Oscar Pistorius in sy tronksel geplaas

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is Dinsdag in sy sel in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria geplaas.

“Hy is bietjie moeg en gespanne, maar die kapelaan het met hom gaan praat,” het Zebilon Monama, areakommissaris van die gevangenis, aan Sapa gesê. “Hy is deurmekaar, soos hulle in Afrikaans sê. Nadat hy die kapelaan gesien het, het ons sielkundige ook met hom gaan probeer praat.”

Monama het gesê Pistorius is in ʼn enkelsel in die hospitaalvleuel geplaas. “Dit is weens sy kwesbaarheid. Kragtens die Wet op Korrektiewe Dienste is dit my verantwoordelikheid om enige weerlose persoon te beskerm.”

Die hospitaalvleuel het 24 uur observasie en twee verpleegsters op bystand. Daar is ook twee diensbeamptes wat wag hou oor die gebied. Monama het aangedui dit is roetine veiligheid vir die betrokke vleuel, en nie spesiaal vir Pistorius nie.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê agt ander gestremde oortreders het ook Dinsdag saam met Pistorius hul vonnisse begin uitdien. “Daar is nou twee oortreders in die hospitaalvleuel met prostetiese bene, twee blinde gevangenes, en vyf oortreders in rolstoele. Daar is altesaam nege gestremde gevangenes,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Volgens Wolela het korrektiewe dienste jaarliks ongeveer 128 gestremde gevangenes per jaar hanteer. Dit verteenwoordig 0.08% van die 157 000 gevangenes.

Pistorius is Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklag van strafbare manslag vir die skietdood van Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013. Hy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is, op aanklag dat hy ʼn vuurwapen by die Tasha’s restaurant in Januarie 2013 laat afgaan het. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Pistorius is direk na afloop van die vonnisoplegging uit die Pretoriase hooggeregshof na die aanhoudingselle gelei. ʼn Njala-pantservoertuig van die polisie het hom daarna na die Kgosi Mampuru-gevangenis geneem.

Monama het gesê Pistorius se vingerafdrukke is geneem en hy is deursoek. Sy besonderhede is op ʼn rekenaarstelsel ingevoeg en ʼn gevangenenommer is uitgereik vir die atleet. ʼn Verpleegster het ʼn mediese lêer oor hom saamgestel.

“Nadat ʼn gevangene die mediese ondersoek voltooi het, ontvang die persoon sy tronkklere en dan word jou privaatklere weggeneem en in ʼn sak geplaas,” het Monama verduidelik.

Volg alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lynni ·

Wat neul mense heeltyd oor Oscar en Waterkloof 4. Wat van moordenaars wat boere so wreed vermoor? Met warm ysters verbrand. Dink jul daai klomp het slegte tyd in tronk?

Elize ·

Ja ek hoop dat Oscar nou met rus gelaat word,die mense wat so oordeel,bly almal in huise van glas.Wees net dankbaar dat dit nie jou kind is,wat hierdie hel deurmaak nie.
Dit is gedane sake,en niemand maar niemand,kan dit verander nie.

Rita ·

Kan julle Oscar nou uitlos asb!! Meeste van julle het ook groenkoring op die land (kinders of kleinkinders) so kan dit met enigeen van hulle gebeur dan wil ek julle grootbekke hoor!! Julle haters se kommentaar is disgusting en siek!!

Anoniem ·

Die sirkus is nou afgehandel. Kom ons vergewe en vergeet soos dit opregte christene betaam.

Elizabeth ·

Dankie PJ – ek stem so saam met jou. Hierdie wat hul so verlekker wys maar net hul klas. What goes around, comes around, so pasop…Julle is nie verhewe net omdat dit nie julle was nie.

Leeutjie ·

Ek se ook so PJ en Elizabeth. Sjoe Mackay, ek weet nie hoekom Maroela nie jou siek kommentaar afgehaal het nie.

Elfie ·

PR Mackay KOMMIN, KOMMIN, kommin. Hou jou oordeel en swak antwoord vir jouself. Ek is bly die is verby, nou kan almal weer soek waar kan hulle in ander se lewens grawe en hul verlekker in ander se probleme. Sodat hulle van hul ou lewentjies kan vergeet ne! Skaam jou man!

Hannelie ·

Dis waar ons moet vergewe en vergeet, ons is immers nie God om ‘n oordeel te fel nie!! Baie sterkte aan Oscar, ek dink dit is vir hom erg. Sterkte ook aan Reeva se familie, weet hul sou meer geregtigheid wou laat geskied.

Louis ·

Wonder wat het die twee blinde ouens, wat saam met hom is, gesondig ???

Louis ·

Wonder wat het die twee blinde ouens, wat saam met hom is, gesondig ???

Theresa ·

Asseblief tog – Dis nou klaar en oor en verby. Ek wil nou nie in elke koerant of tydskrif lees van wanneer Oscar sy neus blaas of hoe hy sy kop krap in die tronk nie.

mariana ·

Ja ek wonder hoeveel van hierdie wat oordeel het nie al baie naby aan die tronk beweeg was dit nie bloot vir genade nie. ek weet van baie mense wat dronk agter stuurwiele inklim en deur geluk ongeskonde by die huis kom. Mackay Ek wonder wat sou dan jou of jou familie se oordeelwoorde gewees het as jy dalk iemand doodgery het. Seker dat dit n ongeluk was, daarom so maklik is om oor ander te oordeel. Los Oscar uit. Daar is geen wenner in hierdie saak nie. Hy het ten minste meer ruggraat om die vonnis te aanvaar as wat jy die decent het om genade oor n ander mens uit te spreek. Wie weet jou dag is dalk more. Ek se net dankie dat die saak afgehandel is, nou kan mense weer hulle besig hou met dinge wat regtig in hulle lewe belangrik is as om net sensasie te soek en genot te put uit ander se leed.

lukas ·

Kom no mense dis verby, los hom met rus en vrede, moeni vi my se almal wat kommetaar lewer oor Oscar nog nooit gesondig ni.

AD ·

Wel, dis darem een plek waar die rasse verhouding amper toegepas word. Dit lyk of regstellende aksie in die gevangenis ampertjies werk

Gerald ·

OSCAR PISTORUIS>
Reeva Steenkamp> se made a fatal confession that night. Dit is die argument wat die buure gehoor het. Daardie ‘confession’ het haar lewe gekos. Duidelik onder eed het die bure haar gehoor skreeu. Masipa se nee die bure lieg hulle het haar nie gehoor skreeu nie, Met n jurie sal Pistoruis sy gat gesien het. Wat my verbaas nie eenkeer het Gerrie vir Oscar gevra waarom skreeu hy vir Reeva om die Polisie te skakel as hy die alarm afstand beheer in hand het en al wat hy moes doen was om die nood alarm te druk op die remote afstandbeheer en binne 4 sekondes het die boodskap op die skerm verskyn in die kontrolekamer. Oscar wou nie die sekuriteit so vroeg by die aanvals toneel gehad het nie. Die vertraging het hom gepas.Soos Gerrie Nel dit bevestig het hy wou haar doodmaak.HY kon haar bekendtenis nie verwerk nie.Sy moes in haar bekentenis iemand
anders genoem het. Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.