Oscar Pistorius hoor sy lot

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Ná ʼn sewe maande lange verhoor sal die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, Dinsdag sy lot in die Pretoriase hooggeregshof hoor nadat hy die model Reeva Steenkamp in sy huis doodgeskiet het.

Regter Thokozile Masipa sal na verwagting om 09:30 met haar vonnisuitspraak begin nadat sy hom verlede maand skuldig bevind het aan strafbare manslag.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het Vrydag tydens sy slotbetoë aangevoer dat gevangenisstraf die enigste vonnis is wat voldoende sal wees en dat Pistorius nie sy gestremdheid moet gebruik om die tronk vry te spring nie.

Hy het aangevoer dat Pistorius sy vonnisuitspraak probeer beïnvloed het deur die Steenkamps R6 000 ʼn maand vir 18 maande lank te gee en hulle ʼn verdere R375 000 aan te bied.

Barry Roux SC vir Pistorius, het gesê die beginsels van ubuntu en herstellende geregtigheid moet in dié saak in ag geneem word. “Daar moet ernstig besin word om ʼn gemeenskapsgebaseerde vonnis te gee,” het hy aan die hof gesê.

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag berigte ontken dat hy reeds ʼn tronksel vir Pistorius by die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria voorberei het.

Die verhoor het op 3 Maart begin nadat die staat die atleet aangekla het van moord met voorbedagte rade. Pistorius is op 12 September skuldig bevind aan strafbare manslag vir die skietery op 14 Februarie 2013. Die hof het hom onskuldig bevind aan moord.

Pistorius is ook skuldig bevind op ʼn aanklag dat hy in Januarie 2013 ʼn skoot onder ʼn tafel by die Tasha’s in Johannesburg laat afgaan het toe hy sy vriend Darren Fresco se Glock-pistool hanteer het.

Hy is egter onskuldig bevind dat hy op 30 September 2012 ʼn skoot deur die oop sondak van ʼn motor in Modderfontein laat afgaan het en onskuldig bevind aan die onwettige besit van ammunisie.

Bly op hoogte met die hofverrigtinge oor die Oscar Pistorius-verhoor op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Patat ·

Agt jaar opgeskort vir vyf jaar. Wat sê al die ander lesers?

Julle moet darem onthou dit is sy “eerste” oortreding, en hy het baie berou getoon met sy krokkodil-trane.

Boesman ·

Patat. Al wat ek hoop is dat sy vonnis regverdig is en dus ‘n boodskap sal uitstuur vir die mense om te wys “crime does NOT pay”. Dit gese, ek voel in my hart dat hy tussen 8 en 10 jaar tronkstraf moet kry as gevolg van die ernstige gevolge van sy onverantwoordelike aksies. As hy slegs ‘n opgeskorte vonnis of huis arres kry, sal dit nie die regte boodskap vir die samelewing uitstuur nie.

HEVW ·

1+1 = 2 2+2 = 4 Moet nie dat emosies gesonde oordeelsvermoe oortref nie.

HEVW ·

Maroela Media, dit bly n gesukkel dat jul my kommentaar plaas. Ek plaas dit weer.
1 + 1 = 2 2 + 2 = 4 Moet nie dat emosies jul gesonde oordeelsvermoe oorskrei nie/

Sune van Heerden ·

Dagsê HEVW

Onthou asseblief dat daar ‘n grasieperiode van vyf minute is vir lesers om hul kommentaar te wysig en Maroela Media se outomatiese filtreerstelsel die geleentheid te bied om die kommentaar te deursoek vir spesifieke woorde. Indien die kommentaar deur hierdie outomatiese stelsel afgekeur word, moet die kommentaar per hand goed- of afgekeur word. Dit duur dus gewoonlik minstens vyf minute voordat die kommentaar op die webwerf gaan verskyn. Ons hoop dit verklaar die vertraging.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Melinda Coetzee ·

Ek dink regtig dat Oscar die waarheid praat ek was met n gebreklike man getroud vir 11 jaar en glo my hulle het harte van goud en raak baie vinnig paniekbevange. Ek se nie dis reg wat gebeur het nie, maar ek dink na al die tyd was hy genoeg verneder en ek sien dit as n erger straf as die tronk en die feit dat hy alles verloor het het hy genoeg gely. Wat van mense wat kinders verkrag en doodmaak dis vir my n groter sonde in God se oë. Wat van al die plaasmoorde.

Chanel ·

Melinda

Jy moet asb ne se dis ‘n groter sonde in God se oe nie. Die Bybel se daar is nie ‘n groot en klein sonde nie. Ons wat “klein wit leuntjies” vertel word onder dieselfde kam geskeer as Oscar en ook die wat verkrag en moor in God se oë.

Lanie ·

Ek dink hy is skuldig en hy moet tronk toe gaan. Wat is hy anders as ander mense wat moord pleeg, hy moet tronk toe gaan. Dit lyk my die gereg is ook nie meer wat dit was nie, sekker mense kan wegkom en ander word gestraf. So waar is geregtighuid!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.