Oscar Pistorius-kanaal tydelik opgeskort

Barry Roux, vir Oscar Pistorius gesels met staatsaanklaer Gerrie Nel in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Barry Roux, vir Oscar Pistorius gesels met staatsaanklaer Gerrie Nel in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

ʼn 24-uur televisiekanaal wat homself toespits op die moordverhoor van Oscar Pistorius, sal vir ʼn week lank nie beskikbaar wees nie, het Multichoice Vrydag gesê.

“Die Carte Blanche-kanaal sal tussen 28 Maart en 7 April nie beskikbaar wees nie,” het Michelle Essau, woordvoerder van Multichoice, in ʼn verklaring gesê.

Die hofsaak is tot 7 April uitgestel, aangesien een van die assessore in die Pretoriase hooggeregshof siek is. “ʼn Tydelike kanaal word opgeskort of staak sy uitsendings wanneer die hofsaak uitgestel word of die hof in reses is,” het Essau verduidelik.

Sy sê die kanaal sal van 7 April af weer met sy uitsendings voortgaan tot verdere kennisgewing en sal sy regstreekse skedule volgens die hofverrigtinge aanpas. Die kanaal bied dekking oor die vordering van die hofsaak.

Pistorius word van moord met voorbedagte rade beskuldig nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. –SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.