulle vir elke vrou en kind wat verkrag en vermoor word.Wat van die onderhoof wat 9 keer geskiet?Boere wat vermoor word waar is hulle justice?Nou moun julle oor ons tax geld wat vir Oscar moet accommodate in die tronk maar niemand moun oor ons President wat R8 milj van ons geld gebruik het om vir sy vrouens karre te koop nie. Waar hy n salaris van R2.8 milj jaarliks trek. Hoekom word daar nie n fuss gemaak daaroor nie.Dis regtig hartseer dat julle so tekere gaan oor die saak maar daar buite is erger dinge wat gebeur as n 3 jaar oue saak. Skole word af gebrand, polisie karre word af gebrand mense word vermoor en julle worry oor die Pistorius familie en Oscar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.