Oscar Pistorius intimideer glo staatsgetuie

Oscar Pistorius op 6 Mei 2014 in die hof Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Oscar Pistorius op 6 Mei 2014 in die hof Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Oscar Pistorius het Dinsdag glo ʼn “baie onrusbarende” uitlating aan ʼn staatsgetuie en vriendin van Reeva Steenkamp gemaak.

“Oscar Pistorius het my kliënt, Kim Myers, vandag in die hof genader en haar gevra ‘hoe slaap jy snags?’,” het Ian Levitt, prokureur vir Myers, in ʼn verklaring gesê.

“Hy wou uiteraard nie weet of sy haar volle agt ure slaap inkry nie,” het Levitt aan AFP gesê. “Dit was onrusbarend bedoel.”

Die Myers-gesin het Levitt aangestel om hulle te verteenwoordig kort nadat Pistorius Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Steenkamp was glo baie geheg aan Cecil en sy vrou Desi en hul dogters Kim en Gina. Cecil het as Steenkamp se “Jo’burg Pa” bekend gestaan.

Pistorius se regspan ontken dat die 27-jarige atleet Myers intimideer het. “Ek gaan dit nie eers verwerdig met kommentaar nie,” het Brian Webber aan verslaggewers gesê. “Dit is heeltemal vals. Hy het nooit iets van die aard gesê nie.”

Levitt sê Myers, wat gereeld in die eerste ry van die publieke galery sit, hou vol dat sy die woorde gehoor het. “Sy volstaan met dit wat sy gehoor het,” het Levitt gesê. “Hy [Pistorius] het dit gesê. My persoonlike mening is dat hy in ontkenning is en al ʼn geruime tyd lank so is.”

Staatsaanklaer Gerrie Nel het gepoog om te bewys dat Pistorius nie skuld kan aanvaar vir sy dade nie. Nel het die atleet se weergawe as ʼn “leuen” bestempel en aangevoer Pistorius het presies geweet wat hy doen toe hy die skote gevuur het.

Pistorius het ontken dat hy Steenkamp doelbewus geskiet het en het onskuldig gepleit op ander aanklagte, insluitend een dat hy ʼn vuurwapen deur die oop sondak van ʼn bewegende motor gevuur het.

Stephen Tuson, ʼn dosent in die regte aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê indien Pistorius die uitlating tydens die ondersoekende fase van die hofsaak aan ʼn staatsgetuie gemaak het, was dit baie ernstig. Aangesien die staat egter reeds sy saak afgehandel het, is dit onwaarskynlik dat die uitlatings enige gevolge in die hof gaan hê. “Dit was onverstandig,” het Tuson gesê. “Veral om dit in die hof voor almal te doen. Dit skep nie ʼn goeie indruk nie.” -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Monica ·

Ek dink jou opmerking is ongevoelig. Oscar glo nog steeds dat hy onaantasbaar is en ek glo hy het gedink wie is sy om oor haar vriendin te treur en hom daarvoor verantwoordelik te hou.

Mona ·

Ek wil weet hoe kry hy dit reg om so lekker te lag. Ek sou nie kon nie as ek iemand dood geskiet het nie.

Jennifer Rahme ·

You cannot walk around crying all the time….The pain and guilt never leaves you even if you do not show it!!!!….It is not for you to judge!!!

tanya ·

Mensies. Mensies ons was nie daar om te weet wat gebeur het nie net hy en God weet wat gebeur het dit maak nie saak of hy skuldig of onskuldig is nie kom ons los die oordeel vir God sodat God dit kan doen nie ons nie

Lynni ·

Dalk soek sy publisiteit. Sy is mos nooit geroep om as getuie te getuig ni. Soek voorbladberig en geld.

Lynni ·

Kyk maar, na di hofsaak gaan daar groot geldeise kom. Wie gaan daai regsmense betaal wat langs Reeva se familie en vriende sit? En ANC vroueliga betaal Reeva se ma en di se vriendin se verblyf.

Monica ·

GEEN groot geld eis gaan hierdie familie se dogter terug bring nie. Hy HET Reeva doodgeskiet dit is nie onderhandelbaar nie. Ek is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle gesin kry. Hoekom praat jy nie van Oscar se familie en sy regspan nie? Wat gereeld vir hom ‘n sneesie of ‘n bottle water aandra asof hy die slagoffer is?

