Oscar Pistorius hoor oor waarneming

Oscar Pistorius op 13 Mei 2014 in die hof Foto: Daniel Born/The Times/ Pool

Oscar Pistorius op 13 Mei 2014 in die hof Foto: Daniel Born/The Times/ Pool

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gaan na verwagting Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria die voorwaardes rakende sy psigiatriese waarneming aanhoor.

Regter Thokozile Masipa het verlede Woensdag beslis dat Pistorius vir waarneming gestuur word nadat Merryll Vorster, ʼn forensiese psigiater, getuig het Pistorius ly aan ʼn algemene angsversteuring.

Masipa het toe gesê sy is bewus daarvan dat dit die saak verder gaan vertraag, maar gesê geregtigheid is belangriker as ongerief. Sy het dit benadruk dat Pistorius nie deur die waarneming gestraf moet word nie en dat die moontlikheid ondersoek moet word dat hy as ‘n buite-pasiënt behandel kan word.

“’n Behoorlike ondersoek sal verseker dat die beskuldigde ‘n regverdige verhoor kry,” het sy gesê.

Pistorius word aangekla van die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp nadat hy haar op 14 Februarie 2013 in sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Pistorius voer aan hy het haar vir ‘n inbreker aangesien. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. -SAPA

Klik hier om gratis die hooftrekke van die hofverrigtinge op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jenny ·

Om eerlik te wees, ek persoonlik dink hy is skuldig. hy moet gestraf word vir wat hy iemand se lewe geneem het en n onskuldige familie Baie harseer besorg het. Hy moet uit die gemeenskap verwyder word en die sleutel moet in die see gegooi word.

jenny ·

Staf hom vir wat hy gedoen het hy het geen reg gehad om n Reeva se lewe te neem nie en hy het geweet dit is Reeva in die badkamer hy sal nou als doen om die trunk vry te spring. Verwyder hom uit die gemeenskap uit want wie is volgende?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.