Oscar Pistorius wás by hospitaal

Skermskoot van dr. Kendell se tweet

Skermskoot van dr. Kendell se tweet

ʼn Woordvoerder vir die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Dinsdag bevestig die atleet was Maandag by Weskoppies psigiatriese hospitaal vir ʼn ondersoek en nie by sy huis, soos ‘n predikant op Twitter beweer het nie.

Anneliese Burgess het ʼn uitlating op Twitter ontken dat Pistorius saam met ʼn besoekende predikant by die huis was. “Dié ontmoeting het oor die naweek plaasgevind,” het Burgess gesê. “Oscar was gister [Maandag] die hele dag by Weskoppies kragtens die hofbevel.”

Pistorius het Maandag met ʼn 30 dae lange ondersoek by die hospitaal begin.

Robert Tillman Kendall, wat tussen Februarie 1977 en Februarie 2002 leraar was by die bekende Westminster-kapel in Londen, Engeland, het Maandag ʼn foto van homself en Pistorius net ná 17:00 op Twitter gelaai en geskryf: “Oscar Pistorius het vanmiddag by sy huis in Pretoria, Suid-Afrika, vir my middagete gegee. Asseblief, asseblief bid vir hom.” Kendall woon tans in Nashville, Tennessee in Amerika en is betrokke by rtkendallministries.com.

Pistorius is as ʼn buite-pasiënt by die hospitaal opgeneem ná ʼn hofbevel deur regter Thokozile Masipa in die Pretoriase hooggeregshof. Drie psigiaters en een kliniese sielkundige moet bepaal of sy algemene angsversteuring en gestremdheid ʼn invloed gehad het toe hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Een van die psigiaters is deur die verdediging aangestel, een deur die hof en een deur die hospitaal.

Pistorius word van moord beskuldig en staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het skuld ontken op alle aanklagte en voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Die saak hervat op 30 Mei -SAPA

Klik hier om hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Says ·

Maklik, wys fotos van hom wat gister by Weskoppies geneem is, wat is die groot geheimhouding ???

zahn botes ·

Ja Oscar. Die hele wye wereld is verkeerd en lieg oor alles, net jy is reg. Sjym. Ons glo jou hoor..Magtie man! Word wakker, word groot en staan pa vir jou foute! Watse voorbeeld stel jy vir die jong kinders van ons land? Absoluut pateties

brakpan meisie ·

Ek is nie n aanhanger. Van die man nie en was nog nooit. Ek glo nie hy het sielkundige proebleme nie. Hy soek net n menier uit om nie sy skuld of onskuld te wys nie. Vir my lyk hy skuldig maar wie is ek om vinger te wys was nie daar nie. Maar mal is hy nie want n persoon wat geweer lesensies uit gee sal mosie vir n persoon met sielkundige proebleeme een uit ruik nie. We’ll ek weet ek sou nie. En ook nie n geweer aan hom verkoop nie. Is dit omdat hy n beroemde verguur in ons land is omdat hy weg kom met als. Geen wonder ons land is in sy peek ini want die mense kom weg met als

Spelling Police ·

Ag nee man brakpan meisie. leer spel as jy kommentaar wil lewer!!

Genoeg is genoeg!! ·

Ai ek sal die mensdom nooit verstaan nie!!!

Die foto van OP en die ds is al Maandag middag gepubliseer. Die ds was Saterdag by OP. Oscar was Maandag en Dinsdag en die res van die week by Weskoppies, selfs die koerante het hom afgeneem en presies gese hoe laat hy by Weskoppies opgedaag het!!! (Nie dat dit van belang is nie).Mense maak hulle eie afleidings en hardloop altyd met alles op hol. Wens mense wil ophou om altyd ander mense bespreek en praat oor ander, waarvan hulle niks weet nie.
Skuldig of onskuldig…. Los dit vir Masipa om te besluit of hy skuldig is van “pre-meditated” murder.
HY HET MOS AL ERKEN HY HET HAAR GESKIET. Daar moet net bepaal word of dit pre-med was of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.