Babs ·

Lei sy nog steeds aan suur druiwe. Sy is nie geroep as getuie – het die staat dan in haar getwyfel?

Elizabeth ·

Aaaargh – ek het NIE berig gelees nie maar WIL my eier le – ek wil braak as ek net Oscar se naam erens sien. Hy was almal se held en nou skielik is hy die duiwel. Ek se nog ALTYD: sy was ‘n grootmens en KON weggaan toe die polisie ‘n klagte kom ondersoek het vroeer die aand. Sy was ‘n grootmens – hoe le jy LANGS iemand nog daardie tyd van die nag (en gaan skuil dan glo in toilet) as jy bang is vir jou lewe – hoekom nie net padgee nie? Mense het hom al die jare LEKKER gebruik om publisiteit te kry, sy ook maar, glo my. Gaan doen GOED navorsing oor hoe “topmodelle” lyk en oor hul ouderdom – jy begin nie op daardie ouderdom (met heelwat plooie wat gephotoshop word) en is skielik ‘n topmodel – dis ‘n BAIE wedywerende beroep. Sy was aantreklik, ja maar soos almal nou skielik aangaan was die (heel onbekende) meisie een van die wereld se topmodelle. Oscar was vir haar ‘n “sprngboard” na sukses – maak GEEN fout nie. Ja, harde woorde van my, maar almal mag mos se en aangaan oor Oscar nes hul wil, so laat die waarheid oor haar ook bietjie ondersoek word.Oeee en ja nou spring almal in my keel af want mens praat mos nie van die wat dood is nie. Ja, dit IS jammer sy is dood, dit WAS onnodig, maar ek probeer net die ander kant van die storie ook sien. AS hy haar uit woede geskiet het WAT het sy nie alles gese of gedoen, obviously vir ure lank, om hom oor die randjie te dryf nie? Al die Oscar-critici – het julle al mooi DAAROOR gedink?? Hmmm? Ek WONDER of hierdie kommentaar geplaas gaan word!!

Peter Says ·

Elizabeth, maak nie saak hoe “over the edge” jy gedruk word, Dit Gee Vir Niemand Die Reg Om DOOD Te Skiet NIE.

Jurie Gildenhuys ·

nee wat Elizabeth – Alles dui daarop dat hy altyd sy willietjie wil he en kry – niks word en is ooit sy skuld nie !

Hy trek nie die pistool se sneller nie !!!!

Hy skiet nie n skoot af deur die motor dak venster nie!!

Daardie getuies lieg??????????????????????? ne!!!

Al het hulle hoe baklei – dit was nie nodig om te skiet nie – hoekom het sy nie daar kaalgat gesit nie maar klere aangehad 03h00 in die oggend????? wou sy ry???

nou wil niemand (oSCAR) NIE SE NIE WANT DAN INKRIMINEER HY HOMSELF NE???

Sollie ·

@Jurie Gildenhuis – kalmeer jouself ou maat. Skryf mooi sinvol en dis nie nodig om honderde vraagtekens en/of hoofletters te gebruik om jou punt te probeer stel nieOp internet word om in hoofletters antwoorde te gee as “skree” gesien ou grote. Elizabeth probeer net beide kant van die saak sien en ek stem met baie wat sy se saam. Reeva was ‘n volwasse vrou en het heeltemal genoeg kans gehad om weg te stap as sy bang was. Sy kon ook heelwat vroeer per selfoon vir hulp gevra het as sy wou, maar ja… party mense kan nie end kry met karring nie. Sy kon saam met die polisie heel vroeg al gegaan het maar nee, sy wou NIE! Sy het dalk geld gemaak as model (hoewel niemand voor hierdie juis avn haar gehoor het nie)maar was geensins ‘n topmodel – sou hoogstens (en veral op haar ouderdom) bikini en/of onderklere model wees en voor almal ‘n oorval kry daar is niks fout met dit nie, dis net hoe ek dit sien. Kyk maar regtig na ons topmodelle wat GROOT geld oorsee verdien, jonk, gladde mooi vel, maer… dis ongelukkig hoe hulle dit wil he. So sien die groter prentjie. Reeva moes vroeer padgegee het of iemand gekry het om haar te kom haal en was dan vandag nog hier…

Pieter Louw ·

As die bewering waar is, sal Oscar tuisvoel tussen die Waterkloof vier wat ook arrogant en domastrant opgetree het tydens hul verhoor.

nika ·

Amen Elizabeth!! Ek stem 100% saam met jou.Met alle respek gesê,ek’t voor sy oorlede is nog nooit eers van haar gehoor nie.

