Oscar Pistorius in onderonsie by kuierplek

Oscar Pistorius op 7 Julie 2014 in die Pretoriase hooggeregshof Foto: Ihsaan Haffejee/Pool/SAPA

Oscar Pistorius op 7 Julie 2014 in die Pretoriase hooggeregshof Foto: Ihsaan Haffejee/Pool/SAPA

Oscar Pistorius se woordvoerder het bevestig dat hy oor die naweek in ’n onderonsie by ‘n kuierplek in Sandton, Johannesburg betrokke was.

Anneliese Burgess, Pistorius se woordvoerder, sê Oscar was in die BBP-gedeelte van die kuierplek toe ‘n man, wat intussen as Jared Mortimer geïdentifiseer is, hom genader het.

“Volgens my kliënt het die individu hom op aggressiewe wyse begin ondervra oor sake wat verband hou met die verhoor.

‘n Argument het uitgebreek en my kliënt het die individu gevra om hom uit te los. Oscar het kort hierna saam met sy neef die kuierplek verlaat,” het Burgess gesê.

Volgens Eyewitness News (EWN) beweer Mortimer dat Pistorius onder die invloed van alkohol was. Hy sê Pistorius het hom en sy vriende beledig en dat Pistorius glo sy vinger teen sy bors gedruk het. Mortimer sê hy het Pistorius gestamp en dat hy op ‘n stoel geval het.

Volgens EWN het uitsmyters by die kuierplek tussenbeide getree. Die kuierplek, in die Michelangelo Towers in Sandton, het intussen die voorval ontken.

Perry Mermigas, woordvoerder van die kuierplek, het erken dat Pistorius daar gekuier het maar ontken dat enigiets buitengewoon gebeur het.

“Ons is nie bewus hiervan nie. [Pistorius] was hier maar daar was geen onderonsie nie en as daar was sou ons daarvan geweet het.”

Pistorius is intussen spyt dat hy die kuierplek besoek het. “My kliënt is spyt oor sy besluit om na ‘n openbare plek te gaan en sodoende onwelkome aandag te trek.”

Pistorius het Sondagaand ná ʼn lang stilte sedert Februarie, weer begin twiet.

Pistorius word van moord aangekla nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp deur ‘n geslote toiletdeur in sy huis doodgeskiet het. Hy voer aan dat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het.

Die hooggeregshof in Pretoria sal op 7 en 8 Augustus slotbetoë in Pistorius se moordverhoor aanhoor.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marieta ·

Wie de hoenders dink die Mortimer vent is hy nou eintlik? Siestog, hy is van so nul en gener waarde dat hy sy 5 sekondes van “roem” op so patetiese manier moet bekom.

Ria ·

Het julle mense al gesien hoe lyk hierdie Mortimer. Hy is groot, seker 2 keer groter as Oscar en rerig sal Oscar, sonder enige beskerming, nou moeilikheid soek moet so ‘n ou. Mense skrik wakker – die outjie het seker erens ‘n ‘grudge’ teen die Pistoriusse.

Theresa ·

1 Storie met 300 stertjies. Liewe hemel tog. Wens die man se hofsaak kom nou tot ‘n einde sodat menige mense wat hom so ophemel se lewens na “normaal” kan terugkeer. Daar is so baie elende daar buite en almal worry nou oor Oscar en sy BBP plekkie in die Klub. Waar daar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie.

petro pienaar ·

Kan die mense nie vir oscar uit los nie hy het mos genoeg proebleme hy kan sekerlike uit gaan
Dankie petro

Cindy ·

Jul poppies wat so mal is oor die man. Ai siestog leer eers spel, en dan sal jul dalk besef dat jul bly is jul het nie met hom uitgegaan nie.

Marietjie ·

Marieta – wat jy by toe die insident plaasgevind het? Ek dink nie so nie. Moet dus nie kant kies nie. ‘n Saak het 3 kante – Oscar s’n, Mortimer s’n en die waarheid. Wat van Oscar se borgvoorwaardes?? Interessant dat die Klub enige insident ontken, maar die uitsmyters het tussenbeide getree?? Hear no evil, speak no evil, see no evil…

Debra Botha ·

Dit wil voorkom asof Oscar nooit sy les sal leer & sal verander nie,ne? Sy familie staan hom deur dik & dun by & hy bly hul name deur die modder sleep. As ek sy famiie was, het ek my summier van hom onttrek, dat hy self sien & kom klaar.

Oom Koos ·

Oscar Oscar… wat het jou besiel om na ‘n nagklub van alle plekke te gaan? Jy skiet jou mos spreekwoordelik in die voet man !!!

Marieta ·

Marietjie, nee. Ek was nie een van Oscar se groep nie. Maar ook nerens in die kind se borgvoorwaardes is daar gese dat hy homself soos ‘n dier op hok moet hou en geen reg op sosiale interaksie of ontspanning het nie. In die geval kies ek ook graag kant, want Oscar word regmatig in ‘n hof deur proffesionele wetsgeleerdes ondervra. Hy het beslis nie nodig om in die openbaar deur sensasiesoekende grootbekke wat niks met die saak uit te waai het ondervra te word nie.

Delia ·

Hoor hoor! Verstom my aan al die ‘regters’ wat hier oordeel en kommentaar lewer…..

PETRO ·

DIE MENSE WAT SO LEKKER OORDEEL HET GEWOONLIK BAIE GERAAMTES IN HUL KASSIES SO VEE EERS VOOR JOU EIE DEUR VOOR JY VOOR N ANDER SIN KOM VEE

pop ·

Hy gaan nooit weer in sy lewe normaal na plekke toe kan gaan nie. Hy gaan nerens kan wegkruip ook nie. Riva gaan hom agtervolg tot in lengte van dae!!!!!!!!!

Estelle ·

@pop – REEVA rus in vrede! en Oscar betaal elke dag, glo my sy gewete jaag hom rond, en ek glo dat hy nog steeds ‘n goeie mens is! nie een van ons loop op water dat ons ander kan oordeel nie! los die dooies in rus en vrede, en guns die wat asem haal ‘n tweede kans!

Jainni Olivier ·

Ek glo nie een woord wat Oscar uiter aangesien hy op meer as een geleentheid onder eed gelieg het.

Hy het ‘n geskiedenia van alkohol misbruik sowel as woede uitbarstings.

Probeer Oscar ond oortuig die wereld is skuldig en hy die slagoffer?

C Eastwood ·

GEVOELSMENSE ! Hoe sal julle “voel” as jou dogter doodgeskiet was ? Julle dink nie vir julleself nie . Wys jou maar net hoe goed die media presstitute hulle ding doen , dat so vir n moordenaar “gevoel” kan word ! EN in die agtergrond hoor ek > BARRABAS ! BARRABAS ! BARRABAS ! BARRABAS ! BARRABAS !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.