Oscar Pistorius hoor eers later oor vonnis

Pistorius tydens Vrydag se hofverrigtinge. Foto:  Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Pistorius tydens Vrydag se hofverrigtinge. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Regter Thokozile Masipa het Oscar Pistorius se vonnisoplegging tot volgende maand uitgestel en sy borgtog verleng.

Masipa het die saak tot 13 Oktober uitgestel. “Ek het die voorleggings deur die advokate oorweeg. Die onus rus op die staat om die hof te oortuig dat dit nie in belang van geregtigheid is dat die beskuldigde se borg verleng word nie. Ek is nie oortuig nie,” het Masipa gesê.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het vroeër aangevoer dat tronkstraf ʼn moontlikheid vir Pistorius is en sy borg nie verleng moet word nie. Hy het bygevoeg dat Pistorius niks het wat hom in Suid-Afrika hou nie, aangesien hy al drie sy eie eiendomme verkoop het en by sy familie woon.

“Dit is nie in die belang van geregtigheid om ʼn beskuldigde, wat in die hooggeregshof skuldig bevind is aan die nalatige moord van die oorledene, op borgtog vry te laat nie.” Nel het gesê Pistorius was ook in Julie in ʼn “voorval” by ʼn nagklub in Sandton betrokke terwyl hy tydens die verhoor op borgtog vrygelaat is. Pistorius se familie het die voorval na die tyd bevestig en gesê sy optrede was “onwys” en deel van sy “self-benadelende gedrag”. Nel het gesê dié gedrag moet in ʼn ernstige lig beskou word nadat ʼn kenner gesê het Pistorius kan ʼn selfmoordrisiko wees.

Adv. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het aangevoer die onus berus by die staat om te bewys waarom Pistorius nie op borgtog vrygelaat moet word nie. “Hy het tydens die verhoor aan al sy borgtogvoorwaardes voldoen, en daar is geen rede om nou anders te dink nie,” het Roux gesê. Hy het gesê Pistorius het al sy eiendomme verkoop om sy regonkoste te dek en dit is ʼn verdere bewys dat Pistorius die regstelsel respekteer. “Dit was ʼn lang en duur verhoor.”

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

katherina ·

Ek wil graag weet hoe skiet jy iemand sonder dat die persoon n uitroep gee van pyn nie hy het haar vermoor punt

wynanda ·

Ek wil graag weet?? VIER SKOTE…..strafbare manslag??? Hyt dem goed geweet dis Reeva agter daai deur….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.