En oor June Steenkamp…Reeva het haar en haar man onderhou,maar het nie by hulle gebly nie. Cecil en sy familie het haar ingeneem,aangesien sy ‘n “ingewikkelde” verhouding met haar ouers gehad het.Nou sit June heel voor in die hof en treur.

Elizabeth ·

@Nika – ja jong die skynheiligheid seevier – dis siek. En wat beterf “ingewikkelde verhouding” met haar ouers, die “verhouding” soos deur die Cecil ou beskryf klink vi rmy ook bietjie siek. Jy het nooit van die vrou gehoor maar die man het na Me Steenkamp se dood vertel hoe mal hy oor haar was en hoe sy altyd voor sy uitgaan voor hom kom draai het vir goedkeuring oor haar “looks” ens ens … bietjie weird as jy my vra. Maar nou-ja, so wil elkeen sy straaltjie nou kom byp*s en die wat nie aandag kry soek dit op simpel maniere. Ek se steeds, soos almal, dis jammer ‘n aantreklike en klaarblyklike vriendelike jong vrou is dood, MAAR wat regtig aanleiding daartoe gegee het of wat regtig gebeur het weet niemand. Soos ek se sy was nie ‘n naiewe tiener, sy het al gelewe en studeer ens so sy behoort, toe sy sien hoe later hoe kwater net eenvoudig pad gegee het al hierdie kon verhoed gewees het. Daar is vrouens wat hul mans kan malmaak met ‘n geneul en geteem en elke keer die laaste se in elke argument wil he en dan gebeur tragedies. As mens na June kyk … wel mens judge seker nie ‘n book by its cover, maar mens wonder wat het Reeva geleer in die huis soos hoe om op te tree in watter situasie. Mens moet probeer leer uit hierdie gebeure en jou dogters opvoed dat daar ‘n punt van wegdraai en padgee is. Net MY opinie!

Hendrina ·

Ek stem ook nogals saam met Elizabeth, dink ook Reeva het Oscar gebruik vir ‘n stepping stone. As sy bang vir hom was of as hy haar na net 3mnde dan so sleg behandel het, hoekom het sy aangegaan met die verhouding? Ek dink Reeva het Oscar probeer jaloers maak daai aand want hy sê mos sy het met haar foon lê en speel en fotos op haar foon gekyk. Dan stem ek natuurlik ook saam met Peter, al word mens hoe kwaad of over the edge gedruk, geen mens het die reg om ‘n ander se lewe te neem nie. Alhoewel ek Reeva se ma baie baie jammer kry en ek myself nie in haar posisie kan indink nie, dink ek ook sy tel al die rande wat sy nou uit hierdie saak gaan kry. Daai verbitterde suurpruim mond van haar is vir my bietjie erg, mens sou dan maar dink sy sou eerder snik of trane afvee.

Jurie Gildenhuys ·

NEE WAT JULLE – JULLE SOEK DIE PROBLEME BY VERKEERDE PLEKKE – sY WAS AL N MODEL MET GOEIE INKOMSTES – WAAROM HET OSCAR DAN SO AGTER HAAR AANGELOOP – WOU TOT N HUIS KOOP IN JHB OM NADER AAN HAAR TE WEES – KOM MENSE – WEES REALISTIES!!

Sollie ·

Nou Jurie wat maak dit saak of Oscar ‘n huis wou koop of wat ookal. Wat is jou punt nou eintlik? Ons weet hy was mal oor haar maar sy… wel mens wonder oor WAAROM sy eintlik van hom gehou het. Waar kom jy aan “goeie inkomste” wat sy sou verdien het. Hou op skree ou grote! Maak sinvolle kommentaar, ons is almal op ons opinies geregtig.Camomile tee kalmeer mens gewonlik … dog ek noem dit net :)

Jurie Gildenhuys ·

Ek dink ek het my punt gemaak as jy al die vorige kommentaar gelees het – dit word so geskryf dat sy ager Oscar aangeloop het vir publisteit alleen.
Ek is kalm Sollie – ek het al die gelees en ek kom tot die gevolgtrekking dat Reeva en haar familie word hier verkleineer – so lees eers alles dan sal jy agterkom wat ek probeer se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.